Hot Lady en Stokkies het mekaar in die verbygaan raakgeloop.
Stokkies, op soek na sy droomvroutjie en Hot Lady na die beste vader vir haar nageslag. Die probleem met Hot Lady is dat sy ander motiewe ook het terwyl dit vir Stokkies net gaan oor die plesiertjie van die oomblik.
Die tweetjies mik-mik vir mekaar.
Hot Lady fluister sodat Stokkies nie mooi kan hoor nie:
“Kom, hou my teer vas met daardie stekelrige kloutjies. Fluister soet woordjies in my oor. Kom, kom skatlam sit hier neffens my sodat ek jou kan kielie en saggies streel.”
“Nee wat ou groot ogies jy maak my lus vir lekker lepel lê soetste warm poppie. Kom jy nader na my toe ou suikerbekkie. Toe, toe moenie so met jou voelertjies dartel nie!”
Stokkies kyk Hot Lady met leep oë aan terwyl Lady met wellus na ou Stokkies kyk.
Die tweetjies betas mekaar vir n oomblik. Voordat Stokkies oorgaan tot die daad is hy stewig vasgeklem in Hot Lady se kloue. Haar kake kwyl van die lekker kry. Oeps, weg is n stuk van Stokkies se uitpeulogie. Hy spring vinnig in en doen sy ding terwyl Hot Lady smul aan die lekker sappige happie.
Stokkies kry slegs n laaste lang uitgerekte:”S..u..g..” oor sy kakies. Hy sidder vir oulaas en weg is sy hele kop en bo-lyf.
Hot Lady behaaglik:” Dit was hemels Stokkies my skat.”
;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;;
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Warm! Warmer as witwarm!
LikeLike
Sjoe ek moet sê ek sweet nou nog van al die uitdink!
LikeLike
NEEEE dis nie hemels nie, hierdie stories maak my jare ouer!
LikeLiked by 1 person
Ha ha, moenie alleen voel nie. Wonder hou jy sal voel as jy my jare bereik het! Is jy al oor die naughty fourties? Sorry, wil nie eintlik weet nie!
LikeLike
Haha, Ineke…oulik geskryf!
LikeLike
Dankie man, bly jy het dit geniet.
LikeLiked by 1 person
Nou toe scrapy daar het jy dit nou geskryf, en goed ook. Hopenlik is hierdie taak van Hester die laaste hygromanse wat ek lees.
LikeLike
Die sweet het my afgetap van al die dink om dit interessant te maak. Ek’s ook maar nie n hygroman volger nie. Geniet jou aand/dag more.
LikeLiked by 1 person
Watwou, jy is ń bobaas hygroman skrywer!
LikeLike
Ha ha, baie dankie, ek is maar preuts as dit by die sakies kom. Joune is darem reg in die kol. Lekker sappig en vurig.
LikeLiked by 1 person
Dapper, dapper Stokkies. Hy laat hom nie eens afskrik deur ‘n besering nie – hy doen sy ding!
LikeLike
Dit was ook meer geluk as wysheid. Sy reaksie was die laaste stuiptrekkings van n vurige romanse.
LikeLiked by 1 person
😄 Arme Stokkies, niemand het simpatie met hom nie.
LikeLike
Klomp Women libs! Geen gevoel vir manlikes nie.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ons hou van mans, ons trek net hulle siele ‘n bietjie uit.
LikeLike
Stem saam. Dis die jonger vrouens wat so graag op manne se koppe wil sit. Mens moet tog maar jou beperkings erken! Sonder hul kan mens nie klaarkom nie.
LikeLiked by 1 person
Ons kan, maar ons wil nie 😀
LikeLike
Nou praat jy! Na 25 jaar op my eie wens ek soms dat daar net n “mannetjie” is om die swaarder werkies te doen. Ek moet betaal vir hulp(moenie verkeerde gedagtes kry nie!)
LikeLiked by 1 person
My gedagtes is nooit “verkeerd” nie! Haha. Die ou mannetjies raak ook oud en kranklik en dan moet jy in elk geval maar liewer die loodgieter of elektrisiën bel.
LikeLike
Nou ja, so dit help ook nie veel om te wens nie.
LikeLiked by 1 person
Lekker warm vryery so in die middel van die nag
LikeLike
Ha ha, hul sal dit in daglig ook doen as die nood hoog loop!
LikeLiked by 1 person