Lê-Jou-Eier: As Afrikaans sou uitsterf?


 

 

Vroeg oggend loop ek en dink en wonder waaroor ek moet skryf en hoe ek dit moet benader.

Dis n heerlike oggend. “Dis heerlike lente” kom in my gedagte op.  Ek loop n entjie en dink toe aan “Oom Bossie van die Bosveld.” Ek is mos maar eintlik n Bosveld meisie.
Ek gaan kyk toe ek tuis kom na n paar opnames van die twee liedjies. Daar is toe nie een opname waarvan ek rerig hou nie. Die soektog gaan toe voort en ek kom af op Ouma en Oupa sit op die stoep… Gladnie ideaal vir my skrywe nie! Robbie Wessels en sy trawante se platvloerse gebruik van woorde is ook nie mooi nie. Toe kom ek af op Min Shaw en Ge Korsten se “Heidelied.” Dit is oordrewe “opgesmuk” as ek dit so mag noem. Volgende is toe Koos Kombuis en daarna Koos du Plessis, oor wie ek mal is. Iemand skryf toe onderaan een liedjie in Engels dat Koos Dup die vermoë gehad het om die mooiste Afrikaans te gebruik. Dit kan net nie vertaal word nie want die betekenis gaan dan verlore. Dink maar aan “Kinders van die wind” en “Sprokie vir n stadskind.”
Na n ronddwaal op YouTube kom ek af op “Byeboerwa” van Karika Keusenkamp. Immer fris en pragtig. Sy sing met liefde en oorgawe in Afrikaans.

My Afrikaans. Ons Afrikaans.Afrikaans sal verander met al die vreemde woorde wat ingevoer word maar doodgaan sal dit beslis nie.
Net n bietjie agtergrond: My kleinkind moedertaal was Hollands. Ek het nog steeds sekere uitdrukkings wat eg Hollands is. My skooljare was alles in Afrikaans. Ek het op skool leer Afrikaans praat. Dit het my moedertaal geword en ek is lief vir die taal. Ander tale was maar vir my n nagmerrie(met tye nog steeds). Nou, op die ou end sit ek in n Engelssprekende land en hou Afrikaans steeds hoog. As ek by my kinders kuier praat ons Afrikaans. Vir my is dit baie makliker om Afrikaans te praat en te dink as in Engels. Ek wonder hoe klein Bea gaan reageer op twee tale.
Interessant genoeg hoor ek gereeld Afrikaans op straat of in winkels. By die skool, waar ek uithelp, is ook n paar Afrikaanse families. Hul praat almal Afrikaans met my. So, Afrikaans sal nie sommer verdwyn of uitsterf nie, glo my vry.

bosveld: Sunset landscape  Stock Photo

https://www.123rf.com/stock-photo/bosveld.html

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

18 thoughts on “Lê-Jou-Eier: As Afrikaans sou uitsterf?”

  1. Mooi geskryf Scrappy. Ek glo ook afrikaans sal bly. Hy sal verander, maar het al deur die jare vanaf sy ontstaan verander.
    Dis asof die afrikaanse mense as hulle oorsee verhuis des te meer hulle kultuur omhels en herontdek.

    Like

    1. Baie dankie. Dis waar wat jy sê dat as mens weg is van jou kultuur en taal daar meer waardering voor is. Ek het bv al met baie Afrikaners gepraat, sommer in die verbygaan in n winkel of op straat. Almal smag daarna om net Afrikaans te kan hoor en te gebruik. Hier is selfs n Afrikaanse winkel wat spesiaal Suid Afrikaanse spesiale kosse verkoop. Mieliemeel is bv een van hulle. Mens kry dit net nie hier nie.
      Hul maak ook boerewors en biltong so na mens se hart.

      Like

  2. My kleindogter word hier in Suid-Afrika groot en verstaan geen woord in Afrikaans nie. Dit beteken vir my net een ding – sy sal ook nooit die geskiedenis en die stories van die familie waarin haar pa grootgeword het verstaan nie. Ons sal dalk op vriendskaplike voet kan bly, maar sy sal nooit werklik verstaan hoe ons harte klop nie. Ek het tenminste die voordeel dat el haar taal verstaan en praat. Hoe blêrrie tragies is dit?

    Like

    1. Dit is rerig tragies! Dis vir my as volwassene hier baie moeilik om te verstaan en soms in te sien hoekom die Kiwis doen soos hul doen. Hoe moeilik gaan dit vir jou kleindogter wees om te verstaan hoe oupa en ouma voel en hoekom dinge so is nie. Ek sien selfs met my seun al dat sy siening van Suid Afrika heeltemaal verander het. Ook nogal tragies want hy het tog 26 jaar in SA gewoon en opgegroei.

      Liked by 1 person

        1. Nee dis beslis nie so eenvoudig nie. Die samelewing is daarop ingestel om “swakkeres” of minderes te wil vertrap. Ek dink die jonger geslag wat pgroei met die omstandighede aanvaar dit makliker omdat hul nie besef heo belangrik dit vir n kultuur of nasie is om voort te bestaan nie. Taal is veral een van die skakels wat mense aanmekaar bind. Die Kiwis kyk half neer op “vreemdelinge” hul voel bedreig omdat hul moet veg vir hul eie bestaan en kultuur. Geloof word hier bv baie afgebreek.

          Liked by 1 person

  3. Ek is ook gaande oor Koos du Plessis se liedjies. Ek glo die Afrikaanse musiekwereld in geheel sou vandag anders geklink het as hy nie so jonk heen is nie. Hierdie “bokkie met die rooi rokkie kom ons sokkie” liedjies wat vandag vir ons opgedis word maak my naar…

    Like

    1. Dit is waar. Daardie sokkie liedjies maak my ook sielsongelukkig en dan die bewegings wat so suggestief is maak my skoon ongemaklik. Die ding met die liedjies is ook dat hul so min as moontlik woorde gebruik. Die wat dit ondersteun weet meestal nie eers wat die woorde is nie. Dis net n geraas.

      Liked by 1 person

  4. Mooi geskryf scrapy. My Portugese dogter is so Afrikaans soos jy kan kry. Nog net by haar van Koos Kombuis gehoor…. nou sal ek moet gaan luister hoe en wat hy sing. Ons sal nie meer hier wees nie… maar ek sou graag oor so vyftig jaar wil hoor hoe Afrikaans dan klink.

    Like

    1. Dis beslis so, in ons leeftyd sal dit beslis nie doodloop nie. Koos Kombuis is nou nie die beste vir my nie. Ek onthou nou van Lucas Maree- hy is ook n goeie sanger gewees. Ek het hom eendag sien optree. Hom en Laurika Rauch. Beide het my werklik beindruk. Geniet jou week. Hope liefde daar vir jou.

      Liked by 1 person

  5. Js ek glo fit sl meer en meer: Aftikssns is deesdae n wereldtaal!. As al d Afrikaners oorsee nou net asb hulle kinders Afrikaans as huistaal sal gee, dan kan dit net goed gaan.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s