Afrikaanse Tokkel: Poncho in wording.


Die ander dag(verlede jaar) het Toorts n Poncho gehekel en dit haar Vryheids poncho genoem. Dit het toe dadelik my hekel vingers geprikkel. Ek het bietjie rond gesoek na wol. Die dik wol is so duur dis net onbetaalbaar!

img_2787

Gelukkig is die rekenaar en google daar. Ek tik toe die wol wat in patroon gebruik word in en ontdek n winkel in Bulgareie wat die wol verkoop. Dit is Turks gespinde en gekleurde wol. n Mens het 6 bolle van 100g elk nodig( twee bolle van ses kleure). Slim ekke, bestel toe wol, net vier kleure. My tel was uit, ongelukkig het ek toe net vier kleure gekoop. Ek het nou nog twee kleure bestel en moet nog vier weke wag voordat ek dit kan gebruik.

Ek het darem die vier kleure se blokke begin hekel. Nou wag ek vir die ander twee kleure.

img_2788


22 responses to “Afrikaanse Tokkel: Poncho in wording.”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Baie mooi kleure. Ek het in die winter hier by ‘n winkel ingestap om te soek vir ‘n poncho, die prys so bekyk en weer uitgestap. Jy’s oulik om dit te hekel, maar is ek is nie lief daarvoor om wol te dra nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek is ook nie n wol ou nie. Egte wol krap my te veel. Ek is ook nie mal oor die hekelwerk nie want daar is te veel gate in! Sal maar net warm onder aantrek. Dis ook altyd winderig so die wind waai deur die gate Ha ha. Het egter n sinnigheid gehad en sal sien of ek hom rerig gaan aantrek.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ek dink ek gaan vir my ‘n fleecy kombersie koop en ponchos maak. Ek is seker Google kan my voorsien met ‘n patroon.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Baie goeie plan.. Ek en my ouer suster het vroeër jare jasse van fleecy komberse gemaak!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            My ma het vir my ook sulke lekker warm jassies gemaak toe ek nog in die laerskool was. Ek het so ‘n roomyspienk een gehad om kerk toe te dra.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              My ma het op 83e ouderdom terug Holland toe ggaan om by haar enigste broer te kuier en my oudste suster het daardie tyd n lekker warm jas van so n kombers gemaak. Sy het die jas regtig goed benut daar in die koue.

              Liked by 2 people

              1. HesterLeyNel Avatar

                Ek sê vir jou, daai komberse hou alo die koue uit. Ek wens ek kon met ‘n Basoetekombers rondloop.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ja daardie komberse lyk beslis lekker warm en knus. Hier het mens nogal so n kombers nodig met die gedurige koue wind vanaf die Suidpool.

                  Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Mooi … Geniet dit

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek geniet my gate uit. (Die weer is vreeslik stormagtig op oomblik. Wind v 150km p uur- nie kinderspeletjies om buite wees op oomblik nie. )

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ons het ook ‘n tropiese storm in die Mosambiekkanaal

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis erg, hier is nou vuur wat ook brand agv hitte! Jy’t seker gesien Sydney het n hittegolf.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ja en daar is ook weer brande

            Like

  3. Toortsie Avatar

    Oee maar dis due mooiste kleure! Nou is ek alweer jaloers. Hoop jou wol kom gou en onthou om die eindproduk te kom wys!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, die kleure is mooi. Ek wou nie die blou grys soos patroon vat nie. Daar was egter nie genoeg pienk, rooi skakerings nie. Het toe n groen/turkoois en n golden bruin bestel. Daar was net nog n wit en swart mengsel ook.Ek salbeslis wys as dit klaar is. Kannie wag nie. Kan myself skop dat ek nie mooi gelees het nie. O, en die wol is maklik die helfte goedkoper as die gewone dik wol wat te koop is.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Jy sal maak dat ek nog bestel! Maar ek het darem seker nou eers genoeg poncho’s en wraps. Hoe kank neem dit om te kom tot by jou?

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Vier weke. Die dame sê dit sal so 4 weke vat en dit was n dag vroeër as vier weke hier. Weet natuurlik nie hoe SA dit gaan hanteer nie want jul moet nog belasting op invoer betaal ook. Dit was saam met posgeld vir ses bolle $48(NZ doller) Een bol v 100gr en dikte kos hier ten minste $20. Ongelukkig of gelukkig het hul nie die spagettie wol hier nie.

          Liked by 1 person

  4. travel460 Avatar

    Man, jy is oulik. Ons wag vir die eindproduk.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, kan nie wag dat wol kom nie!

      Like

  5. nowathome Avatar

    Dit gaan pragtig lyk!!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hoop so. Die kleure wat oorbly in die wol is bietjie weg van die kleure wat ek sou wou gebruik. Dis n meer turkoois-groen en dan n golden brown bestel.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.