Lê-Jou-Eier: Waarvoor is ek bang?


 

Is heilige vrees en bang wees dieselfde? Ek vra maar!

Oor die algemeen is ek nie regtig bang van aard nie. Bang om besluite te neem ja! Alles moet oordink, omgedraai en buite na binne omgekeer word in my gedagtes. Op die einde is my kanse verby en het ek steeds nie n besluit geneem nie. Tog as ek n besluit neem kan dit sommer so in die verby gaan ook wees.

Escalator, Metro, Stairs, Subway, Urban

Ek is bang vir roltrappe. Moenie my hand of arm wil vashou en ophelp nie! Nee, dit maak my sommer benoud dat ek nie kan opklim nie. Ek moet self aan die regterkant met my regter hand aan bewegende roltrap vashou. Ek vat ook nie vas voordat ek my linkervoet n paar keer gemik het om neer te sit nie. Eenmaal op, gaan dit klop-dissel-boom. Afklim is ook niks verkeerd mee nie.
Dan ook, moenie my hand vat om saam met my oor die straat te loop, tussen aankomende verkeer nie. Ek is bang iets kan gebeur en dan hou iemand my vas en kan ek nie vinnig genoeg wegbeweeg nie.
Perde, dis ook een van my vrese om naby n perd te wees.
Ek het al alles probeer om die vrees te oorkom maar dit wil nie help nie. Tot op n punt sal ek nader gaan, of die perd nader laat kom, maar dan bewe my broek behoorlik. Die perde geniet dit natuurlik vreeslik want hul voel my angs aan. Hul sal aspres nader na my toe kom.

Fireman, Fire, Axe, Save, Helmet

Ek het n heilige vrees vir bomme, ontploffings en vegtende mense.
My bom-vrees het begin toe ek in Secunda gebly het. My man het by Sasol gewerk. Dit was die tyd van guerilla oorlog en ANC se ondergrondse bedrywighede. Die opblaas van n heining by Sasol en die veiligheids maatreëls het my n vrees vir ontploffings gegee. Die werkers is ook gebruik om die fabriek te beveilig. Mans is opgeneem in Kommandos om te help beskerm.
Terwyl ek by die Hoërskool skool gehou het, het ons n bomdreigement gekry. As onderwyser moes mens sorg dat kinders ordelik en vinnig ontruim. Daar was ook in elke klas spanne wat vensters moes toemaak en sorg dat almal daar is. Almal moes op rugbyveld in hul klasrye aantree en daar is op jou klaslys nagegaan of almal daar was. Onthou dit was nie jou register klas nie wat jy redelik goed geken het nie dit was die klas wat vir daardie periode by jou was. Daardie jaar was daar 1200 leerlinge in die skool. Almal se tasse moes in klasse bly om deursoek te word.
Die bomdeskundiges het gekom. Daar was n angstige stilte onder ons almal. Die hele skool is deursoek. Gelukkig was daar niks nie. So tussen hakies, die matriekseuns het ingangshekke bewaak. Ons het selfs gewere in die kluis gehad. Gladnie lekker nie.
Ek het ook ondervinding gehad om in Griekeland gestrand te wees met lughawe wat gesluit was. Alle mans tot 48 was opgeroep. Militere vliegtuie het oor ons koppe gevlieg op pad grens toe. Baie benoude omstandighede.

Cat, Animal, Injured, Hurt, Fighting

Die laaste is mense wat baklei. Ek het skoolgehou by n privaatskool met jaar een tot twaalf. Die eerste paar jaar het ek jaar sewe tot tien gehad. Disdie tydperk van opstandige tieners. Hul kan sommer in die klas gewelddadig raak. Dit help nie juis om te probeer stop nie. Ek het eenkeer self n goeie klap gekry toe ek n meisie wou wegtrek van n seun af.
Meisies wat baklei is baie lelik. Hul krap en byt en gryp mekaar aan die hare. Een middag het n meisie by my kom skuil. Die massas jillende kinders het ingekom en die aanvaller aangemoedig(dit was n ander meisie). Die ander meisie het n baksteen in haar hand gehad en wou die ander een daarmee doodslaan. Sy wou my ook sommer bykom. Gelukkig het van die seuns haar vasgegryp en die ander een kon weghardloop. Uit die hek, straat af met almal agterna. Die Polisie het darem die een boosaardige meisie gevang. So n geveg maak my bang want dit is uiters gevaarlik.
Ek moet darem bysê, die kinders het n heilige vrees vir die hoof gehad. Mens het gehoor as daar n gedoente in n klas aan die gang was. Die hoof hoef net om die hoek te kom dan hou hul dadelik op.(Ook nie altyd nie want die hoof kon hul saggies bekruip)

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

19 thoughts on “Lê-Jou-Eier: Waarvoor is ek bang?”

  1. Jy laat my dink dat ek bietjie oor my weermagdae moet blog. Hoofsaaklik oor die ligte kant maar die realiteit is dat ek ‘n jaar op die grens was en 3 maande teen insurgensie (in Umlazi in Natal). In ‘n Hyperama in Isipingo terwyl en ‘n Apple-donut vir 32c gekoop het het die persoon agter die bakkery-rak vir my gevra: how does it feel to kill somebody. Ek het haar in haar oë gekyk en haar die versekering gegee dat niemand in ons peleton al ooit iemand doodgemaak het nie. Ek kon sien dat sy my nie glo nie

    Like

    1. Sulke mense maak my sommer vies! Dis vir hul veiligheid ook gewees. My Voortrekker Kommandant doerdie tyd was n kappelaan op die grens gewees. Hy was my predikant ook gewees. Ek het ook later toe ek terug in Potties was n ou leer ken wat by koevoet betrokke was(as mens dit so kan stel) Baie interessante man maar ai, die klap wat hy weg het van daardie ondervinding het hom baie sinies gemaak. Met tye kon hy net nie help om nie so te wees nie. Ek haal my hoed af vir julle ouens. Julle moes net dit doen en klaar. Sonder julle verdediging sou SA lankal onder gegaan het.

      Like

  2. Vandag kan ek jou nie behoorlik antwoord nie….. wens net met my hele hart die wêreld met al wat mens is wil in die niet verdwyn. Just as if it has.never been.

    Like

    1. Alles is wat ek werklik ondervind het. Dit het mens party dae bang gemaak om skooltoe te gaan of om my my man bv by Sasol te gaan oplaai of aflaai. Was begin 1980. Die roltrap het te doen met my bril wat trivokaal is. Ek moet mooi fokus om die regte stap te neem. Ek besef ook dat ander mens wil help maar dit is wat my juis bang maak as ek nie self kan besluit nou of later nie.

      Liked by 1 person

  3. Sjoe, as ek darem dink aan ons “mak” skooljare is ek goddank bly dat ek nie meer kinders in die skool het nie. Ek het reeds tydens my kinders se skooljare al ondervind dat skoolkinders al hoe meer gewelddadig raak – ‘n klap of hare trek is een ding (dit het met ons ook gebeur), maar bakstene!

    Like

        1. Beslis, voorbeeld van die omgewing en gemeenskap waar hul groot word. Meestal maar familie wat gewelddadig is. Dis moeilik vir sulke kinders om te onderskei tussen n matige optrede en respek vir ander se gevoelens. Sodra daar in n groep een is wat wild is word die hele groep opgewerk en hul betrek die onskuldiges deur hul eerste aan te val.

          Liked by 2 people

            1. Dit is kultuur verskille ook. Ek het hele paar jaar in Hoërskool die “moeilike” seuns gehad. Ek het hul in my hart jammer gekry omdat hul nie van beter weet nie.
              Sommer iets interessants: Ek vertel my loseerder, wat n stoere NZ is en rugby mal is, dat die Springbokke op meriete gekies word. Nie op potensiaal en hoe daar gespeel word of te wel- die beste persoon vir die posisie. Sê toe van soveel % moet wit wees, soveel swart, soveel kleurling en dan nog agtergeblewenes ook. Weet jy wat sy antw was? Dis mos omgekeerde rassisme! Ha ha, toe sê ek “Juis” dis hy. Tog bly die vorige rassisme meer verkeerd as die huidige en hul(buitestaanders) verstaan dit nie so nie. Bly maar n tamaletjie.

              Liked by 1 person

              1. Ja, ek is bevrees rassisme neem toe aan beide kante. Jy kan ook niks meer bespreek, soos byvoorbeeld ons huidige waterkrisis, sonder dat die raskaart gespeel word nie. Kultuurverskille is ongetwyfeld een van die sleutelfaktore wat rassisme aanhits.

                Like

  4. This ‘bangheid’ echoes down the line … landmines were a daily trial when we lived in Mmabatho, then there was the coupe d’état in Bophuthatswana … those fire drills vs bomb drills are no longer a reality – fortunately.

    Like

    1. True, we as the teachers even had to go for shooting training using your own weapon. I hated those drills because the children usually did not think much of it and would be joking or not reacting to the evacuation commands. Bly dit is verby.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s