Ooo, gaats! Gaan ek ook SO lyk op die einde?
Samespraak tussen twee murgpampoentjies
Cory groen Courgette en
Murgie geel pampoentjie.
Cory: Ek is so bly ons tweetjies is saam hier op die snyplank.
Murgie: Jong ek weet darem nie regtig. Dit voel vreeslik vreemd. So hoog en weg van my moederplant af.
Cory: Oh la la, hier kom n ding. Ouch, af is my bo-punt, oeps, en af is my onderkant.
Murgie: Dis erg! Ek wil nie kyk nie!
Cory: Dit voel kielierig! Moenie my so styf vashou en druk nie. Dit voel of ek wegvloei. Murgie K-Y-K…..plop, plop, pl…
Murgie: NEE, o toggie is dit hoe ek gaan lyk nadat die hand klaar is met my? Ek wil teruggaan na my Mammie toe. Nee, moenie….. plop, plop pl….
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Mooi, die twee gesprek.
Siestog hy soek hom sy mamma, my kleindogter se manier van sê.
LikeLike
Dankie, die klein kindertjies het meestal die kostelikste manier van dinge sê! 🙂
LikeLike
Oulik geskryf! Soos altyd.
LikeLike
Dankie hoor, jy maak my dag! Hoe gaan dit met Spokie?
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dit gaan goed met my tussen papiere by die werk. Maar ek lees nog altyd jul blogs, ek noem dit my ontspantyd. So hou aan skryf …
LikeLike
Aaa dis goed om te hoor! Dankie vir die lees ook.
LikeLiked by 1 person
Oulik scrapy!!! Kielie maak dit nie so wreedaardig voorkom nie 🙂
LikeLike
Ha ha, ja jong ons is maar wrede wesens as dit by groente kom!
LikeLiked by 1 person
hehehehe skerp Sus
LikeLike
Dankie!!
LikeLiked by 1 person
Die Rasper KIELIE? Haha, die pampoen-tweegesprek is oorspronklik. Dankie dat jy deelgeneem het.
LikeLike
Ja daardie kielie begin mos saggies en dan dan raak dit hardhandig! Plesiertjie.
LikeLiked by 1 person
MOL…I don’t know if Granny will ever cut some vegetables again, they might get talking too…MOL 😀 Pawkisses for a Happy Weekend 🙂 ❤
LikeLike
She better use earplugs for in case! Thanks for popping in. You have a lovely weekend too. 🙂
LikeLiked by 1 person
Erg!
LikeLike
Moenie nog praat nie! Arme groentetjies!
LikeLiked by 1 person
😂😂🤣
LikeLiked by 1 person
Baie oulik!
LikeLike
Dankie, mens kan nogal lekker speel met die een.
LikeLike
Wonderlike storie!
LikeLike
Dankie, sê-nou is n lekker sê.
LikeLike
Eina pyn!
LikeLike
Nooit gedink hul voel ook nie nê! Ha ha.
LikeLike