Lê-Jou-Eiers: Fluister liefdeswoordjies


Praying Mantis

Hot Lady en Stokkies het mekaar in die verbygaan raakgeloop.

Stokkies, op soek na sy droomvroutjie en Hot Lady na die beste vader vir haar nageslag. Die probleem met Hot Lady is dat sy ander motiewe ook het terwyl dit vir Stokkies net gaan oor die plesiertjie van die oomblik.
Die tweetjies mik-mik vir mekaar.
Hot Lady fluister sodat Stokkies nie mooi kan hoor nie:
“Kom, hou my teer vas met daardie stekelrige kloutjies. Fluister soet woordjies in my oor. Kom, kom skatlam sit hier neffens my sodat ek jou kan kielie en saggies streel.”
“Nee wat ou groot ogies jy maak my lus vir lekker lepel lê soetste warm poppie. Kom jy nader na my toe ou suikerbekkie. Toe, toe moenie so met jou voelertjies dartel nie!”
Stokkies kyk Hot Lady met leep oë aan terwyl Lady met wellus na ou Stokkies kyk.
Die tweetjies betas mekaar vir n oomblik. Voordat Stokkies oorgaan tot die daad is hy stewig vasgeklem in Hot Lady se kloue. Haar kake kwyl van die lekker kry. Oeps, weg is n stuk van Stokkies se uitpeulogie. Hy spring vinnig in en doen sy ding terwyl Hot Lady smul aan die lekker sappige happie.

Stokkies kry slegs n laaste lang uitgerekte:”S..u..g..” oor sy kakies. Hy sidder vir oulaas en weg is sy hele kop en bo-lyf.
Hot Lady behaaglik:” Dit was hemels Stokkies my skat.”

;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

22 thoughts on “Lê-Jou-Eiers: Fluister liefdeswoordjies”

  1. Nou toe scrapy daar het jy dit nou geskryf, en goed ook. Hopenlik is hierdie taak van Hester die laaste hygromanse wat ek lees.

    Like

                  1. My gedagtes is nooit “verkeerd” nie! Haha. Die ou mannetjies raak ook oud en kranklik en dan moet jy in elk geval maar liewer die loodgieter of elektrisiën bel.

                    Like

Leave a Reply to wegkruipertjie Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s