Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde


 

Die hele week warsku die omroepers oor die radio dat die “Civil Defense” gaan toets of hul nuwe noodsein werk. Dis blykbaar gekoppel aan moderne telefone om te waarsku dat daar gevaar is, hetsy n aardbewing, tsuname, tornado of oorstroming.
Saterdagoggend half elf was dit sulke tyd; die toets sou plaasvind.
Ek loop met Trompie bo op die bult. Eers ontmoet ons twee groot honde wat buite op hul kussings lê. As ons elke oggend verby hulle loop blaf hul asof beserk agter die hek. Vanoggend het hul toe die kans om Trompie te ontmoet, terwyl hul buite die omheining is! Die eienaars roep hul terug maar hul luister natuurlik nie. Ek staan toe maar bankvas met Trompie en wag vir die aanval. Honde gryp nie mekaar sommer net nie. Die eerste een wat nie gestop het toe baas haar roep nie snuif aan Trompie. Die reun luister toe ook nie vir sy mense nie en storm ook nader. Nou was dit van kalm bly en rustig die saak benader. Beide honde se hare staan regop en die reun is nogal lus vir n hap. Trompie staan sy man. Sy ore soort van agtertoe en bene styf reg vir die terug aanval.(Asof hy n kans het teen die twee)In die tussen tyd kom die eienaar nader. Die vrou gryp die twee honde aan die halsbande net toe die reun n hap wou vat. “Vreeslik jammer!” maar hoe jammer sou hul gewees het as die twee Trompie rerig gegryp het. Daar sou nie veel van Trompie oorgebly het nie.

https://stories.barkpost.com/dogfighting-explained/
Nou terug na die noodsein. Ek loop toe aan en daar gaan die sirene af presies soos hul voorspel het. My selfoon is gelukkig nog n oue en het nie die app dat dit op hom werk nie. Die omgewing se luidsprekers en in huise waar fone is kon mens duidelik hoor dat dit werk.
Die sirene se geluid het my n beklemming in my bors gegee. Dit het my teruggevat na die tyd met die opstande: Sharpville en guerilla oorlog van ANC. Die aanval op Sasol II is nog helder in my gedagte. Ons het langs een van die sein torings gebly. As daar gevaar was het hy geloei en in rondte gedraai. Die mense kon ook oor die toring praat om te sê waar gevaar is en wat gedoen moes word.
Hier het ons nou weer n ander gevaar wat hanteer moet word. Die lewe is vol opwindinde belewenisse

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

8 thoughts on “Afrikaanse Tokkel: Noodsein honde”

  1. Julle deel van die wêreld loop ook onder natuurrampe deur, so dit is goed as almal paraat is, maar ek verstaan van die klein bietjie vrees wat in mens se binnekant kom lê.

    Like

        1. Ek sien hier op die nuus dat dit gladnie goed gaan nie. Daar is duisende toeriste ook wat nou planne moet maak om uit te gaan. Daar is so 156 NZ daar. Vir n klein eilandjie soos NZ is dit baie mense wat in nood sit. Dis hoofsaaklik studente wat daar vakansie hou.

          Like

  2. Hondegevegte is een ding waarvoor ek baie bang is, want as jy in die middel beland, byt hulle eerste die mense. Ons neem nie meer vir Genis strand toe vandat ons hier woon nie, juis omdat daar soveel honde sonder halsbande rondloop en Genis dink hy is ‘n Napoleon. Gelukkig is die tuin groot genoeg om in rond te hardloop.

    Like

    1. Trompie is ook maar hierdie macho man as menso kan sê. Hy verbeel hom almal sal onderdanig aan hom wees as hy so voel. Meestal is hy darem saggeaard en heel rustig as die nood druk. Die diere weet hoe om op te tree teenoor mekaar, dis die mense se opwinding en spanning wat honde aanvuur om aan te val.

      Liked by 1 person

        1. Kan my goed indink dat Genis koning kraai. Hier is n hondekind wat my nogal aan Genis laat dink. Die ou storm meestal vir Trompie en dan ignoreer Trompie hom. Dit maak die ou natuurlik heel ongelukkig maar nou ja, dis maar die hondelewe!

          Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s