My eie bydrae ter afsluiting
https://scrapydo2.wordpress.com/2016/09/29/toeka-tokkel-no-35-hande/
Kameel het dankbaarheid vir haar hande wat baie deurgemaak het.
Toorts het baie goeie vrae en ook slegte vrae oor hande!
Toortsie se Toeka Tokkel oor Hande
Tannie Frannie het ook twee stelle hande onthou…wonderlik om sulke herinneringe te hê
https://frandr.wordpress.com/2016/10/07/vir-toeka-tokkel-hande/
Hiermee wil ek afsluit op die oomblik:
Ek het my Afrikaanse stuk oor hande in Engels vertaal en verlede Vrydag aan my skyfgroep by die biblioteek voorgelees.
Ek het net die laaste afsluit deel verander dat ek nou na 4 jaar, van skryf saam, met die groep dit die laaste gaan wees.
Die klomp was gladnie gelukkig met my besluit om op te hou nie!
Ek het toe nou werklik agter gekom dat ek baie waardeer word en dat almal my gaan mis sou ek ophou. Dit het my sommer n lekker gevoel gegee. Selfs Audrey die 92jarige leier het vir my eenkant gesê sy geniet my en waardeer my baie.
Ek het hul darem verseker dat dit eintlik op toepassing van my Afrikaanse blog is en nog nie op die skryfgroep nie. Ons kuier en lees so lekker saam dat ek nie sommer dit kan opsê nie. Dit is ook weekliks enigste kontak wat ek met ander selfdenkende mense het.
Inneke jy moet by jou suster Tina (hierdie week uitgevind julle is susters)se Sondagkopies gaan kyk na al die kommentare wat met hande te doen het. Dit is asof die opgedra is aan jou laaste (vir eers) Toeka Tokkel. Van my kant af wil ek vir jou dankie sê dat my inspireer met die grotte en die byt. Ek was nie gereelde deelnemer nie maar het geniet om daar 2 te skryf en daar is nog wat wag in drafts en wat ek anyway sal link aan jou. Ek besef hierdie is nie die laaste van jou nie maar van my kant af wil ek jou toebid dat Christus met sy deurboorde hande jou sal beskerm en inspireer in al jou toekomstige wedervaringe.
LikeLike
Baie dankie vir jou bydrae ook. Ek sou meer wou lees daar by jou ook maar tyd is kosbaar en baie min op hierdie stadium in my lewe. Gaan verseker volgende jaar weer verder Toeka-Tokkel.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou inspirasie!
LikeLike
Groot plesier. Dit het my ook geinspireer om te skryf en ook terug te dink aan dinge.
LikeLiked by 1 person
Al het ek nie deelgeneem nie,gaan ek dit mis,Ineke.Jy moet asseblief weer volgende jaar aangaan!
LikeLike
Ek is bly jy kon dit geniet. Ek sal sekerlik weer verder gaan sodra ek weer woema het,
LikeLiked by 1 person
Neee,ek wou nog ´n paar skryf,maar nou is dit neusie verby.
LikeLike
Nee, nee jy kan altyd terug werk en n reeks van jou eie doen tussenin jou eie skrywes. Moenie ophou dink en skryf nie hoor.
LikeLike
Dis lekker dat jy so spesiale plek het om te kuier.
Was vandag by die posbus. Die dame sê hulle het die hele week nog nie ‘n enkele stukkie pos gekry nie. Lyk my die poskantoor is nog in ‘n toestand
LikeLike
Dankie, sal volgende jaar seker weer begin. Ai die ou pos tog!
LikeLiked by 1 person
Ek sal jou op hoogte hou. Dit help nie om meer as een keer ‘n week te gaan kyk nie Ek het die maand nog niks gekry nie
LikeLike
Ja wat, dit sal hopelik darem daar uitkom
LikeLiked by 1 person
Nodeloos om te sê ek is skoon hartseer maar ek verstaan. Nou moet ek myself inspireer om te skryf 😦 Ek het altyd van opstelskryf gehou. Weereens dankie vir jou aanmoediging. Be blessed!!
LikeLike
Ek is bly dat jy nog met jou skryfgroep betrokke gaan wees!
LikeLike