Ooooo, dis n heerlike onderwerp. Gesegdes of idiome wat besig is om verlore te raak omdat dit nie meer deur jonger generasie gebruik word nie.
Ek is in n posisie waar ek daagliks slegs die “Rooi Taal” moet hoor en gebruik. Gelukkig kan ek darem nog lekker in Afrikaans met my kinders gesels. Daar kom egter gereeld gesegdes in my op wat ek gebruik in my gesprekke met hulle. Heelwat is vir hulle onbekend omdat hul dit nie regtig gehoor het of gebruik nie.
Die eerste waaraan ek dink is : Jakkals trou met Wolf se vrou.
Dit reën en die son skyn. Daar is ook meestal n reënboog in die lug. Hier gebeur dit baie dat die son skyn terwyl dit reën.
Die volgende woord is lekker om te gebruik vir iemand wat gedurig ander wil seermaak en rond stamp. Maar o wee, laat iemand dit nou net aan hom/haar terug doen!
Hy is n regte BOELIE.
Dink ‘n bietjie oor die ryk idiomatiese taalgebruik wat besig is om verlore te gaan. Hier is ‘n paar riglyne wat jy kan gebruik – kliek op skakel om meer uit te vind hoe
Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans
werk:
https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/24/le-jou-eier-se-dit-in-afrikaans/
24 responses to “Lê-Jou-Eier: Sê dit in Afrikaans. Idiome”
Ek gebruik Jakkals trou met wolf se vrou nog gereeld. Hoe jammer dat al die gesegtes en idiome besig is om uit te sterf.
LikeLike
Dit is jammer ons moes nog die idiome leer want daar was altyd n vraag in toetse. Ek onder of die leerplan nog idiome in het.
LikeLiked by 1 person
Ek dink my kleinkinders leer nog idiome. Sal bietjie uitvind.
LikeLike
Mooi man. Hoop dit is so,
LikeLiked by 1 person
Jakkals trou met wolf se vrou. Hoe goed ken ek dit! 😁
LikeLike
My kinders ken hom nie rerig nie. Ek bly hom vir hul sê. Op die ou end sal dit insink!
LikeLiked by 1 person
Op die plase is ons meer ingestel op reën en wolke, dink dis hoekom dit nog by ons in gebruik is.
Die storie is dat Thandi met wolf sou trou, maar jakkals het hom uitoorlê en toe trou jakkals met Thandi, wolf se vrou. Die son het so tussen die wolke deur geskyn terwyl dit saggies gereën het. Jakkals het met wolf se vrou getrou en die reën het haar trane verteenwoordig.
LikeLike
A-ha, dankie vir die verduideliking. Ek het nooit rerig geweet waarom dit so was nie. Baie interessant, die ou fabels!
LikeLiked by 1 person
Daar is dalk ‘n ander storie ook, maar hierdie een was iewers in ‘n kinderstorieboek.
LikeLike
Ek het mos maar Hollands groot geword. Ons het maar die Afrikaanse kinderstories in die skool gehoor. Dis eintlik in n mate n agterstand.
LikeLiked by 1 person
Aha dis lekker om jou weer te sien sus. Lekker naweek
LikeLike
My “chill” is nou verby. Nou moet ek skouer aan die wiel sit! Het jy joune al gedoen?
LikeLiked by 1 person
Ek skryf mos nie!
LikeLike
Hoe tragies tog. Jy het dan so n vol lewe met interessante dinge beleef!
LikeLiked by 1 person
Ja, maar ek het twee stories vir handboeke geskryf wat deur die uitgewers vervang is… toe het ek geweet ek kan miskien die boeke saamstel maar ‘n skrywer is ek nie.
LikeLike
Ha ha, So twee ou storietjies maak dat jy sommer ophou! Dis okay hoor! Sal egter lekker wees om bietjie van jou ervarings te lees(dis nie stories nie dis regtig! en makliker om te skryf)
LikeLiked by 1 person
Jong as mens geld vir iets kry en dit gebeur weet jy dis ernstig. Ek hou my maar daaruit Ek sal egter darem aanhou lees by julle
LikeLike
Mooi man.
LikeLiked by 1 person
Ai ek voel party dae soos die onderwyser maar is my geval is dit getalletjies wat my by die werk boeilie
LikeLike
Daar is maar altyd Boelies op loer vir moeilikheid.
LikeLike
Ja ek onthou van jakkals en wolf, my pa het ook altyd daarvan gepraat. Ons sien baie dat die donderbui uitsak en begin reën terwyl die son nog skyn. Ek het ‘n vermoede dat baie van die ou sêgoed nog oorgedra is uit die Nederlandse taal. Ons het mos Nederlanders wat hier lees; ons moet hulle vra. Dankie vir jou deelname en bemoediging. Dis lekker om te sien hoe die bloggers die poging ondersteun.
LikeLike
Jakkals en wolf het baie in gemeen wat stories aan betref. Ek sien die ouens wikkel. Ons moet Perdebytjie kry, sy het baie Nedrelandse ouens.
LikeLiked by 1 person
Jip, ek het self deur haar en andere ‘n hele paar Nederlanders bevriend wat gereeld my blogs lees. Hulle kla dat Afrikaans moeilik en ‘n “outydse” (?!) taal is.
LikeLike
Ha ha, Ja jong daar sal altyd iets wees. Ek lees gereeld nog Nederlandse boeke. Die taal is volgens my self ook nog maar baie outyds! Die probleem met Afrikaans is dat daar baie verwerkings van woorde is wat uit ander tale kom! Dit hang natuurlik ook af van waar in Holland hul is. Daar is tonne dialekte daar.
LikeLiked by 1 person