Vriendskap is n vreugde en n opkikker in die lewe.
Vriendskap kan egter ook n pyn in die nek wees.
Hester vra dat ons oor die pyn in die nek vrinne moet skryf. Vriende wat jy nie rerig in jou lewe nodig het nie.
Ek is in die bevoorregte posisie om in n ander land te bly. Weg van al my liewe dierbare vriende. Groot hartseer! Hier gekom moes ek van vooraf weer vriendskappe opbou. Om dit te doen moes ek uitgaan in die lewe en kyk waar daar geleenthede is om mense te ontmoet.
Gelukkig is hier n “Woman’s center” wat baie doen om spesifiek vroue te help met hul verskillende behoeftes.
Ek het hul fotoplakboek(Scrapbooking) en kaartjiesmaak gedoen. Aangesien ek redelik handig is het die twee dames wat die klasse aangebied hul oor my ontferm. Beide het my vriendinne geword.
Die scrapbook dame het geld gehad en was gewoond om almal met haar kwistige uitnodigings oor te haal om na haar huis te kom en daar ook te sit en fotos te plak. Sy het my selfs kom haal omdat ek nie vervoer gehad het nie. Ek het oral saam met haar gegaan. Sy het baie vir my ook gekoop. Ek het haar later gehelp met haar klasse en ook haar huis opgepas terwyl sy oorsee was. Die probleem met haar was dat sy n galpil was as dit by raad kom met almal. Sy het my oordonder. Ek kon nie rerig iets op my eie doen nie. Sy het gedurig my reggehelp. Ons het kaartjies gemaak, scrapbook gedoen en ook kwilte gemaak. Sy het materiaal betaal en ek het dit aanmekaar gewerk. Alles op haar aandrang en manier. Sy het my geheel en al versmoor.
Ek is maar n stil volger. Sy het skoon my selfbeeld geknak met al haar opdringerigheid. My probleem is ook dat ek nie nee kan sê nie. Gelukkig het die vriendskap opgedroog nadat ek net nie meer met haar kontak gemaak het nie. Ook omdat ek nie kans gesien het vir haar manier nie. Sy het ook baie siek geword voordat ek haar afgesny het.Ek het haar steeds ondersteun. Baie veeleisend. Sy het verhuis en dit was ideale afsny punt.
Gelukkig is ek nou weer my eie self en kan ek weer my eie dinge doen en besluit. Sy het beslis baie vir my beteken in die begin. Sy het dit ook goed bedoel. Ons persoonlikhede het net nie op die einde saam gewerk.
Dan was daar die ander dame wat kaartjies gemaak het. Sy en die eerste vriendin het ook gereeld in mekaar se vaarwater gesit. Beide wou al my aandag hê. As ek by die een is het ek stil gebly as die ander een ter sprake kom en andersom. My kaartjie vriendin was n sagte emosionele mens. Op die einde het die driehoek vriendskap dood geloop omdat ek volgens haar vriende met ander vrou was en sy kon dit nie aanvaar nie. Sy het my sommer in die openbaar afgesê as vriendin. Ek was skoon geskok op die manier waarop sy die vriendskap verbreek het. Ook maar goed so want dit was nie die beste tipe om as vriendin te hê nie.
Gelukkig het ek my nie heeltemaal laat vertrap nie. Nadat die twee “vriendinne” uit my lewe is het ek weer normaal my lewe voort gesit. Ek het in die tussentyd vriende gemaak met wonderlike mense.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Oef! Sulke oorheersende mense gee my die wilde weghol!
LikeLike
Maak my op einde geestelik siek. Depressie tree sommer vinnig in.
LikeLiked by 1 person
Jammer jy moes eers dié stelle aftrap voordat jy goeie vriende gemaak het. Dink partykeer aan jou wat na nuwe land toe is en van vooraf alles nuut moes leer ken. Kon nie maklik gewees het nie.
LikeLike
Dit was n goeie leerskool en het my baie wyser gemaak. As ek terug dink het ek baie storm en drang beleef wat my dankbaar maak dat my geloof sterk bly staan het om die aanslae te oorkom.
LikeLiked by 1 person
Jy is baie beter af sonder sulke vriende!
LikeLike
Mens besef dit eers werklik as alles verby en oor is. Geestelik was dit beslis n knou gewees.
LikeLiked by 1 person
Mens het dit nie nodig nie…dan liewer geen vriende nie!
LikeLike
In n mate waar maar tog het mens wel mense nodig om te oorleef.
LikeLiked by 1 person
Ai, ons ou mensdom wat mekaar so maklik misbruik. Dis goed dat jy weg is van daardie vriendskap.
LikeLike
Mens loop tog maar altyd sulke ouens raak. Hulle sien mens ook aankom as maklike prooi sonder dat hul dit ook maar besef. Dit was n goeie leerskool om nie sommer almal op jou kop te laat sit nie.
LikeLiked by 2 people