“Hier rus ek uiteindelik in vrede en harmonie”
Aangesien ek n stil outjie was en steeds met tye is, word daar nogal van my misbruik gemaak. My geaardheid is van so n aard dat ek graag almal wil tevrede stel. Almal moet gelukkig wees ten koste van myself. Ek kan nie Nee sê nie.
Die probleem is dat ek my dinge aantrek wat meestal nie so bedoel is nie. Dit sal heerlik wees om nie te moet bekommer oor wat met almal rondom my gebeur nie of wat hul verwag nie.
Daarom sal dit van pas wees om my in rus en vrede te los. Geen begrafnisrede of niks.
Hier word daar ook meer veras as om regtig te begrawe. Wat met my as gebeur laat ek maar aan die oorlewendes oor.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Jy jan nie nee sê nie – wonderlik! ‘n Vriend van my gaan volgende week Australia toe en die week daar na Nieu-Zeeland. Jy het nie dalk vor hom plek om the bly nie? Nee Ineke ek is nou net aspris. Hy kom wel dan NZ toe maar sy vakansie is reeds 9 maande terug gereel. Ek geen krap partymaal by dinge wat nie my werk is nie en dan word dit my werk!!
LikeLike
Ha ha, ja dis hoe dit werk. Daar is altyd n bed beskikbaar vir besoekers so hy kan maar hier kom draai!
KOm hy Wellington toe?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie sal hom vra hy en sy vrou kom toer in Nieu-Zeeland met ‘n camper van. So hulle het blyplek. Jaco is ‘n pragtige kind van die Here
LikeLike
Aaa, hier is selfs plek op my “weed patch” alias my grasperkie vir n camper van. Ek weet ook dat so n vakansie so baie tyd gebruik en so min tyd het om alles te wil doen.
LikeLike
Hy gaan wel Wellington toe. Ek neem aan Upper Hut is naby Wellington?
LikeLike
Ja dit is naby Wellington(soort van voorstad) en pad noorde toe gaan hier verby. Ek gee my tel no sodat hy kan bel as hy wil. 04 5266758 daar is n antw masjien gee net boodskap en no en ek kan hul kontak.(landlyn oproepe is gratis hier)
LikeLike
Los my net in rus en vrede. Dit sê baie. Iets binne my staan sommer op, dit voel ek wil jou beslerm. Dankie tog Jesus is daar en Hy hou jou hand styf in syne.
LikeLike
As dit nie vir Sy sterk hand was nie sou ek lankal tou opgegooi het. Dankie vir jou bemoedigende woorde.
LikeLiked by 1 person
Rus en Vrede kan ook werk!
LikeLike
Harmonie is belangriker.
LikeLike
Hehehehehe hoe so? Gaan jy moleste maak in die Hemel? 🙂 ❤
LikeLike
Dis aardse dinge nie hemelse dinge nie.
LikeLiked by 1 person
My ouma, wat haar vingers stomp gewerk het om haar gesin te onderhou, het altyd gesê: “Ek gaan lank en lekker rus wanneer ek dood is”. Ek dink daar is meer mense wat so voel. Dankie vir jou bydrae. Ek sien jou skakel is nog nie by InLinkz nie?
LikeLike
My probleem lê ookby die “Swart hond” wat gedurig op loer is. Het nog nie link geaktiveer nie. Sal naweek bietjie aandag daaraan gee.
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit sommer gou vir jou doen, want as die uitdaging verby is, sal jy nie kan inkom nie. Ek hoop jy voel gou beter. Tussen hakies, ek het verlede week toe iemand verwys het na die swart hond, gewonder waar die frase vandaan kom. Ek weet dis ‘n uitdrukking wat Izak de Villiers gebruik het, maar ek is seker daar was so ‘n gedig of prosa. Kan jy onthou?
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die link. My gedagtes was nie by wat ek gelees het nie. Kon nie verstaan watse link dit was nie totdat ek rustig gaan sit het om die storie te oordink. Toe ontdek ek ek kannie dit die naweek doen want dan is die week verby. Wou dit nou gou doen. Ek het n oulike boekie oor die Swart hond, moet net eers hom gaan uithaal. Sal seker more of so vir jou vertel waar die benaming vandaan kom. (Sit op oomblik met Mr T op my lazyboy en wil nie nou opstaan nie- wat mens nie alles vir n dier sal doen nie!)
LikeLiked by 1 person
Ja-nee, as ‘n hond sy mens onder die duim het, gaan dit maar moeilik.
LikeLike
Nie net die hond nie dis die Miesies ook. Sy is te lui of sit te lekker om op te staan. Ek beter gou die boek soek voor ek vergeet(weet waar hy is in elke geval)
LikeLiked by 1 person
Jou skrywe los my met ñ bietjie hartseer. Dit is so, soms verlang ons na die tyd wat ons net weg gaan wees. Ek verstaan wat jy sê.xxx
LikeLike
Ek sit ook met die ou swart hond wat gedurig op loer is om my te oorweldig. Dankie vir jou saam voel. Waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person