Lê-Jou-Eier: Skryf jou eie grafskrif


“Hier rus ek uiteindelik in vrede en harmonie”

Aangesien ek n stil outjie was en steeds met tye is, word daar nogal van my misbruik gemaak. My geaardheid is van so n aard dat ek graag almal wil tevrede stel. Almal moet gelukkig wees ten koste van myself. Ek kan nie Nee sê nie.

Die probleem is dat ek my dinge aantrek wat meestal nie so bedoel is nie. Dit sal heerlik wees om nie te moet bekommer oor wat met almal rondom my gebeur nie of wat hul verwag nie.

Daarom sal dit van pas wees om my in rus en vrede te los. Geen begrafnisrede of niks.

Hier word daar ook meer veras as om regtig te begrawe. Wat met my as gebeur laat ek maar aan die oorlewendes oor.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

 

 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

20 thoughts on “Lê-Jou-Eier: Skryf jou eie grafskrif”

  1. Jy jan nie nee sê nie – wonderlik! ‘n Vriend van my gaan volgende week Australia toe en die week daar na Nieu-Zeeland. Jy het nie dalk vor hom plek om the bly nie? Nee Ineke ek is nou net aspris. Hy kom wel dan NZ toe maar sy vakansie is reeds 9 maande terug gereel. Ek geen krap partymaal by dinge wat nie my werk is nie en dan word dit my werk!!

    Like

            1. Ja dit is naby Wellington(soort van voorstad) en pad noorde toe gaan hier verby. Ek gee my tel no sodat hy kan bel as hy wil. 04 5266758 daar is n antw masjien gee net boodskap en no en ek kan hul kontak.(landlyn oproepe is gratis hier)

              Like

  2. Los my net in rus en vrede. Dit sê baie. Iets binne my staan sommer op, dit voel ek wil jou beslerm. Dankie tog Jesus is daar en Hy hou jou hand styf in syne.

    Like

  3. My ouma, wat haar vingers stomp gewerk het om haar gesin te onderhou, het altyd gesê: “Ek gaan lank en lekker rus wanneer ek dood is”. Ek dink daar is meer mense wat so voel. Dankie vir jou bydrae. Ek sien jou skakel is nog nie by InLinkz nie?

    Like

      1. Ek sal dit sommer gou vir jou doen, want as die uitdaging verby is, sal jy nie kan inkom nie. Ek hoop jy voel gou beter. Tussen hakies, ek het verlede week toe iemand verwys het na die swart hond, gewonder waar die frase vandaan kom. Ek weet dis ‘n uitdrukking wat Izak de Villiers gebruik het, maar ek is seker daar was so ‘n gedig of prosa. Kan jy onthou?

        Liked by 1 person

        1. Dankie vir die link. My gedagtes was nie by wat ek gelees het nie. Kon nie verstaan watse link dit was nie totdat ek rustig gaan sit het om die storie te oordink. Toe ontdek ek ek kannie dit die naweek doen want dan is die week verby. Wou dit nou gou doen. Ek het n oulike boekie oor die Swart hond, moet net eers hom gaan uithaal. Sal seker more of so vir jou vertel waar die benaming vandaan kom. (Sit op oomblik met Mr T op my lazyboy en wil nie nou opstaan nie- wat mens nie alles vir n dier sal doen nie!)

          Liked by 1 person

Leave a Reply to Abrie Joubert Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s