Lê-jou-eier: Tweede idioom!


Hier in my kontrei het elke derde huis n Pitt-Bull. Waarom weet ek nie maar nou ja, wie is ek om iets te sê.(hul hou nog van hondegevegte hier! Hoe aaklig)

Gister loop ek verby n huis waar nuwe mense ingetrek het. Nou toe, so wraggies het hul ook n Pitt-Bull. Hul het juis uitgekom met die hond aan n reuse halsband en ketting. Trompie is nuuskierige agie en wil net gaan om te ontmoet. Nee jong, die meneer stel nie belang in n vriendelike ontmoeting nie. Gelukkig is ons aan die anderkant van die straat.

Vanoggend loop ons weer verby. Geen taal of tyding van n hond nie. Ha, daar kom die idioom toe op:   STILLE WATERS, DIEPE GROND

ONDER DRAAI DIE DUIWEL ROND.

Ek raak toe sommer nostalgies toe ek Laurika Rauch Stille Waters hoor sing. Ek moes dit net deel.

 

 

 

Betekenis:

https://af.wikiquote.org/wiki/Afrikaanse_spreekwoorde#S

sê:

Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond

  • Gesê van ’n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang.

Stel jy belang om deel te neem?

Besoek Hester se   LÊ-JOU-EIER

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Lê-jou-eier: Tweede idioom!”

  1. Ek onthou as dogtertjie het hulle Saterdae oggende by ons huis langs gekom, dan het my pa sy geldjie gegee, en op die hondegeveg ge(bet) Daardie jare was dit heel normal. Ek is ook versigtig vir ‘n pitt-bull.

    Like

    1. Daar is maar altyd dinge waar weddenskappe voor gemaak word. Ek kan onthou die gevegte was ook maar gewild in SA. Dit bly egter maar n slegte ding. Kry diere jammer wat so verskeur word. Ek is ook maar skrikkerig vir pit boele! Daar sal niks van Trompie oorbly as een hom gryp nie!

      Liked by 1 person

      1. Die ding van my sagmoedige pa wat op hondegevegte gewed het, het my gepla nadat ek dit gister vertel het. Net toe ek in bed klim gaan die lig aan; dit was op honderesies, nie hondegevegte nie.
        Mooi bly in jou poskaart!!

        Like

        1. A dit klink beter! Hier is die honderesies ook n wreede besigheid. Hier is baie van die windhonde wat gered is wat nou afgetree by liewe mense bly. Baie van die diere moet uitgesit word omdat hul verniel is en nie meer kan hardloop nie.

          Liked by 1 person

  2. Hier spring toe sommer nog drie idiome uit hierdie blogpos! Sê vir Trompie dankie vir sy bydrae! Ek wil ook nog graag een bydrae skryf voor die sluitingsdatum, maar van nou af tot middel September (wanneer dit tyd word vir die jaarlikse familiesaamtrek) het ons skielik soveel werk ingekry dat ek vanoggend 4-uur al opgestaan het om te werk. En – kyk hoe hard sit en werk ek nou hier! Dankie vir die deelname.

    Like

    1. Presies! Maar ek moet byvoeg dat ek hier in SA ook al baiekeer gehoor het van mense wie se honde “wegraak” (lees: ontvoer is) om gebruik te word in hondegevegte oorkant die grense. Dis een van die redes waarom ons groot honde agter digte tralies en elektriese beheining gehou word. Dis tragies.

      Liked by 1 person

    2. Beslis ja, dit gaan ook maar oor die weddenskappe. Dis natuurlik teen die wet hier maar die klomp kom weg met moord as hul dit in hul koppe het. Dis ook maar sekere mense wat dit doen. Mens ken hul sommer uit aan hul houding en bakkies wat toegmaakte “hokke” agterop het.

      Liked by 1 person

        1. Daar is beslis nog primitiewe bedrywe hier, veral op platteland. Weet nie of jy kan onthou dat ek geskryf het oor n parlementêriër wat beskermde duiwe gevang het en in sy bagasie op vliegtuig saam huistoe gevat het. Gelukkig het doeane hom gevang. HY het op einde tronkstraf gekry!

          Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s