n Stukkie uit my verlede.
Noudat ek besig is met my Memoirs kom ek op interessante dinge af. My volgende deel gaan oor my lewe op skool d w s van sewe jaar af tot my 22e jaar. Dit is dus eerste skooljaar tot en met my opleiding as Senior Primêre onderwyseres.
Frannie https://frandr.wordpress.com/ skryf oor haar sakkie met kaartjies wat sy in die kas gekry het. Dit was vervloë dae se kaartjies. Ek noem toe van my “Autograph” boekie waarin my oupa nog n stukkie geskryf het.
Ek wil dit graag met julle deel.

My enigste tante(Pa se suster) het n autograph boekie gekoop en dit namens my niggie aan my opgedra.
Die eerste blaaitjie het my Oupa(van moederskant wat enigste oupa nog was)in n bewerige handskrif n mooi stukkie geskryf.

Dit was vir my twaalfde verjaarsdag in 1958.
Die volgende blaaitjie het my Ma geskryf.

Daarna het my tante geskryf en toe my niggie.
Kleinsus het geskryf en
Ousus ook.
Ek is spyt my Pa het nie ook n stukkie geskryf nie. Daaraan kan ek niks verander nie.
My Skoolhoof in Laerskool het geskryf. Hy het die laaste twee laerskool jare vir my skool gehou.

In die Hoërskool het onderwysers in my boekie geskryf.
Ek was vir twee jaar in een skool wat toe op die einde opgedeel is en ek is na die nuwe skool. In standerd sewes(die laaste jaar in ou skool) het ek al die onderwysers iets laat skryf. My trots is dat Rudi Neitz, my Duitse onderwyser, n stukkie geskryf het. Hy was n bekende sanger.

Dan is daar my matriek jaar se onderwysers se handtekeninge. My Klasonderwyser wat Engels gegee het het ook geskryf.
Daarna het van my kamermaats op Kollege inskrywings gedoen.
My eerst hoof waarby ek skool gehou het is die laaste een wat iets geskryf het.
Heerlike herinneringe.