Hier in my kontrei het elke derde huis n Pitt-Bull. Waarom weet ek nie maar nou ja, wie is ek om iets te sê.(hul hou nog van hondegevegte hier! Hoe aaklig)
Gister loop ek verby n huis waar nuwe mense ingetrek het. Nou toe, so wraggies het hul ook n Pitt-Bull. Hul het juis uitgekom met die hond aan n reuse halsband en ketting. Trompie is nuuskierige agie en wil net gaan om te ontmoet. Nee jong, die meneer stel nie belang in n vriendelike ontmoeting nie. Gelukkig is ons aan die anderkant van die straat.
Vanoggend loop ons weer verby. Geen taal of tyding van n hond nie. Ha, daar kom die idioom toe op: STILLE WATERS, DIEPE GROND
ONDER DRAAI DIE DUIWEL ROND.
Ek raak toe sommer nostalgies toe ek Laurika Rauch Stille Waters hoor sing. Ek moes dit net deel.
Betekenis:
https://af.wikiquote.org/wiki/Afrikaanse_spreekwoorde#S
sê:
Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond
- Gesê van ’n skynbaar ingetoë mens wat heimlik allerhande stoutighede aanvang.
Stel jy belang om deel te neem?
Besoek Hester se LÊ-JOU-EIER
Ek onthou as dogtertjie het hulle Saterdae oggende by ons huis langs gekom, dan het my pa sy geldjie gegee, en op die hondegeveg ge(bet) Daardie jare was dit heel normal. Ek is ook versigtig vir ‘n pitt-bull.
LikeLike
Daar is maar altyd dinge waar weddenskappe voor gemaak word. Ek kan onthou die gevegte was ook maar gewild in SA. Dit bly egter maar n slegte ding. Kry diere jammer wat so verskeur word. Ek is ook maar skrikkerig vir pit boele! Daar sal niks van Trompie oorbly as een hom gryp nie!
LikeLiked by 1 person
Die ding van my sagmoedige pa wat op hondegevegte gewed het, het my gepla nadat ek dit gister vertel het. Net toe ek in bed klim gaan die lig aan; dit was op honderesies, nie hondegevegte nie.
Mooi bly in jou poskaart!!
LikeLike
A dit klink beter! Hier is die honderesies ook n wreede besigheid. Hier is baie van die windhonde wat gered is wat nou afgetree by liewe mense bly. Baie van die diere moet uitgesit word omdat hul verniel is en nie meer kan hardloop nie.
LikeLiked by 1 person
Ek wens daar was geen taal of tyding van hondegevegte nie Inneke. Maar jou eintlike idioom laat my aan myself dink – ek is mos maar ‘n stil outjie…
LikeLike
Ek is self ook maar een van die stilles(maar daar is ook draaiende stoutigheid ook) Die hondegevegte is vir my wreed.
LikeLiked by 1 person
Nee ek is nie stil nie maar ook nie ‘n ekstreme ekstrovert nie en is ek nie stil nie draai dit😀
LikeLike
Netso!
LikeLike
Oulik …
LikeLiked by 1 person
Hier spring toe sommer nog drie idiome uit hierdie blogpos! Sê vir Trompie dankie vir sy bydrae! Ek wil ook nog graag een bydrae skryf voor die sluitingsdatum, maar van nou af tot middel September (wanneer dit tyd word vir die jaarlikse familiesaamtrek) het ons skielik soveel werk ingekry dat ek vanoggend 4-uur al opgestaan het om te werk. En – kyk hoe hard sit en werk ek nou hier! Dankie vir die deelname.
LikeLike
He he, ja jong “it never rains but pours”. Ek hou van ons afrikaanse uitdrukkings. Hul is so kleurvol en vol betekenis. Geniet jou werk wat so opgehoop het. Wat gedoen is is gedoen.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Die idioom kan net sowel van toepassing wees op New Zealand dan – waarom sou n andersins gevorderde samelewing nog honde gevegte aanhang?
LikeLike
Presies! Maar ek moet byvoeg dat ek hier in SA ook al baiekeer gehoor het van mense wie se honde “wegraak” (lees: ontvoer is) om gebruik te word in hondegevegte oorkant die grense. Dis een van die redes waarom ons groot honde agter digte tralies en elektriese beheining gehou word. Dis tragies.
LikeLiked by 1 person
Absoluut walglik!
LikeLiked by 1 person
Dis afgryslik! Dan soek hul ook net skoor om te kyk hoe ver die honde gaan!
LikeLiked by 1 person
Party mense is nie werd om mense genoem te word nie.
LikeLike
Netso, ek sê ook altyd as mense betrokke is is daar altyd “moeilikheid”. Ons kan net nie dinge in vrede los nie.
LikeLiked by 1 person
Beslis ja, dit gaan ook maar oor die weddenskappe. Dis natuurlik teen die wet hier maar die klomp kom weg met moord as hul dit in hul koppe het. Dis ook maar sekere mense wat dit doen. Mens ken hul sommer uit aan hul houding en bakkies wat toegmaakte “hokke” agterop het.
LikeLiked by 1 person
Wat n jammerte, ek dink nou sommer minder van New Zealanders…
LikeLike
Daar is beslis nog primitiewe bedrywe hier, veral op platteland. Weet nie of jy kan onthou dat ek geskryf het oor n parlementêriër wat beskermde duiwe gevang het en in sy bagasie op vliegtuig saam huistoe gevat het. Gelukkig het doeane hom gevang. HY het op einde tronkstraf gekry!
LikeLiked by 1 person
Ek onthou dit al te goed, Ineke!
LikeLiked by 1 person