Vandag het ek n behoefte in my hart gehad om : “Al die veld is vrolik” met almal te deel.
Dis n lang naweek hier. Ek wou eintlik Wellington toe gaan om die Filipynse Fees te gaan afneem. Die oggend was so heerlik dat ek daarteen besluit het en liewers sommer hier in my eie omgewing fotos geneem.
Ek het eers sommer hier op die sypaadjie die volgende blommetjies afgeneem.
Dis die kleinste, klein ou magrietjies. Meisies by die skool het die week stringetjies gemaak en in hul hare gesit. Daar was ook volgens my “perde blommetjies” (dis hoe my ma die blommetjies genoem het) met bytjies op.
Toe loop ek die hele dag en sing : Al die veld is vrolik want ek het uitgery na die “Twin Lakes” en die mooiste fotos daar geneem.
Ongelukkig het ek nog nie koggelmandertjies, regte krieke en sprinkane hier raakgeloop nie.