Blaaskans!
Die volgende vyf weke gaan ek bietjie laag lê.
Ek gaan weer n huis oppas vir vier weke. Die dame gaan bietjie vakansie hou oorkant die water. Sy het haar man bietjie meer as twee jaar verloor en is nog baie dwalende en soekende. Dit sal haar die wêreld se goed doen.Sy gaan met n toergroep en n niggie van haar. Daar is ook n ou Boarder Collie van sestien jaar. Sy is heel lendelam in haar agterlyf. Ouderdom is besig om haar in te
haal. Die dame het n mooi brief aan die veearts geskryf dat as Meggie nie meer lekker beweeg nie en pyn het moet hul haar maar uitsit. Sy gee my toestemming om die besluit saam met veearts te neem. Ek hoop van harte die hondekind hou uit tot haar ou mies weer terug is.
Trompie gaan natuurlik saam en ek hou duime vas dat hy nie te ontwrig voel nie. As die twee honde besluit om saam n gesang aan te hef terwyl ek by werk is sal ek maar n ander plan moet maak. Dalk geniet die twee mekaar so sodat hul nie omgee om vir tye alleen te wees nie.
Eintlik wil ek bietjie wegbreek van blogland af want dit lei my aandag te veel af en ek kom by niks uit nie. Ek is ernstig besig om aan my Memoirs te werk. Ek wil die vier weke die tyd wat ek nie by die skool is gebruik om my eerste deel te redigeer en te herskryf soos dit kom. Ek skryf net oor my eerste ses lewensjare en wil probeer om dit in November te publiseer.(Hierdie keer is dit ernstig. Nie sommer so-so nie soos vorige e-boeke nie!)Ek het al n hele goeie versameling bymekaar. Dan is dit nog die vertaal in engels ook. Dit vat baie tyd om die regte benamings, taalgebruik en uitdrukkings te gebruik.
Wel dis dan dit. Sal later weer ernsig terug kom na my blog wat laaste tyd baie afgewater was.
Groetnis van huis tot huis en tot weersiens!
Geniet jou skrywery Inneke!
LikeLike
Dankie dis al die derde week van my oppas siek in die bed met griep, Nat ou hond en dit maak my nog meer misrabel. Ek het gelukkig baie skryfwerk gedoen die eerste twee weke. My Memoirs begin nou vorm kry. Nog een stukkie om te skryf en dan is dit ernstig beplan vir uitleg ens. ens. ens.
LikeLike
Dit maak my bekommerd
LikeLike
Nee wat, is net my aandag is te verdeeld en dan kom ek net nie by wat ek eintlik in gedagte het om te wil doen nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moet dit geniet Ek hou duime vas dat die honde lekker kan klaar kom
LikeLike
Honde kom goed klaar. Die ou hond is net baie sleg om te gaan lê. Het gisteraand geloop en huil vir maklik n uur voordat sy uiteindelik gaan lê het. Dis omdat sy die hele dag gestaan/geloop het. Vanaand gaan dit beter noudat sy rustiger is.
LikeLiked by 2 people
Jy moet dalk ‘n pynpil by die veearts kry?
LikeLiked by 1 person
You are doing a wonderful job – those who come after you will appreciate what you have written for them.
LikeLike
Thank you for your kind words. I told my son and his wife a bit of my experiences as a child and they could not believe how much I remember. It’s only snippits but that’s the idea!
LikeLiked by 1 person
Lekker skryf en kom gou terug.
LikeLike
Dankie, sien nogal uit om net te konsentreer op een ding! Die blogs trek my aandag te veel af.
LikeLiked by 1 person
Geniet jou skryfwerk in ‘n ander sphere…
LikeLike
Ek gaan beslis. My Desemder wegbreek het my n goeie stoot gegee om alles op my tydlyn te sit. Nou is dit om die skryfsels te herskryf en te rangskik. Ek het reeds baie stories geskryf. Moet nou vleis bysit.
LikeLike
Geniet die skrywery, en sterkte met die vertaling!
LikeLike
Dankie ek sien uit daarna om met onverdeelde aandag te werk. Ek is so dankbaar dat daar vriendinne is wat my help om regte uitdrukkings te gebruik. Party afrikaans vertaalde goed het verkeerde betekenis(sonder dat ek dit besef maak ek verkeerde besluite en dit is totaal die teenoorgestelde van wat ek bedoel.)
LikeLike
Die memoirs klink fantasties!
LikeLiked by 1 person
Ek het al ver gevorder so in die stilligheid met al die skrywery wat ek al gedoen het. Die vertaling in Engels hou my bietjie terug maar dit gaan al baie beter as n paar jaar terug toe ek begin het met skryf.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte
LikeLike
Dankie! Het my n blog op tublr oopgemaak waar ek bietjie skryfwerk gaan plak om te kyk wat kommentaar is!
LikeLiked by 1 person