Toeka-Tokkel no 35 : Hande


HANDE

100_5174

Hande is beslis belangrik in my lewe. Ek is dankbaar om twee hande te hê wat al baie gedoen het en seker ook nog meer sal doen solank ek lewe.

Werkende hande:
My hande het hard gewerk toe ons as familie op ons kleinhoewe geboer het.
Huis help bou.
Bokke gemelk, gevoer, hokke skoon gemaak
Mielies en groente geplant.
Geskoffel en water gelei.
Hierdie twee hande het BAIE gebrei, gehekel,gebak en gebrou.
Sagte hande:
Daar is die twee hande wat liefde uitgedeel het. Vertroeteling word die beste met die twee hande gedoen. Net die ligte aanraking in die verbygaan om te wys ek is lief vir jou. As getroude vrou en ma het ek(ons) altyd hand vasgehou as ons stap of uitgaan. Selfs net winkel toe het ons hande vasgehou.
In gebed word hande vasgehou. Nie net twee gevoude hande nie maar die gesin aan tafel hou hande om te bid en te dank vir voedsel of wat die dag gebeur het.
Ontspanne hande:
Hierdie twee hande bestuur my voertuig veilig vir meer as vyftig jaar.
Ook is my hande gebruik om te skryf. Hoofsaaklik is daar met pen/potlood op papier geskryf. Vandag skryf ek steeds met die twee hande, nie net op papier nie maar ook op die rekenaar waar die sleutels ingetik moet word.
Hierdie twee hande moet nou binnekort my volgende boek aanmekaar slaan.Dis nou al vier jaar wat ek getrou elke jaar die skryfsessie in ons biblioteek bywoon. Einde elke jaar sit ons elkeen n klompie stukkies in n boekie. Nou moet die twee hande gebruik word om te redigeer en te rangskik sodat die boekie leesbaar is.

@@@ ……@@@……@@@

Liewe mede skrywers en lesers
Eers wil ek net baie dankie sê vir al jul getroue ondersteuning. Dit was regtig twee heerlike jare van gesels en deel met mekaar.
Ek het besluit om hierdie die laaste van Toeka-Tokkel te maak. Miskien, eendag in die toekoms, sal ek weer verder gaan.

Op die oomblik is ek net nie in staat om meer rustig te sit en die skryfwerk te doen nie.

Ek is soos n gewoonte misdadiger- ek bly myself elke week opwen en bekommer oor wat ek wil skryf en wanneer ek dit gaan doen. My dae het net nie genoeg ure meer nie. Daar is so baie wat ek nog wil doen. Die skrywery hou my maklik die hele oggend besig en dan het ek niks anders gedoen nie. Dis besig om my in te haal.
So dis totsiens maar moontlik nie vaarwel nie.

Die volgende persone het oor besoekers geskryf:

Groot dankie aan-

I scrap 2 open baan met studente besoekers

https://scrapydo2.wordpress.com/2016/09/25/toeka-tokkel-no-34-besoekers/

Toorts dink terug aan lekker Struisbaai besoekers

Toortsie se Toeka Tokkel oor Besoekers

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

35 thoughts on “Toeka-Tokkel no 35 : Hande”

  1. Dankie vir elke Toeka Tokkel uitdaging wat jy gestel het. Dit het my buite die boks laat dink. Ek glo ek het gegroei deur daaraan deel te neem.
    Gelukkig is blogging mos vrywillig en as dit jou gespanne maak, is dit seker tyd vir ‘n ruskansie. Ek sal nog kom inloer hier.
    Sterkte!

    Like

    1. Dankie vir jou getroue ondersteuning ook. Ek het self ook baie geleer by jou en al jou belewenisse. Dit was altyd lekker om jou stukkies te lees. Dis beslis nie die laaste sien van die getokkel nie. Dink daaraan om dit vanuit n andr hoek te doen volgende jaar.

      Liked by 1 person

  2. O, sal beslis vir oulaas moet deelneem – ek het Toeka-Tokkel so geniet en waardeer! Onthou ‘seblief dis deel van jou pligte as ouma om hier te kom “wys en vertel”!

    Like

  3. Wil net baie dankie sê Scrapy vir al die uitdagings. Gaan ek Toeka-Tokkel mis…. baie!! Jy het gemaak dat ek aangehou het, al was my gemoed met tye maar swaer. Hopenlik kuier ons nog lekker saam op die blogs. Sterkte met dit wat voorlê.

    Like

        1. Daardie sterk manshand met joune bo-op roer my hart. Ai, het die lewe net so mooi verloop soos daardie hamde.

          Like

        1. Ek is n stadige leser en ook skrywer en dit voel party dae of ek net nie voor kom nie. Ek voel egter sommer rustiger noudat ek nie op oomblik hoef te dink wat om volgende te skryf nie. Ek wil weer bietjie begin hekel en brei. Ek het dit laas gedoen in 2008 terwyl ek nog in SA was.

          Liked by 1 person

          1. Jy is ‘n handige persoon. Ek is nie iemand vir huiswerk en handwerk nie en deesdae doen ek ook nie meer tuinwerk nie. Ek loop liewer in die natuur rond al agter die son aan.

            Like

            1. Die paar jaar wat ek nie gewerk het nie was vir my heerlik om net te doen wat ek wil en wanneer ek wil.Ek wil bietjie brei en hekel. Eerste kleinkind kom helfte Desember en dis n dogtertjie! Ek dinke enkyk net pienk!

              Like

              1. Goeie nuus! Baie geluk. Jy sal nie sukkel om pienk klere, wol en materiaal te kry nie – dis nou hoogmode. My skoondogter het eendag vir ons gesê die meeste van Lexi se klere en speelgoed is pienk, want dis omtrent al wat beskikbaar is in die winkels.

                Like

                1. Baie dankie. Daar is beslis nie n skaarste aan pienke nie. Van my vriendinne kom toe sommer met voorstel dat ek eers moet vra of die moeder sal omgee om pienk te kry! Nooit gedink mens moet dit ook inag neem nie. Gelukkig gee die toekomstige moedertjie nie om nie.

                  Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s