Afrikaanse Tokkel: Dankbaar


Ek moet die volgende in Afrikaans deel. Afrikaans is en bly steeds my Moedertaal.

Die afgelope week het ek weereens besef hoe wonderlik dit is om mens te wees op hierdie Godgegewe aarde. Dis nie net die besef dat daar n Hoër Hand is wat ons beskerm en bewaar nie. Dis ook die besef dat om gesond te wees en so baie seëninge te beleef werklik die lewe die moeite werd maak.

Maandagoggend vroeg, so amper half sewe, en nog pik donker loop ek met Trompie ons eerste lopie vir die dag. Dit is meestal n twintig minute se stappie. Ek loop altyd dieselfde paadjie elke oggend. Onder in my straat is n hospitaal vir liggaamlik gestremdes. Ek en Trompie ken heelwat van die mense en verpleegpersoneel. Toe ons die sypaadjie oploop kom daar n ou vroutjie aangestap, eintlik meer sleepvoetend. Net n kort ou jassie maak haar bo-lyf toe. Sy het nog haar kort nagrok aan wat onder die jassie uitsteek. Twee maer beentjies steek onder rokkie uit en twee pantoffelvoete wat skuifel.
Ek het eers gedink dis dalk een van die hospitaal se vrouens wat weggeloop het. Toe ek nader kom sien ek dat dit Nellie(nie regte naam nie) was. Ek ken haar van sien. Sy bly om die draai van die hospitaal af.
Die volgende gesprek het plaasgevind:
Ek:  Wat maak jy hier in die donker en koue alleen in die straat?
Nellie:  Ek weet nie! Ek loop sommer net.
Ek:  Kom ons gaan huistoe. Jy kan nie so in die koue hier alleen loop nie.
Nellie:  Nee, ek kannie huistoe gaan nie. Hy is daar en het my uitgesluit.
Ek: Wie is dit?
Nellie: Dis Bruce.
Ek: Is dit jou seun?
Nellie: NEE
Ek: Iemand wat by jou bly?
Nellie: Nee.
Nou is ek rerig bekommerd. Sy praat in raaisels. Ek besluit om by die hospitaal aan te klop. Daar is geen antwoord nie. Ek beduie vir Nellie om by deur te wag, ek loop net gou verder met Trompie. Ek het net n klein draaitjie geloop en teruggekom. Nellie het intussen aan geloop.
Ek stel toe voor ons lui die voordeurklokkie. Nellie bly vra of hul haar sal kan help. Eers was daar geen reaksie op lui van klokkie. Uiteindelik maak die nagsuster die deur oop. Ek beduie aan haar wat aangaan. Sy sê sy is op die oomblik alleen en kan nie veel doen nie. Gelukkig kom daar toe net een van die dames aan vir die volgende skof. Die nagsuster, met wie ek redelik bekend is, sê toe sy sal die polisie bel om saam met Nellie huistoe te gaan.
Daar was ongelukkig nie tyd vir my om verder te help nie omdat ek by my voorskool uur moes wees.
Na my oggend sessie by die skool het ek en Trompie vir ons volgende lopie gegaan wat die bult op is. Aan die bokant van bult, weet ek, bly mense wat Nellie ken. Ek gaan toe daarlangs om te sê dat ek Nellie op straat gekry het. My loseerder loop meestal so vyfuur soggens vir oefening. Hy het toe al vir Nellie op straat gekry.
Jess, die jong dametjie wat Nellie ken vertel toe vir my dat daar n groot skroef los is met Nellie. Nellie se kinders is in Australië en stel nie in hul ma belang nie. Nellie word die Maandag vir twee weke opgeneem in die algemene hospitaal om getoets te word vir alles wat moontlik verkeerd kan wees. Daarna sal hul besluit wat om met haar te doen. Jess vertel ook dat Nellie soos n ouma vir haar is. Daar is nie n Bruce nie en sy bly alleen!
Toe ek Nellie in 2010 leer ken het was sy n op en wakker Engelse vrou wat kans gesien het om die wêreld te versit. Dis tragies om n mens so te sien verswak.
Dit maak my dankbaar dat alles nog so goed met my gaan hier op my eie. Daar is nie tyd om in sak en as te sit nie. Ek hoop net dat as ek dalk eendag in die straat dwaal daar iemand is wat hom/haar oor my sal ontferm
Na Maandag was die volgende drie dae soort van normaal.Ek het my voorberei om my aanbieding te doen om sterre te maak teen geweld. (One million stars against violence, ek gaan in n ander pos daaroor skryf  https://www.facebook.com/onemillionstarstoendviolence/)
Donderdagaand was dit ons maandelikse Soroptimist vergadering. Ons het die aand n spreker gehad wat my verder laat besef het hoe dankbaar ek is om gesond en normaal te kon grootword en nog te lewe.
Die spreker was ons eie Upper Hutt goue medalje wenner in swem by die paralimpiese spele in Rio.
Haar naam is Mary Fisher, n blinde swemmer wat haar nie deur haar gebrek laat afsit nie.

http://www.stuff.co.nz/sport/other-sports/84268329/Kiwi-Paralympics-swimmer-Mary-Fisher-can-hear-her-gold-medal

Sy is n sprankelende 24 jarige jonge dame wat die lewe voluit leef. Sy het vertel hoe dit gekom het dat sy blind is, haar skoolloopbaan wat sy in gewone skole gehad het. Sy woon nou op haar eie in Wellington. Naby die universiteit waar sy studeer en die swembad waar sy gereeld oefen.
Sy het ook in kleur vertel hoe dit was gedurende haar verblyf in Rio en hoe dit gevoel het om n wêreldrekord in swem op te stel en n goue medalje te wen.
Dit was n belewenis om te hoor van al haar lewenservarings. Dit wys tog maar, waar daar n wil is, is n weg.
Dit was beslis vir my n week van wonderlike gebeurtenisse gewees.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Afrikaanse Tokkel: Dankbaar”

  1. Dit is so scrapy ons behoort dankie te sê vir elke normale dag wat ons op hierdie aarde het, en vir dié wat vir ons omgee. Niks is gewaarborg nie. Dankie dat jy my vanoggend weer laat besef het hoeveel ek het om dankbaar voor te wees.

    Like

    1. Mens dink nie altyd so daaraan nie. Toe ek egter Donderdagaand na Mary Fisher se verhaal luister het ek weer besef dat dit so belangrik is om mens se hulp en gevoel te wys aan mense om jou. Ons het mekaar nodig en kan ook nie sonder ander mense lewe nie. (hoop als gaan darem nog okay daar by jou in Pta.)

      Like

      1. Ons was drie weke in Shelly Beach by ons seun en het dit baie geniet… die weer het heerlik saamgespeel. Toe kom ons terug koue toe…. ek nog nie lekker met dié winterklimaat – wat eintlik nog herfs behoort te wees – nie. My gister aan jou verwonder wat so vroeg uit die vere met Trompie gaan loop. No siree!!!!!

        Like

        1. Ek was nog altyd n vroeg opstaner. Ek dink dis maar die plaaslewe wat my so gemaak het. Ek kon egter toe ek nog op skool was en later groot was n lekker middagslapie vat. Veral in vakansietyd en naweke het ek maklik n goeie uur geslaap. Nou neem ek steeds so twaalfuur my Nanny nap! Dis te heerlik. Saans gaan ek ook maar vroeg bedtoe, lees so halfuurtjie en dis slaaptyd. So het elkeen sy ou dingetjies. Ek is bly jou kuier by Shelly Beach was lekker. Dis n mooi kus daar.

          Liked by 1 person

  2. Ja, mag daar altyd een wees wat hom ontferm oor ons wanneer ons dit nodig het en mag ons ook ons ontferm oor ander wat ons nodig het, soos jy gedoen het.

    Like

    1. Dit is so. Wat sou van die vrou geword het as mens nie omgegee het nie? Nog n statestiek op lysie van vermistes. Hier gebeur dit gereeld dat sulke ouerwordende persone wat dementia het net wegloop en nie weer gesien of gekry word nie. Baie hartseer.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s