OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?
As is vebrande hout.
As ek net een ding kan saamneem om alleen op n eiland te oorleef, laat my nogal kopkrap.
Die vliegtuig, ek neem aan dit was n vliegtuig, het vergaan en ek het met n valskerm kon uitspring. Geluk aan my kant! Die vliegtuig duik al brandende in die see en verdwyn met n geborrel onder die water.
Terug by my.
Gelukkig kon ek betyds uitspring en het op n klein afgeleë eilandjie geland. Dis wat ek aanneem. Alles was daar om te kan oorleef. Heerlike vars water en vrugte tot blare en bolle om te eet. So nou en dan is daar n ou vleisigheidjie in die vorm van n voëlboudjie of meerkat/eekhoring ribbetjie. Brrr, hoe gril ek nou. Sal maar verby hou met die vleisies veral omdat ek dit self moet vang en verwerk.
Nou het ek alweer afgewyk van die onderwerp.
WAT HET EK SAAMGEVAT?
Ha, toe ek die ding sien kom het ek vinnig my vyf skryfblokke en tien potlode, wat in n plasiese sak toegedraai was, gegryp en onder my baadjie en valskerm rieme ingesteek.
Nou kan ek lekker al my gedagtes en gebeurtenisse aanteken sonder enige onderbrekings. Ek sal net moet probeer onthou watter dag dit is. Gelukkig het my horlosie n datum op. Ek het nie my selfoon nie want die is nog in die vliegtuig.
Nou gaan ek heerlik ontspan en van dag tot dag lewe.
Pictures from: https://www.dreamstime.com/photos-images/sheet-paper-scribbles.html
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Scrappy jy gaan dan skryf, dis nie niksdoen nie.
Jou voordeel is jy het ook nog die valskerm waarmee jy uit gespring het. Jy kan allerlei gebruike daarvoor uitdink.
LikeLike
Ha ha, vir my is dit net sit en my vingers gebruik(en my brein ook) verder is dit niks doen! Goed dat jy die valskerm noem. Nooit so daaraan gedink nie! Ek het darem n baadjie lyk my ook aan vir ingeval die windjie snags koel is.
LikeLike
Dis reg scrapy….. jy skryf jou stories, en ek het op dieselfde eiland uitgespoel, en ek maak stories op uit die klippe, plante en bome. Vleisloos sal ons maar moet gaan…. ek gaan ook nie ‘n dier slag nie.
LikeLike
Dis te lekker om te weet ek gaan n vriendin daar hê. Nou moet ek n opvolg op my saamvat storie skryf!
LikeLiked by 1 person
Ja!!! Ek voel ook beter as ek weet y gaan saam my daar wees. Ek wil dan nie eers alleen in die hemel inloop nie…. vir my vriendin gesê dit sal lekker wees as ons hand aan hand daar kan ingaan 🙂
LikeLike
Dit gaan sommer heerlik wees. Ek het my opvolg toe geskryf.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan gou lees 🙂
LikeLike
Mooi man, ons gaan die reis geniet!
LikeLike
Ja, ek glo nogals ‘n skrywers-siel soos jy sal lekker kan skryf op so ‘n eiland. Maar soos jy sê – dit sal ook net lekker wees vir die eerste ruk. Ek dink ons verlange na die kleinkinders kan nogal erg word …
LikeLike
Ja ek stem saam, dit gaan vir dae goed sonder verlange en dan sommer skielik raak ek sommer depresief van die alleen wees en moet ek net gaan shop of n teetjie met iemand gaan drink ook. Natuurlik die verlange na almal wat ver is sal my my sommer in n diep put sit as dit sou wees.
LikeLiked by 1 person
Lekker slim Sus
LikeLike
Sal heerlik wees tot op n punt!
LikeLiked by 1 person
Beslis
LikeLike
Saligheid op note…
LikeLike
Heerlik! Sal kan doen met so n breek.
LikeLike
Goeie idee! Jy kan ‘n draaiboek skryf vir die filmregte wat jy gaan verkoop wanneer jy gered word. Jy is ‘n beter mens as ek; as ek ‘n ou diertjie moet offer vir my maag, sal ek eers mooi om verskoning vra wanneer ek hom op die vuur gooi, maar eet sal hy geëet word.
LikeLike
Nou gee jy my n goeie idee! Draaiboek sal my jare kan besig hou. Nee wat, die slag en skoonmaak van vleis is nie in my lyn van doen nie. My man het tot 24 hoenders op n slag gslag en skoon gemaak. Ek het darem gehelp om die kein dons haartjies af te brand met brandende spirits. – aaklig.
LikeLiked by 1 person
Stoksielsaligalleen!
LikeLike
Heerlike vooruitsig!
LikeLike
Man, jy laat hierdie eiland-blyery al hoe aanlokliker klink!
LikeLike
Voel vir my nogal die moeite werd. Tog sal dit na n tyd sieldodend wees om elke dag nie veel te doen nie!
LikeLike