Lê-Jou-Eier: Wat is my superpower?


 

Super krag is n nuwe uitdrukking vir ons moderne tyd. Dis mense met ysterhande, vlieënde mense, mense wat robots is en wat nog alles!
My “super krag” lê in my geaardheid van fyn aanvoeling. Ek kyk eers die kat uit die boom voordat ek die regte kat uit die boom sal help.
n Paar voorbeelde:
Vroeër jare het ek en my ouers met Saanen melkbokke geboer.

White goats Stock Photography

My eerste twee ooie was twee wilde wragtigs. Vars uit die veld. Nooit gehanteer deur mense nie.
Ons het naby Pretoria gebly en my Pa het twee ooitjies vir my gekoop van n boer naby Britstown. Ons moes hulle self gaan oplaai. Dit was sommer n lekker uitstappie.
Die boer het die twee ooitjies die vorige dag voor ons aankoms in n skuur opgesluit. Toe ons hul moes oplaai was daar geen manier dat die twee hul wou laat vang nie. My “super krag” het ingeskop en ek het hul stadig en rustig benader. Met hul gesels en gepaai. Op die ou end het hul self na my toe gekom en kon ek hul een vir een vashou sodat hul opgetel kon word en in die bakkie gesit word. Die boer kon sy oë nie glo nie!

Rottweiler Stock Photos

https://www.dreamstime.com/

Die volgende was toe ek op soek was na n huis om te koop. Ek het saam met die verkoopsagent uit die moter geklim. Sy het gewaarsku dat ons nie agtertoe moet gaan want daar is twee honde. Sy het glo n afspraak met die eienaars gemaak voor die tyd. Hul was toe nie tuis nie.
Die agent het gesê ons kan maar net oor die heining tussen agterkant en voorkant kyk. Ons doen toe so. Ons beweeg toe na die anderkant van die huis.
Raai wat verskyn toe om die hoek? n Fris rotweiler. Hy maak geen geluid. Loop net en gaan staan by die voordeur. Toe breek al die hel los toe ons dit waag om verder te loop. Hond nommer twee storm blaffende om die hoek en die eerste een kom ook dreigend nader.
Die agent wat agter my gestaan het, het met spoed by die hek uitgehardloop en die hek toe gemaak. Ek het doodstil bly staan met my mandsak as beskerming voor my. Nes ek beweeg kom honde grommend nader. Stop ek stop hulle. Die agent bly roep:”Ineke, kom uit daar. Hardloop!” Aikona, my “super aanvoeling” het gesê:”Hol jy, gryp hul jou.”
Ek het duim vir duim, voetjie vir voetjie agteruit beweeg. Telkens die honde gekalmeer. Dit was n verligting toe ek buite die hek staan en die twee blaf vir ons agter die toe hek.
Na die tyd was ek dankbaar dat daar nie gate of klippe in die pad was waaroor ek kon struikel nie.Jy kan jou indink wat kon gebeur het.

20170519_075042
Dan in vandag se lewe, het ek te doen met vyfjarige kindertjies wat nie by die skool wil wees nie, laat staan nog vroegoggend voor skool en namiddag na skool.
Partymaal, veral in die begin help my super power nie. Ek moet dan die kleintjie vashou en kwaai met haar of hom praat om nie agter die ouers aan te hol nie.
My laaste een op die oomblik is n dogtertjie van vyf. Sy klou aan haar pa vas en wou gladnie na my toe kom nie.Ek sien sommer in haar oë hoe verskrik sy is. Om n lang storie kort te maak. My super krag het op ou end gewen. Ek het haar nou aan my kant. Sy hardloop selfs nou vanaf die hek na my toe. Waai nie eers vir haar pa nie!
Eerste wat sy doen as ons inkom gryp sy n iPad. Ek sit langs haar en help haar die regte letters kies om woorde te maak. Ek het natuurlik n stoute vinger wat gereeld die antwoord wil intik. Dan is dit: “Naughty finger!” en sy sal hom wegstoot en dophou dat ny nie weer stout is nie.
My Super krag lê beslis in: Moed, Blymoedigheid en Kalmte van Gees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


16 responses to “Lê-Jou-Eier: Wat is my superpower?”

  1. Abrie Joubert Avatar

    Het hierdie geniet Ineke jy is ‘n bok-whisperer! En ‘n kinder-whisperer. Jou inleidende opmerkings het my hieraan laat dink: Fil. 1: 9-11
    Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees n deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ai Abrie, jy laat my nederig voel met die aanhaling. Filipense is my geliefkooste boek in die Bybel. Ek verwaarloos my geloof vreeslik! Tog gee elke dag my nuwe krag en insig om voort te gaan. My liefde vir diere is beslis van n Hoër Krag. Die kinders weet ek nie so mooi nie.
      Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek is bly jy het my stukkie geniet.

      Liked by 1 person

  2. Olga Avatar

    Ek dink om enigsins met mense te werk, vereis superpowers/. Daarom werk ek maar eerder in die tuin. Of ek bryp wol en penne of ‘n pen en siedaar.
    Ek kry wat ek wil he. 😉

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek stem saam ek is ook nie n mense mens nie. Sal liewer soos jy n tuinwerkie of naaldwerkie doen as om met mense te moet sit en kuier. Raak maklik ongemaklik in geselskap.

      Like

  3. Spokie sny spoor Avatar

    Nee griet! Om met 5-jariges te werk het jy werklik superpower nodig. Sterkte met die kinders … klink of jy werklik oulik daarin is.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jong party dae is die power nie te super nie dan raak ek maar kort van draad as hul so steeks soos n donkie is. Een seuntjie was eendag so kwaad vir sy ma omdat sy hom gelos het dat hy geskop en gevloek het. Maar ingee wou hy nie totdat hy in trane uitgebars het en ek hom teen my vasgedruk het en getroos het. Daarna was dit alles reg. Hy het daagliks aan my geklou net vir daarde bietjie sekerheid! Na n jaar is hy die een om ander te vertel dis nie so erg nie! Hy is n liewe seuntjie, baie sagmoedig van aard, as hy egter opgewonde raak vloek hy soos n matroos!

      Like

  4. Kameel Avatar
    Kameel

    Kalmte van gees….. dis so lekker om tot die woorde te tik…. dit bring sommer ‘n rustigheid. Ek is werklik bly jy het in hierdie stadium van jou lewe nog iets wat soveel waarde tot ander se lewe toevoeg. Om nog van nut te voel doen wondere vir die gemoed.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis baie waar. Ek sien nou met die twee weke vakansie mis ek daardie roetine en geselskap van die kinders en ook die ouers. Ek het veral met die ouers wie se kinders eerste keer inkom n goeie verhouding. Ons kan lekker vergelyk en ons verwonder hoe vinnig die outjies groter en ouer word. Party verander soos handomkeer as hul eenmaal n ruk in die skool is.

      Liked by 1 person

  5. Toortsie Avatar

    Wat ‘n wonderlike een.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, nooit regtig besef dat dit n talent is wat spontaan kan kom.

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Dit is beslis ‘n superkrag waarvoor ek ook kan wens. My ongeduld laat my met baie min kalmte in die lewe. Ek is so bly jy geniet dit soveel om met die kleintjies te werk; dis lekker om nuttig te voel in ‘n werk wat jy geniet.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Toemaar as ek opgewerk is kan ek ook maar nie myself help om te kalmeer nie. Meestal na die tyd spyt ek het so opgetree. Ek kan ook maar kort van draad wees.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Ag jy beteken so baie vir daardie kindertjies – EN hulle ouers!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek waardeer amper die ouers se dankbaarheid meer as wat ek die kindertjies laat tuis voel. Hul is darem maar nog baie jonk om op vyf al te moet skoolgaan.

      Liked by 1 person

  8. iAMsafari Avatar

    Moed, blijmoedigheid en kalmte van geest, oh so true. Lovely story!!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thank you. It comes naturally when I’m calm. If not they feel the stress and stress themselves.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.