Lê-Jou-Eier: Wat neem ek saam -opvolg


 

Dit is vanoggend die behoefte van my hart om n opvolg te skryf vir “wat sal ek saamvat”
Nadat ek met Kameel gekorrespondeer het besef ek dat my storie n bietjie moet uitbrei.

Hier in die omgewing van New Zealand is daar nogal heelwat klein en onbekende eilandjies.Dit is heerlike warm eilandjies omdat hul nader aan die ewenaar lê. Ek vermoed dat ons elkeen op ons eie eilandjie geland het omdat elkeen n ander lugredery gebruik het. Ek het ook n vermoede dat ons nie te vêr van mekaar is nie. So n klipgooi van mekaar af. Dalk kan ons nog vir mekaar n briefie met n papegaai oorstuur om mekaar te kontak! (Nou is my verbeelding darem regig besig om oorboord te gaan)
Kameel noem toe dat dit lekker kan uitwerk as ons twee so saam op die eilandjie kan wees. Ek skryf my stories en sy gebruik al die voorbeelde van die eiland om haar verdere Bybelstudie te doen. Ek sal beslis met haar deel. Sal haar n skryfblok en potlood gee sodat sy haar aantekeninge kan maak. Ek gaan haar skaduskrywer(gohst writer) wees en al haar vergelykings en Bybeldele neerskryf soos sy dit vertel.

Dan nadat ons almal opgepik is deur daardie luukse boot gaan ons alger heerlik ondervindings uitruil en n “ball” van n tyd hê op n wêreld reis.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

28 responses to “Lê-Jou-Eier: Wat neem ek saam -opvolg”

  1. Inderdaad daardie kuier na die tyd met vergelykende vertellings gaan heerlik wees. Maar jy is reg ons sal ook kan uitruil wat die Here vir ons gese het en vir my het ht sommer baie daar op die eiland gese. Ek het aanvanklik net 2 sinne gesryf en dit 5 minute vvor die afsnytyd ge-inlinkz. Maar die storie is darem al geskryf
    https://abriejoubert.wordpress.com/2017/09/28/eiland/

    Like

    1. Het gou june gelees. Dis besonders. Ek dink ook daar sou wonderlike stories uitgekom het as ons rustig op die skip sit en ontspan.

      Liked by 1 person

      1. Ja dit sal darem besonders wees al het baie van ons nooit ontmoet nie. Ek is van mening dat baie goeie vriendskappe in die blogwereld gesmee kan word

        Like

  2. Hoop net as jul saam is op die eiland ons sien meer fotos en ook skrywes daaroor …

    Like

    1. Jy sal moet wag tot ons terug in beskawing is. Daar is nie batterye om camera te laai nie, Ooo het vergeet ons het nie een uitgegooi nie.

      Liked by 1 person

  3. Yay!!! Ons gaan op ‘n wêreldreis. Hoop nie ek word seesiek nie, want dis lankal my droom om op een van daardie groot passassiersbote te gaan toer. Moet net eers die Lotto wen.

    Like

    1. Hierdie een is gratis net vir ons klomp. Ons sal die seesiek oorboord gooi!

      Liked by 1 person

  4. Jy kies nou lelik kant hier teen my eiland, Kameel. En al wat ek wil doen is om die tyd…die jare…daar te geniet tussen al die giftige gediertes, sonder om binne die eerste halfuur aan ñ angsaanval te beswyk! Ek is werklik in die gesig gevat.☺xx

    Liked by 1 person

      1. Lekker kuier ons nou oor en weer!

        Liked by 1 person

        1. Ek volg altyd die kommentaar, dis amper snaakser as die blogs!

          Like

          1. Presies wat ek ook doen. Word so vies vir myself as ek so aanhou en aanhou lees. Dis egter soos jy sê daardie kommentaar op kommentaar is iets op sy eie.

            Liked by 1 person

    1. Ai Una, jammer jong….. dis net ek soek geselskap en as jy nou al laggende gerook daar rondwals en dinge sien wat ek nie kan sien nie, gaan jy my bangmaak. Ek sal vir ‘n dag op jou eiland kom kuier (Sal Lewies se Bloomer bootjie leen) en sien of jy nog ok is. Hopenlik groei daar teeblare op jou eiland…. dan kan jy vir my ‘n koppietjie tee maak.

      Like

      1. Dit klink goed. Die teetjie sal regstaan.😁

        Liked by 2 people

      2. Dit hoef nie net teeblare te wees nie. Wat van n kruierteetjie?

        Liked by 1 person

        1. Nee scrapy… ‘n kruieteetjie gaan my laat glo ek is siek.:(

          Like

          1. Dit is BAIE goed vir die ingewande om alles gesmeer en gewerk te kry!

            Liked by 1 person

    2. No hard feelings! Dis mos nie al wat gaan groei nie.

      Like

  5. Scrapy ek het nou gelag vir jou papegaai wat posman gaan speel. Nee kyk, daar skort niks met ons verbeelding nie. Ek lag nog oor dié dat ons almal na ons scary ondervindinge van alleen op ‘n eiland uitspoel, op ‘n wêreldrys gaan!!!! Hou aan droom vrou… jy droom groot. En ja, ek gaan definitief op jou eiland uitspoel. Una se eiland met haar daggaplantjie maak my bang. Ek het mos ondervinding van mense se gedrag na hulle goed gerook is. Toorts en ek sal net vir mekaar sit en glimlag met rooi lippe…. dit is as sy haar lipstiffie met my sal deel. Trust nie Lewies se eiland met ‘n ou tannie se bloomer as hoofbedekking nie. Dan bang ek die van Helsdingen vrou as sy uitvind ek was saam met haar man op die eiland. Trommeltjie…. haar eiland dink ek, ek sal goed by aanpas. Hester is so lief vir haar blou baadjie dat ek nie dink sy gaan hom met my deel nie…. en netnou beskuldig ek haar van selfsug… en ons sit kwaaivriende op dieselfde eiland. Gelukkig het ek my bybel by my en kan vir haar preek. Iemand het Linear se potloot by haar… maar haar eiland is klaar vol mense… dus sal ek in die pad voel. Nee, dis definitief jou eiland waarop ek wil uitspoel.

    Liked by 1 person

    1. WêreldrEIs scrapy, wêreldrEIs…. sien jy nou wat ek bedoel!!!!

      Like

      1. Jip, dis hoekom ek sê: “Don’t worry, be happy”. Ek gee nie om nie solank jy net aanhou skryf!

        Liked by 1 person

    2. Ha ha, nou het ek verder die storie geniet. Ek dink ons sal n goeie span kan uitmaak. Ek voel ook maar skrikkerig vir die plantjie en die bloomer wat moleste kan veroorsaak. Ek kon mos ie n duif gebruik as posman nie want die pappegaaie het die duiwe verdring. Pappegaaie is ook nie bang om van eiland tot eiland te vlieg nie. (hoop so in elke geval) Dankie vir die lekker antwoord wat jy gegee het. Ek het dit baie nodig om bietjie te ontspan. Die kinders is in amper einde van kwartaal “mood”. Onhebbelik stout en moedswillig.

      Liked by 1 person

      1. Ek het dié jaar met my twee kleinkinders (niggie en nefie) wat albei in graad 7 is uitgevind van einde van die jaar onhebbelik wees. My kleindogter… ‘n pligsgetroue meisiekind wat in haar hele laerskoolloopbaan net een debietpunt gekry het, het vir haar ma gesê sy gaan nou inhaal en sien hoeveel debietpunte sy in dié twee weke kan kry. Haar nefie is ewe skielik net so onhebbelik stout. Ek voel jammer vir die juffrouens. Hoe het die pastoor nouweer gesê wanneer dinge rof gaan…. hou net aan asemhaal…. this too will pass. Sterkte!!!

        Like

        1. Dit is so. Oor twee dae is dit vakansie dan rus ons almal uit en begin weer met nuwe moed.

          Liked by 1 person

  6. Ek kan nie wag nie. Hierdie week se eier lê het ons almal aan die droom

    Like

    1. Nou praat jy. Dis n lekkerte om so te sit en droom.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: