Toeka-Tokkel no 34 : Besoeker/s


BESOEKER/S

Image result for visitors pictures

Besoekers kan beslis lekker wees om te ontvang, maar ook jou hele dag omkrap.
In my laaste studiejaar aan NKP was ek bevoorreg om my laaste jaar in Huis Meyer te kon inwoon. My kamer was op die grondvloer, een kamer weg van ons liewe huismoeder.
Gedurende my tydperk wat ek studeer het, was daar altyd n eerstejaar wat voordeurdiens gedoen het. Besoekers moes eers aanmeld by die voordeur. Die diensdoende student het dan die persoon wat besoek word geroep. Daar moes uitgeteken en weer ingeteken word as daar uitgegaan word.
So het dit een aand beslis nie gewerk nie!
Die grondvloer is net hoog genoeg sodat die vensters nie maklik bereik kon word van die grond af nie.
Dit was eksamentyd. Die aand was dit al soort van ligte uit tyd. Ek het vroeg ingekruip na n middag en aand van studie.
Net aan die slaap geraak, met my gesig na die muur toe. Skielik skrik ek wakker van n stem wat van die venster af praat. Ek draai vervaard om en sien n man wat tussen die gordyne deur loer. Hy vra: “Kan ek deur jou kamer by die gang kom?” Ewe deur die slaap antwoord ek: “Ja seker,kom in!”

Woerts, weg is die gesig. Ek dog ek droom nou rerig. Paar tellings later kom n paar bene te voorskyn,die res van die lyf volg. Die ou pluk my uit die bed, gryp my matras en sleep hom die deur uit. Met wat hy, met matras en al, uit my kamer kom bespring die huismoeder hom. Sy gaan tekere en hy hol die trappe op. Huismoeder agterna in haar pejakkies.
Hoe chaoties! Almal skree en jaag ouens in die koshuis rond. Op die ou end was almal uit. (Party dames het natuurlik probeer om hul “besoekers” weg te steek)
Dit was nie baie welkome besoekers gewees nie.Die hele storie was vooraf beplan. Dit was een van die manskoshuise wat besluit het om ons koshuis in te neem. Van die dames het daarvan geweet en hul het gehelp om ouens te laat inkom.

Nog n ander besoeker.

Daar was baie jare later nog n ander besoeker wat onwelkom was.
Ek het pas in n huur- meenthuis ingetrek. Die eerste nag maak Nancy, my hond, my wakker met: Woef-woef. Gladnie rerig kwaai nie. Ek maak haar stil en sê dis sommer n vreemde iets wat sy hoor omdat dit die eerste nag daar was.
Ek draai om, om verder te slaap. Nee wat, Nancy voel gladnie gelukkig nie. Sy blaf, maar klim nie van die bed af om te gaan kyk nie. Ek skakel die bedlig aan en wys haar daar is niks.Gelukkig het ek nie opgestaan om te gaan kyk nie.
Die volgende oggend toe ek in die kombuis kom staan die agterdeur wawyd oop(wat ek gesluit het met sleutel wat ek nie uit slot gehaal het nie.)Die een venster is oopgemaak en mens kan daardeur by die deur kom om oop te sluit.Die sleutel was weg.
Die besoeker het seker nie besef dat daar n hond was nie. Ek was so dankbaar dat ek nie regtig op hom afgekom het of dat hy verder in my slaapkamer gekom het nie. Dit was beslis nog nie my tyd om iets oor te gekom het nie.
Ek het die slot vervang en n ekstra skuifslot op die deur gesit sodat soiets nie weer kon gebeur nie.

Image result for burglar pictures free

Dit dan my besoekers, nou is dit jou beurt.

Geniet Afrikaans en skryf lekker, alles jou eie ondervindings, dis waaroor TOEKA-TOKKEL gaan.

Verlede week is daar oor n eienaardige ondervinding geskryf. Die volgende persone het heerlik vertel:

I scrap 2(die uwe) eienaardige buurvrou

Toeka-Tokkel no 33: n Eienaardige ondervinding/ervaring

Tannie Frannie Se ondervinding by Goya se graf…

Vir Toeka-Tokkel: ‘n eienaardige ervaring

Kameel het n baie goeie vertelling oor genade …

‘n Vreemde man met ‘n vreemde versoek

Olga gee die verkeerde voorbeeld aan haar kleindogter…

Toeka Tokkel 33 ‘n Eienaardige ervaring

Toorts praat oor die uniekheid van elke mens en besweer die vreemde mannetjie…

Toortsie se Toeka Tokkel oor Eienaardig

 Baie dankie aan almal wat n ietsie geskryf het .Ook dankie die ouens wat kommentaar gelewer het en ook gelees het.

Toeka-Tokkel no 35: HANDE


29 responses to “Toeka-Tokkel no 34 : Besoeker/s”

  1. Olga Avatar

    Vandag besef jy hoe gelukkig jy was jy het nie ondersoek gaan instel nie. Ai, jou huis is die een plek waar jy veilig moet wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die voorval het my lank bygebly. Ouens is baie vindingreik as dit by inbreek kom. Daar was n muur agter plek waaroor eers geklim moes word.

      Like

  2. Kameel Avatar
    Kameel

    Dis my matras en jou kombers en daar lê die ding…. of so iets. Kan my die prentjie indink 😆
    Sjoe Scrapy dit is scary om te dink jy het ‘n besoeker in jou huis gehad terwyl jy daar was. Sou nie baie rustig daarna kon slaap nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      So-iets ja met my matras! Ja jong daardie besoeker het my laat besef dat dit gladnie veilig is nie. Daar was nogal n hele paar skrikwekkende gevalle terwyl ek die laaste twee jaar in die kompleks gebly het. Daar was gereeld polisie in en om die geboue. (Dit is omdat daar mense was wat verdowingsmiddels gebruik en verkoop het ook!)

      Liked by 1 person

  3. de Wets Wild Avatar

    Ek het amper gedog hier kom n spookstorie, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong, ek het nog nie rerig spoke op my pad gekry nie, wel swart katte wat my pad al gekruis het. Studentelewe is darem maar uniek.

      Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Lekker storie om te vertel

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy het seker lik ook darem n paar stories om te vertel.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Nee wat my verlede sal maar in die verlede bly. En (skuus Lou) toe die uitgewer my storie met ‘n ander vervang het het ek geweet ek is nie ‘n skrywer. Ek het darem ander talente ook!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ha ha, dit gaan nie oor die skrywery nie dit gaan oor jou opwindende ervarings. Daar is sekerlik lekker storietjies om te deel.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Uiters gevaarlik! Gelukkig het ek beperkte geheue wat ook maar goed is.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Jy speel seker oor die geheue! Het jy nou al dimentia?

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                Hopenlik nie, maar die vergeet werk maar aansteeklik. As mense vir jou die 10e keer dieselfde storie vertel wonder jy of dit nie dalk jou eie storie is nie.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ha ha, klink nie te goed nie. Mens sê mos maar ja jy het al vertel!

                  Liked by 1 person

                  1. rondomtaliedraai Avatar

                    Ag nee wat … die wêrldjie raak so klein, mens doen maar jou goeie daad

                    Liked by 1 person

  5. Abrie Joubert Avatar

    Ek het mental note gemaak. Gaan nog skryf van keer toe ek so ‘n ongemagtigde besoeker in ‘n koshuis was. Nie nou maar gaan wel. En was amper dood en ek vermoed ‘n ma ook…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek kan goed glo dat die manne goed die storie van hulle kant kan vertel. Was meestal manne wat die stoutste was.

      Like

      1. Abrie Joubert Avatar

        Heeltemal onskuldig ons – botter kan nie in ons mond smelt nie…

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ho ho, nou vertel jy n ding. Daardie onskuld! Dis egter wat die lewe lekker maak.

          Like

  6. HesterLeyNel Avatar

    Nou waarheen toe nou met jou matras? Dis nou ‘n blêrrie cheek – vat jou matras en los jou in die kamer!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong hul wou soveel chaos as moontlik veroorsaak. Was nogal n gesig toe die ou + matras en huismoeder mekaar gelyk in gang raakloop. Sien die prentjie duidelik voor my.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek kan my indink

        Liked by 1 person

  7. Toortsie Avatar

    O die manne het gereeld die koshuis kom inneem in my Stellenboschdae. Dan het ons beangs ons kamers gesluit en sit en wag … hoe dom kan mens wees!

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar

      Toorts! 😮 haha

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        My stuk 8s klaar geskryf en nou kaat Scrapy my ver terugdink. Een aand was ek in die stort toe ons hoor die koshuis word ingeneem. Vinnig handdoek om my gedraai en in ‘n toilet gaan toesluit. Al die meisies wat aan die stort was, het dit gedoen. Onthou, meisies wat ‘gevang’ word, is storte toe gesleep! In angs en bewing het ek in die toilet sit en wag. Toe hoor ek net ‘n man lekker lag. Dit was seker vir die hopies klere wat orals gelê het, die bewys dat ‘n klompie op heterdaad betrap is.

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Dis die soort herinneringe wat ‘n mens lewenslank bybly.

          Liked by 2 people

        2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja , dis tye wat mens nie vergeet nie.

          Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      In my eerste jaar was ek op voordeur en telefoon diens die aand. Ons het almal n slaanding byderhand gehad en stil gewag vir die intog. Beste van alles hul het toe nooit die nag gekom nie.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.