Two tiny frogs


I mentioned in my previous post about the frogs I had to feed while house sitting high up in the hills near Upper Hutt New Zealand.

Here are more photos. They were so tiny when I took these photos at my arrival. After the two weeks feeding them flies they were twice the size.

img_2128

img_2126

 


37 responses to “Two tiny frogs”

  1. nowathome Avatar

    Dit klink na harde om al die vliee te vang!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy vertel my. As dit so koud en reënerig is is daar geen vlieë nie en paddatjies moet hul maagrieme intrek vir die dag/nag

      Like

  2. de Wets Wild Avatar

    Ag moeder! As hulle darem moes wegspring sal jy hulle nie sommer weer kry nie!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja ek moes versigtig wees as ek deksel oplig. Hul het soms onder deksel op die lig gesit.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Ek twyfel of daai paddas ooit weer in hulle dag des lewens so ‘n oorvloedige dieet sal beleef as toe hulle onder jou sorg was :0)

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, ergste toe die weer so koud en onplesierig was, was daar geen vlieë of enige insekte om te vang nie. Hul moes toe tusenin op dieët gaan vir n dag voordat die vlieë weer opgedaag het. Was ook n hele dag se werk om vlieë te vang. Vlieë hier sit nie sommer nie. Hul vlieg en vlieg en vlieg. Ek het bietjie suiker by die wasbak gesit en hul een een moes vang. Dan is daar nog die kere wat ek hul mis ook, veral as ek vroeg oggend begin is my mik uit gewees.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Ek is nou so geamuseerd met die prentjie wat jy skilder…Hoe het jy hulle gevang? met die kaalhand, of met ‘n vangnet?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ha ha! Trompie kyk my aan of ek mal is so lag ek nou as ek aan die ding dink. Man jy vat n plastiesie houertjie(deursigtig natuurlik sodat jy kan sien of die vlieg in is of nie!) Sodra vlieg lekker sit en suig aan n suikerkorrel sit jy vinnig die houertjie oor hom. Dan het jy n stewige stuk papier, skuif dit onderin sodat opening toe is. Dan versigtig na die tenk waar daar n ander houertjie oor die opening is. Skuif versigtig leë een weg met die papier sodat padda nie uitspring nie. Sodra die ander houer met vlieg oor opening is trek jy versigtig die papier uit. Siedaar en mnr/mev vlieg is reg vir padda se ontbyt. So vang ek stelselmatig vlieg per vlieg want hul hou nie daarvan om op suiker te versamel nie. Net een-een

          Liked by 1 person

          1. Tannie Frannie Avatar

            Sjoe dis baie moeite! Gelukkig het die paddatjie floreer op sy spesiale dieet.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              My ook besig gehou terwyl daar nie TV, radio of internet was nie!

              Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Ai toggie hulle is te oulik, maar die vliegvang ding is nou regtig nie maklik nie Jy moes maalvleisies probeer het

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul was te oulik op einde. Sit en wag by die opening om die vlieg in die verbygaan te vang. Weet nie van maalvleis. Hul het nie dooie goggas geëet nie

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Hehehehe as jy langer gebly het moe jy dit aan ‘n toutjie vasgemaak het en vis gevang het. of ‘n mishoop aangelê het?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Was n hele dag se werk gewees. So een-een vang vat tyd.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            ‘n Vriendin vertel van hulle verkleurmannetjie wat hulle na sie hondepoef geneem het en die toe self die vlieë gevang het. ‘n Padda is egter nog moeliker want dit kan weghop!

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ha ha, dis nou n stadige kafee besoeker die verkleurmannetjie! Die paddatjies kon nog nie brommers eet nie. Hul was kleiner as brommers.

              Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    Hulle is te dierbaar. Dit lyk asof die outjie op die tweede foto groot geskrik het toe jy die foto geneem het. Ons het baie paddatjies onder in ons dam en my dogter kruip taks en tydig op haar knieë rond om hulle af te neem.

    Liked by 1 person

    1. HesterLeyNel Avatar

      Wou jou nog vertel: party van hierdie paddatjies het ‘n gifstof op hulle vel. My kat het aan een gelek en haar mond het so opgeswel dat sy vir twee dae nie kon eet nie. Dit wat sy wel ingekry het, het sy net so vinnig uitgebring ook. Gelukkig bly Dr Veearts net hier om die draai – ons was redelik benoud.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ek het al gehoor daarvan.Ek is bly dat die kat dit darem oorleef het. Moes maarg vir die kat gewees het omso sleg te voel. Dis hoekom honde ook nie lief daarvoor is om paddas aan te vat nie. Dis ook maar om hulself te beskerm. Kan jy onthou dat daar altyd ook gesê is dat mens vratjies kry as jy hul optel?

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Ja man, die oumense kon ook maar lekker stront praat, om dit nou so pront te stel. Ek het tot vandag toe nog nie ‘n vrat opgedoen nie.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Netso. Ek het ook baie paddas opgetel en gered.

            Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die twee was piepklein en hul kruip weg tussen klippies in die vistenk. Hul sit en wag dat vlieg verby kom. Dan spring hul en klou met daardie suig-toontjies teen die glas. Ek is heel in my skik dat hul so duidelik uitgekom het.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Nou die vlieë – was dit lewendig. Moes jy dit vang of koop / broei ‘n mens deesdae vlieë? Hier by ons vreet hulle natuurlik die muskietlarwes en muskiete self – dis hoekom ons die koorsang so gedweë verdra. Ook klein slakkies en ander goggatjies. Hulle vrek oor rysmiere.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Lewendige vlieë wat nie wil sit dat ek hul kan vang nie. Die ergste was dat met die koue dae tussenin moes paddas maar hul maagrieme intrek. Lees bo by Tannie Franna hoe ek die vlieë gevang het. Dit was n hele ekspedisie om dit te doen. Ja en dan as ek die water van die paddavissies skoonmaak moes ek mooi kyk dat die stouters nie uitspring nie.

          Liked by 1 person

  6. travel460 Avatar

    Ek het baie vinnig opgegee. Die paddakoor hier buite ons nuwe huis, hulle het kennis gekry. Amptelik maak ons nou oorlog. So nee, die padda storie sal nie vir my werk nie. Gelukkig het my drie meisiekinders nooit daardie spesifieke roete gevolg en paddatjies huis toe gebring nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, Hierdie paddatjies is natuurlik n seun wat dit doen. Beste is die paddavisse het ook dubbeld so groot geword in die twee weke. Hy was in sy skik met die groei. Hy het nie veel hoop gehad toe hul weg is met vakansie.

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      They are! one would sit just under the opening where I drop the flies. Sits there waiting for the fly and sjoeps fly is gone into its tummy. The one frog stayed tiny while the other one grew double in size.

      Liked by 1 person

      1. shadowwhisper Avatar

        As I child I used to catch frogs and take them to places where there were lots of insects. I used to love observing them catching their prey. There is something noble in the efficiency and grace of the way they hunt and I always thought they are some of the most beautiful creatures in creation. I am a nature addict 🙂

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          This was an interesting adventure to me. The smallest one had climbed out of his tadpole skin two days before I had to look after them. The children here are used to catch their own tadpoles, feed them till they are frogs. Then the move to the child’s bedroom where it starts drive the mother of the house crasy because it keeps on croaking.

          Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Jy moenie nog lag nie. Dis blykbaar erg veral as daar meer as een padda in die kamer is.

              Liked by 1 person

              1. shadowwhisper Avatar

                Ek kan dit glo. EN sal nie verbaas wees as slaap nogal ‘n groot probleem raak in die situasie nie.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Dis egter die beste manier om van jongs af kinders die geleentheid te gee om sulke dinge te doen, Die skool waar ek is het die interessantste projekte wat hul met die kinders doen. Daar is bv hierdie tyd van die jaar die Monarch skoenlapper wat begin uitkom. Daar word spesiale plante gekoop wat eiers op het. Die wurm eet die plante kaal en verander dan in hul papies ens. Dit word bv ook in die skooltuin gedoen. Die kinders hou dit dop en kom vertel elke oggend hoeveel het uitgekom en hoeveel het in papies verander. Hoera vir onderwysers en skole wat sulke kanse aan kinders gee.

                  Liked by 1 person

                  1. shadowwhisper Avatar

                    Dit is wonderlik!!!! Hoera inderdaad.

                    Like

                  2. Tannie Frannie Avatar

                    Dit het my opgeval van Nieu-Seeland: die opregte besorgdheid oor die natuur en die daadwerklike stappe om dit te beskerm.

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Dis baie waar, hul is rerig naby aan die natuur. Dis vir my heerlik as die kinders so belangstel in hul omgewing. As daar bv iets nuuts te sien is sal die outjies my kom vertel daarvan en dan gaan ons eers kyk hoe dit lyk. Selfs erdwurms wat uitkom as dit baie nat is amuseer die kinders.

                      Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.