Baby Talk: Thanks, aunty Jan for my bib!


My dear friend Jan gave a lovely bib to Bea.

I gave it to the parents and

She had to put it on straight away.

THANK YOU, AUNTY JAN!

20170716_160001


25 responses to “Baby Talk: Thanks, aunty Jan for my bib!”

  1. Tannie Frannie Avatar

    Wou ook opmerk dat Trompie maar lekker jaloers lyk!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      En hoe! Hy kyk die spulletjie so van n kant af. Ek nooi hom om ook op my skoot te sit. Aikona, geen delery nie. Hy het sy voorpote op my knie gesit. Gesnuffel en Bea het net so aan sy baard geraak en weg was hy! Hy sal maar moet gewoond raak. Hy hou niks van die lawaai en hollery van kinders nie! Regte ou knol as dit daarop aankom(ek verstaan hom darem en dwing hom nie om nader te kom as hy nie wil nie)

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Ag kyk hoe sit sy al…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, sy is te kostelik. Sit toe op my skoot en my baadjie se rits het n blink ringetjie. Sy het maklik n halfuur gesit en froetel aan die ringetjie.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Slim kinders is nuuskierig!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ha ha, en hoe! Die konsentrasie op gesiggie en vingertjies wat voel-voel is n belewenis om te sien.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Ag ek is so bly jy kan dit beleef… as jy nou hier gesit het, het jy alles gemis.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Beslis. Was gister weer daar en sy begin my nou gewoond raak en glimlag nou vir my as sy my sien.

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                Ag dit vreelik oulik!

                Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Toe vergeet ek om na die bib te kyk en moes ‘n tweede keer terugkom, want al wat ek die eerste keer raakgesien het, was die dierbare toontjies.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, die bib maak die skouertjies ook toe. As sy self eet kan sy maar splash met die kossie! Die vriendin van my is al 80 en sy het uit die bloute die bib vir my gegee om vir Bea te gee. Regtig aie spesiaal. O dit het Beatrix Potter se hasies op.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        En skielik onthou ek die kossies op die hoë stoeltjie by die tafel en die deel wat onderlangs op die vloer gegooi word vir die hond …

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ha ha, dit sal beslis ook her gebeur. Hul het twee Yorkies en as Trompie by is is daar drie om te voer. Op die foto is Bea jus besig om op Trompie te fokus. Trompie was ook nie baie gelukkig met die idee dat sy op my skoot gesit het nie: Dis dan sy plek!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Hulle kan maar lekker jaloers word. Arme ou Trompie, hy is gewoond daaaraan om jou enigste baba te wees.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Moenie nog praat nie. Die een klein brak het Bea blykbaar al 2x geknyp terwyl ma nie gekyk het nie.

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                So ‘n stouter

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Sy is n baie senuweeagtige hondjie en alles is vir haar n bedreiging. Mens moet haar maar net dophou. Sy weet ook dat sy verkeerd gedoen het. Kruip dan weg vir n tydperk.

                  Liked by 1 person

                  1. HesterLeyNel Avatar

                    Dis maar ‘n moeilike situasie, want jy wil albei graag beskerm, baba en hond.

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Hond besef nie rerig hy moenie byt. Dis maar selfverdediging. Die mens moet maar voorkomend optree! 🙂

                      Liked by 1 person

        2. Tannie Frannie Avatar

          Sulke opruim-honde verdien hulle sout dubbel en dwars!

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Maar dan begin hulle bedel wanneer die mense eet en dit maak my boos. Ek kan nie eet as ‘n hond vir my sit en kyk nie.

            Liked by 1 person

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ja, daardie bedel maak my ook die vieste in. Hul kan so opdringerig raak as dit by tafelmaniere kom. Daardie aanstaar vir n happie maak my ook sommer ongemaklik. Trompie weet darem om nie te sit en bedel nie maar hy weet baie vinnig as daar iets op grond gemors word!

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                Genis is so bederf deur sy pa. Hy sit en kyk letterlik die kos uit jou bord en hy eet deesdae lemoene en komkommer ook – enigiets wat in die keel kan afgly.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Eintlik gaan dit ook meer oor enigeiets waaraan pa geraak het is baie lekkerder en hy wil graag deel! Goed hy eet vrugte(lemoene!) weet nou nie van komkommer nie. Sal hom dalk opblaas! Ha ha

                  Liked by 1 person

          2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            In n mate ja, maar dis n probleem as hul sit en bedel!

            Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.