Image result for Manscaping

Daar is niks so aantreklik soos n man wat netjies gekap is nie. Oudmodies? Dit bly vir my mooi as n man se hare en baard netjies gesny of geskeer is
Een jaar terwyl ek studeer het was daar n ou wat my droomman was. Hy het die Coca Cola vragmoter bestuur en aflewerings by kafeteria gedoen. Hy was altyd netjies geklee, maar wat my die meeste betower het was sy baard. Hy het donker hare gehad en sy baard was vol en altyd netjies kort bygehou. Tot vandag toe hou ek steeds van n vol baard wat netjies kort en versorg is.
Vandag het die manne ander idees. Vir my voel dit egter dat hul dit eerder doen, of nie doen nie, omdat die vrou in hul lewe dit so wil hê.
Vroeër het die manne hul neushare en oorhare self uitgetrek. Kophare is deur n bardier (haarkapper) geskeer en dan die baard het hy ook meestal self geskeer of laat skeer.
Nou gaan hul verder en die rughare moet verwyder word. Borshare moet minder wees voordat hul hul swembroeke aantrek. Hoekom? Om in te wees? Met wie?
Voel my soos tyd en geld mors om dit te laat doen.
Waar gaan die lewe heen? Mans wil soos vroue wees en vroue wil meer soos manne wees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


22 responses to “Lê-Jou-Eier: Manscaping”

  1. ekmyselff Avatar

    Netjies is die wagwoord vir ALLE hare!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hoe ek ook voel. Niks verkeerd om elke dag te was en skoon te wees nie.

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Mmmmmm leer ek weer iets nuuts van my eie Sus. Skielik wonder ek oor ander mans in jou lewe waarvan ek nooit geweet het oorlat ek te jonk was?

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee wat ek het maar net altyd drome gehad. Nooit eers n kêrel gehad nie! Niks om bekmmerd oor te wees nie. Jy en ousus het darem altyd n sleepsel gehad.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ook maar baie onsuksesvol uitgeloop

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Die lewe loop maar vreemde paaie en tog sou mens dit nie veel anders wou gehad het nie.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Dis waar en ek sou nooit hier gewees het as dit anders was nie. Ek is regtig op ‘n goeie plek in my lewe Ek kan ietsie vir ander beteken en ontmoet interessante mense

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Netso, toe jy skool gehou het het jy net een ding gesien en gedoen skool, skool, skool. Nou voel jy werklik mens en vry om te gaan en staan waar jy wil.

              Liked by 1 person

              1. rondomtaliedraai Avatar

                Ja en mens kan goed uitstel na more!

                Liked by 1 person

        2. ekmyselff Avatar

          Kom vertel bietjie…. mapstiek, dink nie ons het al ooit iets hieroor gelees nie. En daar opi landgoed?

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ek stem saam. My ou suster is maar suinig om inligting uit te gee. Mens weet nooit wat daar alles aangaan nie.

            Liked by 1 person

          2. rondomtaliedraai Avatar

            Ek is stil… 🙂

            Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Nee, nee, daardie laaste deel van jou laaste sin – waar dit by hare kom, wil ek darem regtig nie ‘n man wees nie. Ek sien myself nou met ‘n snor en ‘n baard en sulke lang, grys, krullerige borshare 😳

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, nou vertel jy my! Ek sal ook nie inpas nie. My yl haartjies wonder hoe dit sal lyk met n so n baardjie wat sulke klossie hare is op die wange? Gril ek nou vir myself. Dis maar die jonger geslag wat “dink” hul wil mans wees. Ek glo nie hul besef dat hul dan sal moet opskud om so te kan wees.

      Liked by 1 person

  4. Kameel Avatar
    Kameel

    So jou droomman was ‘n coca cola vragmotorbestuurder…. liewe scrapy so leer ek al meer en meer van jou. Dis maar goed smaak verskil anders het baie potte sonder deksels gebly 😊 Lang hare doen weer die ding vir my. Wanneer die klomp mansmense in my lewe op hulle mooiste begin lyk weet ek die knipper wag net om die draai.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daardie ou moes beslis n indruk op my jong gemoedjie gehad het sodat ek dit nog duidelik voor my kan sien. My man het n militêre short haircut gehad toe ek hom leer ken het. Ek het hom darem op die einde oortuig om sy hare nie so vreeslik kort te laat skeer nie. Ek hou ook van n mooi vasgebind poniestert en dan natuurlik die baard. My seun het meeste van die tyd n baard. As hy te lank word dan krul die hare in alle rigtings. Dan knip vroutjie maar met die sker of knipper ergste weg. Dan brom hy weer in sy baard oor hoe ongelyk dit is!Ek geniet die hare storie baie. Sy kop word poenskop geskeer omdat daar nie veel hare op sy breins groei nie is sy voorkant klaar kaal en hy is so grys soos n ou man! Grys haar manne is vir my pragtig. Ek beter ophou droom nou.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Dik grys hare op ‘n man is pragtig. Kyk scrapy mooi is nou eenmaal mooi…. en mooi hare op ‘n man of vrou se koppe kan gedigte oor geskryf word. 😊 Ek het twee donkerkop Eusau’s en twee ligtekop Jakob’s vir seuns. Die donkerkoppe wen wanneer dit by aantreklikheid kom.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          n Digte bos gesonde blink hare kan beslis lank wees. Blond of donker is vir my mooi. As jy dit so Jakob’s en Esau’s noem is dit oor die harigheid of die geaardheid ook? Ek wonder maar net. Ek het vanmiddag n lekker geselsie gehad met twee kinders. Hul het hul smake vir my gewys en ek moes eintlik sê wie vir my aantreklik is. My seun se keuse was n ligter man met sterk manlike gelaatstrekke terwyl skoondogter die donker meer wilde man uitdrukking verkies . Baie interessant.

          Like

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Die oudste seun is donker en harig (sy pa is ‘n Griek.) ‘n doelgerigte suksesvolle seun. Tweede een (die verlore seun) was blond met bruin oë. Het vroeg bles geword. Skeer nou sy kop kaal. Hy is saggeaard en ‘n terggees. Derde (my stiefseun) Donker hare, blou oë en baie harig. Droë sin vir humor, baie streng en direk. Ons kunskind het die pragtigste blonde krulhare gehad, (ook vroeg bles geword) groenbruin oë. Vrygewig, wispelturig (kry highs dat niemand kan byhou nie, en lows wat hom in sak en as laat sit) met ‘n warm ontvlambare humeur. Hulle is almal op hulle eie manier aantreklik. My eie keuse wanneer dit by mans kom is die Latynse look.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Genade maar jy het n goeie versameling van manne om jou. My keuse is meer Germaans. Ligte vel en hare wat ook maar donker kan wees. Die oë is my eerste liefde en dit moet blou wees. Groen oë gaan ook. Ek eht altyd vir my man gesê as hy so sag en liefdevol vir my kyk dat hy viooltjie blou-amper pers oë het. Die woede kyk was ys-blou. Ai nou mis ek die ou man sommer. Nou ja, dis water onder deur die brug. Bly steeds lief vir hom. Ek is bly jy geniet jou Griek. Hul is beslis spesiale mense.

              Liked by 1 person

  5. travel460 Avatar

    Ek is nie ń baard-ondersteuner nie, maar ek hou weer van ń ‘skyn’ baard… As Bert vir 3 dae nie geskeer het nie, en dit tog netjies hou. Dan wil ek hom opvreet.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daar sê jy die geheime woorde netjies byhou! My man wou nooit n baard dra nie. Sy baard was nie mooi vol nie, so ek het dit so aanvaar.

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.