2016 Waar lees jy lekker? Scarpydo se keuse


Toortsie het nou n heerlike leer-mekaar-ken begin.

2016 Waar lees jy lekker? Toortsie se keuse

Hierdie is ‘n blogspeletjie wat ten doel het om ons blogs, verkieslike Afrikaanse blogs, ‘n bietjie blootstelling te gee.

Hoe dit werk:

  1. Dis totaal vrywillig. Jy hoef net deel te neem as jy regtig wil.
  2. Dit sal baie lekker wees as jy deelneem.
  3. Word jy benoem? Hartlik geluk! Dit beteken iemand lees graag by jou!
  4. Noem jou bloginskrywing: 2016 Waar lees jy lekker? (jou naam) se keuse.
  5. Bedank die persoon wat jou benoem het en tag die bloginskrywing waarin jy benoem is.
  6.  Herhaal die eerste sin in hierdie bloginskrywing, asook die reëls, sodat die volgende persoon ook weet waaroor dit gaan. 7.
  7.  Benoem 3 tot 5 bloggers/blogs waar jy graag lees en sê ook hoekom jy graag daar lees. Onthou om elkeen op dieselfde manier te tag. Kliek op ‘n bloginskrywing, kleur URL in …
  8. Jy mag iemand benoem wat alreeds benoem is, maar veral nuwe name is ook altyd welkom

Ek lees gereeld by die volgende ouens.

Net Ek , sy het die mooiste gedigte en verse wat sy gereeld bekendstel. n Alleen mens met diepe gevoelens.

Om hier rond te hang

Kameel is my beste leesplek. Sy inspireer my lekens weer om tog steeds aan te hou.

(ek kry nie haar skakel nie, dit bly sê dis nie meer beskikbaar nie!)

de Wets Wild Hier sien en lees mens van al die wilde diere, dan is daar nog die mooiste fotos ook by. Alhoewel hul in Engels skryf gesels ons in Afrikaans in die kommentaar omdat hul regte Afrikaners is.

Hamerkop

Dit is my drie bestes wat ek gereeld lees. Daar is nog n paar meer maar dit kan wag tot n volgende keer.

Lees gerus wat die drie blog vertel. n Nuwe wêreld gaan oop as mens daar lees.


18 responses to “2016 Waar lees jy lekker? Scarpydo se keuse”

  1. Kameel Avatar
    Kameel

    Ag dankie Scrapy lees noueers ek is benoem. Ek het heel agter geraak met my leeswerk want ewe skielik het ons so ‘n sosiale lewe en ek sukkel om by te hou met alles. Sit al klaar weer hier aangetrek vir vanoggend se kersete by die kerk. Mooi dag vir jou!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker man. Hier is dit alles netso bedreiwig met al die etes en afsluitings. Vakansie begin 15e Des en alles moet ingedruk word in twee weke se tyd. Geniet jou uitings wat dit ook al mag wees. (Hou mens uit die kwaad!)

      Liked by 1 person

  2. Net Ek Avatar

    Baie dankie vir die noem hier scrapydo, sjoe, ek waardeer dit sommer baie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier! Jy is baie spesiaal vir my.

      Liked by 1 person

      1. Net Ek Avatar

        Baie dankie Scrapydo!

        Liked by 1 person

  3. de Wets Wild Avatar

    Baie dankie dat jy aan ons gedink het, Ineke; ek waardeer dit regtig! Ek kuier net so lekker hier by jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier. Eintlik is jul blog my no 1 as dit kom by lekker kuier,

      Like

      1. de Wets Wild Avatar

        Regtig baie dankie weer, Ineke!

        Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Suig maar altyd aan die agterspeen … 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ai toggie, jy is heeltemaal te beskeie! Ek kry jou gladnie jammer nie, Jy steek jou talente weg. Stof bietjie af en wys n bietjie! (Wat van jou fotos?)

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Grinnik… gelukkig verstaan jy my heel verkeerd 😀

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek het ook maar n prentjie nodig om te verstaan nes jy!

              Liked by 1 person

  4. Flip, wat ñ dag! – Bali Drome Avatar

    […] Scrapydo  word eerste opgespoor, en “Before school care” kry my rustig oor die aardbewing oorkant die water. DeWets Wild bring Die Hammerkop net na ses, tot Emma se ergernis hier by die dam aan, en AJ Vosse volg met die “gulls” hier van bo- links af, al die pad uit Ierland. […]

    Like

  5. Toortsie Avatar

    Dankie vir die saamspeel! En hier stel jy my nou aan ‘n nuwe een voor! 🙂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man! Wys jou dis n goeie idee.Groot plesier. Die wat genoem is deur jou en Hester volg ek ook.

      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.