Afrikaanse Tokkels: Storm en middagete


Natuurlik kan ek nie sommer net so ophou Afrikaans skryf nie. Ek het besluit om so nou en dan net darem n bietjie te Tokkel.

Saterdag het ek weereens my seun gehelp met die bou van sy elektroniese bordjies wat hy uitvoer die wêreld vol. Dit was n koue reënerige en winderrige middag. Ek besluit om Trompie vir n lopie te neem voordat ek huistoe gaan. Die reën het bietjie bedaar. Ons was net by my kar se deur toe daar n wind verby kom wat ons omtrent van ons voete afwaai. Ek wou Trompie maar in die kar laai omdat dit weer begin reën het ook. Sjoe dit was deel van n 160km per uur se wind wat tussen die huise deur gewaai het. My seun het selfs buite toe gekom om my te help om te keer dat ek nie wegwaai nie. KOnnie glo die wind was so woes nie.

20161009_113410
Trompie kyk of hy die hoenders kan sien
20161009_113455
Mollie sit ewe elegant op rusbank se leuning. Luigi kyk wat Trompie by die deur sien

Sondag het ons twee sessies van bordjies bou gehad . Ons het egter heerlik middagete gaan eet by n restaurant.

20161009_132330
Skaap skenkel met groente
20161009_132341
Bertus het taai biefstuk met skyfies uieringe twee eiers en slaai gehad

Ek het roomys en sjololade sous gehad terwyl Stella en Bertus Blue berry frummel met roomys gedeel het.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

19 thoughts on “Afrikaanse Tokkels: Storm en middagete”

  1. You follow so many of the blogs that I do that I simply must follow yours, besides dit is BAIE lekker om iets in Afrikaans te lees – even if it has to come all the way from New Zealand!

    Like

    1. Baie welkom, ek het besluit om nie my Afrikaans te verwaarloos nie. Dis hoekom ek voel om maar aan te gaan met tokkel todat ek volgende jaar weer Toeka-Tokkel gaan voortsit. I’ll click yours too to follow you too. The more the merrier.

      Like

    1. Ons kan ook nie verstaan hoekom die vleis wat mens hier koop so taai is nie. Die manier waarop hul die snitte sny is vir my netso vreemd en sommer baie slordig. As jy Angus wil hê betaal jy oor jou ore daarvoor. Dis maar die ou koeie wat hul so voorsit(my gedagte hoor)

      Like

    1. So nou en dan moet mens maar lekker uiteet ook. Dis maar my betaling vir al die hulp. Die 4voetiges was bietjie in die donker. Het met my foon geneem en die het mos nie n “flash” nie. Ou Mollie het rerig elegant op haar een boud gesit met ander been wat uitgestrek afhang. Regte lady.

      Liked by 1 person

Leave a Reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s