Afrikaanse Tokkel: Hoe nou gemaak?


Image result for party time images

Wat maak n mens in so n geval? Hoe reageer n mens daarop?

Daar word n lekker geleentheid beplan. Die organiseerde/gasvrou stuur drie maande voor die tyd pragtige uitnodigings uit aan n wye groep mense-familie, vriende en bekendes.
In die uitnodiging staan die geleentheid, datum, tyd en plek. Ook die tema word deurgegee.
Almal is opgewonde en beplan wat hul gaan saambring en doen. Die drie maande vlieg verby.
Daar word die laaste inkopies gedoen. Die geleentheid vind plaas op n Sondag omdat sommige ouens van vêr af kom.
Nou vir die tammaletjie:
Die Saterdagoggend voor die Sondag is daar n e-pos wat kortliks die volgende sê:
Jammer dat jul niks verder gehoor het nie maar weens werksdruk was daar nie tyd om enige verdere reëlings deur te gee nie.
Daar word versoek dat gaste asb liewer koopbewyse, van n sekere winkel, moet gee as om allerhande geskenkies te gee. Enige koopbewys sal welkom wees aangesien dit so n kort kennisgewing is.”Oh and try to minimise to many bit and bobs that can clutter easily please (small home)”.

Wil jy nou meer!

Hoe kan mens die dag tevore nog gaan koopbewyse kry en dan nogal van n winkel wat nie eers in die dorp is nie?
Dis darem maar te dik vir n daalder, moet ek sê.
Wat dink jy doen n mens in so n geval?
Gaan jy maar sonder jou geskenkie opdaag of steur jy jou nie aan die laat kennisgewing nie?
Besluit jy maar om nie te gaan nie want…..?

Ek het nou n klippie in die bos gegooi, gooi hom bietjie uit en sê wat jy dink en sou doen?.

17 responses to “Afrikaanse Tokkel: Hoe nou gemaak?”

  1. Ek sou ook gegaan het met wat ek vir die geleentheid gekoop het. Ek het reeds vandag ook ‘n uitnodiging vriendelik maar ferm van die hand gewys. Uitnodiging op W/A gekom. Een wou weet “Nou hoekom nie?” Ander een gese “Ek het so gedink.” Nog een “Hoekom nie?” Te veel gaste genooi. Ek is maar menssku.

    Like

    1. Netso. Ek is ook nie n goep mens nie. Bly liewer tuis as om weg te raak in n bondel mense

      Like

  2. Ag nee wat dis sommer ongeskik. Ek bly ook sommer weg.

    Like

    1. Dis hoe ek ook gevoel het. Darem op einde gegaan.

      Liked by 1 person

  3. En ek daag op met wat ek gekoop het, oorhandig dit met ñ breë smile en geniet die partytjie. Min gepla met hulle stupid reëlings. Dis vir my van uiterse belang om iets te gee wat ek glo die persoon of persone werklik wil hê, so eens dit gekoop is, voel ek vere vir die res.

    Like

    1. Stem saam en het dit ook so gedoen.

      Liked by 1 person

  4. Klaar gekoop en gee dit by geleentheid met woorde “julle e-pos te laat ontvang om aan versoek te voldoen.” Geniet die geleentheid… klein huis of te not.

    Like

    1. Ha ha, dis goed – wat het klein huis in elke geval met die geleentheid te doen.

      Liked by 1 person

  5. Ek stem saam met ekmyselff, alhoewel meskien sou ek sonder ‘n geskenk opdaag. Was julle vir julle geselligheid OF vir geskenke uitgenooi? Dit laat ‘n mens dink!

    Like

    1. As vreemde voel mens nogal in die gesig gevat. Dit gaan oor die idee van die geleentheid en nie hoe grênd jy self is nie.

      Like

  6. Jammer, maar ek kan ongelukkig jeens veranderinge van reelings op kort kennisgewing NIE meer jul geleenthEId bywoon nie.
    Geniet die fees….
    I will be busy to minimise to many bit and bobs that can clutter easily (small home)”.

    EN TERLOOPS, ENIGE VOORSKRIFTELIKE UITNODIGING TOV “GESKENKE” MAAK MY DADELIK ROOI SIEN – DIT IS ‘N GESKENK NIE ‘N MOET NIE… RE-GIFT “MET LIEFDE IN JOU HART” AS JY MEER AS EEN HET OF DIT NIE IN JOU SMAAK VAL NIE.

    Like

    1. Nou praat jy! Ongelukkig weet party mense nie hoe om ordentlik te wees nie. Beste is hul het self nie koopbewyse gegee nie maar n wa-vrag vol allerhande “bits and bobs”. Ek was heel ontsteld toe ek die e-pos gelees het. Dis die Saterdagoggend 1:45 am gestuur.

      Liked by 1 person

  7. Voorskritelik op so laat stadium is nie vir my aanvaarbaar nie.. ek sou dalk my geskenkie wat ek met soveel liefde gaan soek en verpak het maar weerhou.. my stert lekker wip !

    Liked by 1 person

    1. Ook veral omdat die geskenkie met liefde self gemaak is! Ek dink dis uiters ongeskik veral om dat die meeste vreemde mense was wat gekom het.

      Liked by 1 person

  8. Nee wat jy gaan met dit wat JY goedgedink en gekoop het. Ek doen dit in elk geval altyd – ek luister nie na die voorskrif nie, ek kan mos koop wat ek wil, dit is my hart en my beursie.

    Liked by 1 person

    1. Dit gaan ook oor die liefde vir die persoon en nie omdat die organiseerder vergeet het om betyds inligting deur te gee nie. Dan nog steeds neem dit die lekker uit die geselligheid.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: