Toeka-Tokkel: Afsluiting


Image result for dankie gesegdes

My eie bydrae ter afsluiting

Toeka-Tokkel no 35 : Hande

Kameel het dankbaarheid vir haar hande wat baie deurgemaak het.

Hande

Toorts het baie goeie vrae en ook slegte vrae oor hande!

Toortsie se Toeka Tokkel oor Hande

Tannie Frannie het ook twee stelle hande onthou…wonderlik om sulke herinneringe te hê

Vir Toeka-Tokkel: Hande

Hiermee wil ek afsluit op die oomblik:

Ek het my Afrikaanse stuk oor hande in Engels vertaal en verlede Vrydag aan my skyfgroep by die biblioteek voorgelees.

Ek het net die laaste afsluit deel verander dat ek nou na 4 jaar, van skryf saam, met die groep dit die laaste gaan wees.

Die klomp was gladnie gelukkig met my besluit om op te hou nie!

Ek het toe nou werklik agter gekom dat ek baie waardeer word en dat almal my gaan mis sou ek ophou. Dit het my sommer n lekker gevoel gegee. Selfs Audrey die 92jarige leier het vir my eenkant gesê sy geniet my en waardeer my baie.

Ek het hul darem verseker dat dit eintlik op toepassing van my Afrikaanse blog is en nog nie op die skryfgroep nie. Ons kuier en lees so lekker saam dat ek nie sommer dit kan opsê nie. Dit is ook weekliks enigste kontak wat ek met ander selfdenkende mense het.


16 responses to “Toeka-Tokkel: Afsluiting”

  1. Skryf-Safarie: Bogland – hoekom blog ek. – I scrap 2 Avatar

    […] Fiction” en maak my eerste e-boek. Ek besluit toe om ‘n Afrikaanse uitdaging te begin,  https://scrapydo2.wordpress.com/2016/10/06/toeka-tokkel-afsluiting/ wat twee jaar gehou het. Met die uitdaging het ek  Toortsie en   Kameel goed leer ken. Hester […]

    Like

  2. Abrie Joubert Avatar

    Inneke jy moet by jou suster Tina (hierdie week uitgevind julle is susters)se Sondagkopies gaan kyk na al die kommentare wat met hande te doen het. Dit is asof die opgedra is aan jou laaste (vir eers) Toeka Tokkel. Van my kant af wil ek vir jou dankie sê dat my inspireer met die grotte en die byt. Ek was nie gereelde deelnemer nie maar het geniet om daar 2 te skryf en daar is nog wat wag in drafts en wat ek anyway sal link aan jou. Ek besef hierdie is nie die laaste van jou nie maar van my kant af wil ek jou toebid dat Christus met sy deurboorde hande jou sal beskerm en inspireer in al jou toekomstige wedervaringe.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir jou bydrae ook. Ek sou meer wou lees daar by jou ook maar tyd is kosbaar en baie min op hierdie stadium in my lewe. Gaan verseker volgende jaar weer verder Toeka-Tokkel.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Dankie vir jou inspirasie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier. Dit het my ook geinspireer om te skryf en ook terug te dink aan dinge.

      Liked by 1 person

  4. perdebytjie Avatar

    Al het ek nie deelgeneem nie,gaan ek dit mis,Ineke.Jy moet asseblief weer volgende jaar aangaan!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is bly jy kon dit geniet. Ek sal sekerlik weer verder gaan sodra ek weer woema het,

      Liked by 1 person

  5. coetzee2014 Avatar

    Neee,ek wou nog ´n paar skryf,maar nou is dit neusie verby.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee, nee jy kan altyd terug werk en n reeks van jou eie doen tussenin jou eie skrywes. Moenie ophou dink en skryf nie hoor.

      Like

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Dis lekker dat jy so spesiale plek het om te kuier.

    Was vandag by die posbus. Die dame sê hulle het die hele week nog nie ‘n enkele stukkie pos gekry nie. Lyk my die poskantoor is nog in ‘n toestand

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, sal volgende jaar seker weer begin. Ai die ou pos tog!

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ek sal jou op hoogte hou. Dit help nie om meer as een keer ‘n week te gaan kyk nie Ek het die maand nog niks gekry nie

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja wat, dit sal hopelik darem daar uitkom

          Liked by 1 person

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Nodeloos om te sê ek is skoon hartseer maar ek verstaan. Nou moet ek myself inspireer om te skryf 😦 Ek het altyd van opstelskryf gehou. Weereens dankie vir jou aanmoediging. Be blessed!!

    Like

  8. nowathome Avatar

    Ek is bly dat jy nog met jou skryfgroep betrokke gaan wees!

    Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.