OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?
As is vebrande hout.
As ek net een ding kan saamneem om alleen op n eiland te oorleef, laat my nogal kopkrap.
Die vliegtuig, ek neem aan dit was n vliegtuig, het vergaan en ek het met n valskerm kon uitspring. Geluk aan my kant! Die vliegtuig duik al brandende in die see en verdwyn met n geborrel onder die water.
Terug by my.
Gelukkig kon ek betyds uitspring en het op n klein afgeleë eilandjie geland. Dis wat ek aanneem. Alles was daar om te kan oorleef. Heerlike vars water en vrugte tot blare en bolle om te eet. So nou en dan is daar n ou vleisigheidjie in die vorm van n voëlboudjie of meerkat/eekhoring ribbetjie. Brrr, hoe gril ek nou. Sal maar verby hou met die vleisies veral omdat ek dit self moet vang en verwerk.
Nou het ek alweer afgewyk van die onderwerp.
WAT HET EK SAAMGEVAT?
Ha, toe ek die ding sien kom het ek vinnig my vyf skryfblokke en tien potlode, wat in n plasiese sak toegedraai was, gegryp en onder my baadjie en valskerm rieme ingesteek.
Nou kan ek lekker al my gedagtes en gebeurtenisse aanteken sonder enige onderbrekings. Ek sal net moet probeer onthou watter dag dit is. Gelukkig het my horlosie n datum op. Ek het nie my selfoon nie want die is nog in die vliegtuig.
Nou gaan ek heerlik ontspan en van dag tot dag lewe.
Pictures from: https://www.dreamstime.com/photos-images/sheet-paper-scribbles.html
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.