Lê-Jou-Eier: Nou word ons almal misdadigers
Wel, wel, Kameel het my opgekommandeer om te gaan help om haar skoonmaak taak te verrig. Sy noem iets van spinnekoppe en slange. Gelukkig het ek n manier met diere. Hopelik werk dit met slange ook.
Van sit en staan kom niks gedaan.Ek moet baie vinnig n plan maak om terug in Suid Afrika te kom. Gelukkig is my paspoort nog geldig. Sal my Suid Afrikaanse een gebruik om die visa te ontduik. As ek terugkom gebruik ek my NZ paspoort en alles loop perfek.
Gelukkig ken ek vir Elon Musk en hy het goedgunstiglik sy vuurpyl n draai laat maak sodat hy my gou in Suid Afrika kan afgooi.
Alles het perfek uitgewerk. Ek het veilig aangeland met Elon se Tesla sportmoter. Ek leen die moter net vir drie dae dan vlieg ek weer terug NZ toe.
Sjoe maar dit lyk maar verwaarloos en grillerig hier by die opstal.
Ek het gister telefonies gereël dat n drie-slaapkamer “parkhome” hier afgelaai word. Hul moes die hyskraan ook los sodat dit gebruik kan word vir ekstra hyswerk. Dit lyk perfek.
Die parkhome het drie slaapkamers, sit-eetkamer oopplan kombuis. Ook n badkamer met n kompostoilet. Daar is n yslike Hi-Fi met plate en tapes om n Babels lawaai te maak as almal hier is. KAMEEL sal maar die musiek kom maak.
Daar het ook n aflewering van skoonmaak materiaal opgedaag. Gogga gif, slang aantrek middel en dan ook die spookverjaagapparaat(drone wat my seun gebou het!).
Una se hoenderhok en hoenders lyk heel gelukkig. Hul kekkel en kraai heel plesierig.
Ek het die slangverjaer gestel en ek glo nie hul sal n probleem wees nie. Die spinnekoppe het ek n paar goeie spuitsels gif gegee. O genade, die gif het n klomp perdebye ontstel hier in die skoorsteen. Perdebytjie sal beslis baie vinnig moet oorkom om haar familie te vertel dat ons net bietjie spasie nodig het om te beweeg.
Bytjie sal ook moet help beplan aan die verdrywing van die spoke as daar gewerk word.
Ek gaan sommer Una https://travel4601.wordpress.com/ inlig dat sy in die tussentyd moet regmaak vir taak drie die GROOT plesier vir die aand.
Julle beter wikkel ouens. Ons het nie baie tyd om te mors nie.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Baie goed Ineke en jou Elon Musk insetsel is baie kreatief. ek is net bang dat jy wil teruggaan. Kan dit wees dat jy en Hester albei in Las Vegas ons geld opgebruik??
LikeLike
Nee, nee, ek gaan nie US toe nie. NZ het hul eie pyl opgestuur en hul gaan die volgende een stuur spesiaal om my te kom oplaai want ek kannie deur doeane gaan nie. Eks onwettig in die land!
LikeLike
Sal hom vir jou los. Sommer n paar lesse gee hoe om hom te gebruik. Baie handige ding.
LikeLike
Julle woel julle woel! Bly jy het die spinnekoppe verjaag.
LikeLiked by 1 person
Ja wat, hul het pote in die lug gelê vanoggend. Het sommer die res uitgeboender met die besem. Het jy jou veiligheidsspan al gereed om die plek te patroleer. Jy weet ek werk net volgens n rooster en vasgestekde tye.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy alles so mooi in plek gesit het. Jy het my taak heerlik vergemaklik.
LikeLike
Myne ook 😊 Lekker om ‘n vriendin te hê op wie se knoppie jy kan druk…. en as jy jou oë uitvee is sy hier. Wonder of sy my nie vir ‘n spin in daardie sportmotor kan vat voordat sy terugvlieg nie? Hester sal weer sê ek moet my gedagtes by die groot taak hou…. sy is ‘n regte pretbederwer. Van pret gepraat… wonder hoe gaan dinge in Vegas?
LikeLiked by 1 person
Natuurlik vat ek almal in a spin. Dis mos n geluidlose voertuig ons kan lekker op bure gaan spioeneer sonder dat hul ons gaan hoor! Daardie Vegas storie klink vir my bietjie verdag! So sommer op haarselwers.
LikeLiked by 1 person
Groot plesier ek dog toe hoekom nie gemaklik wees terwyl ons daar is nie. Jy kan n gasebo opsit waar ons lekker kan ontspan en lawaai. Parkhome het twee oopmaak deure in sitkamer.
LikeLike
Heng maar jy is vining, ek hoop die kompostoilet is skoon, gelukkig is ek nie bang om n “veltie” te vang nie… verder hoop ek daardie skoorsteun is skoon vir my moontlike taak, terwyl ek daar bo, met genoeg hoogte dans, sal ek ver kan sien as iemand vreemds dalk wil kom ondersoek instel.
LikeLiked by 2 people
Daardie toilette is so skoon en reukloos as wat jy maar kan kry. Moet nou net vir Perdebytjie kontak om haar familie met vakansie te stuur.
LikeLiked by 1 person
Ag nee, het jy n steek gekry? Verdomp en dit brand mos erg, want hulle hou aan steek… sy beter hulle vining uitsort. Lyk die water nog ok daar?
LikeLike
Sien nie n probleem met water nie. Die boorgat het nog bietjie water in en hopelik het ons skoorsteen nie te veel water onder die sementblad nie. Kon gelukkig die angel uittrek maar dis n vurige steek as die angel lank inbly en dan moet mens nog koes dat jy nie nog n steek kry nie.
LikeLike
Hy spook oral – Ekmyself en hy en Una konnek as ek reg lees
LikeLike
Ek sien nie vir Storieklong hier rond nie? Sou graag sy kommentare wou sien. Wie het kontak met hom?
LikeLike
Stem saam ou Klong moet wraggies sy eier ook kom lê. Ek is seker n man se oog sal ding heel makliker kan benader as ons ou klompie wat elkeen n -geit of twee het.
LikeLiked by 1 person
Mans het nie geite nie?
LikeLike
Tong in die kies! Dalk gryp hul die aas om te kom help. Kan jy die hyskraan werk?
LikeLiked by 1 person
Jy weet dis deesdae vrouens wat hyskrane en treine bestuur, nè? Dit kan nie te moeilik wees nie.
LikeLike
Ja beslis. En dit kannie so moeilik wees nie. Heen en weer en op en af.
LikeLiked by 1 person
Glad nie Hester glad nie
LikeLiked by 2 people
Mense, ek sit op die lughawe op pad Las Vegas toe en julle werk so vinnig dat ek nie kan byhou nie. Onthou, vir goeie beplanning is daar tyd nodig. Jy is ‘n doring Scrapy – Suid-Afrika toe met ‘n vuurpyl nogal. Werk jou seun vir die ghost-busters? Ek is seker Una sal ook haar lawaaimusiek en klanktoerusting bring (en o ja, die-rook masjiene). Ek sal hou van ‘n karaoke-aand ook, Una!
LikeLiked by 1 person
Umm – wat gaan jy nou weer daar maak? Die kitty loop sta’ wegdobbel??
LikeLiked by 3 people
Nooit! Ek dobbel mos nie meer vandat die casino-base my knieë die vorige keer met bofbalkolwe laat verniel het nie.
LikeLiked by 2 people
Ooo, so dis waar daai stywe knie vandaan kom, sjym man…
LikeLiked by 1 person
Nou weet jy!
LikeLiked by 1 person
Jaaa, maar nou het jy nog nie op my vraag geantwoord nie!
LikeLiked by 2 people
Ek gaan mos voornemende kopers van ons goudbuit daar ontmoet. Ek voel dat ons die goud so gou as moontlik landuit moet neem. Maar nou glo niemand my storie nie en Una stuur nou ‘n lyfwag saam om my en die kitty op te pas. Daar is ook nie meer iets soos vertroue in jou medemisdadiger nie.
LikeLiked by 1 person
Daai alibi het ek heeltemal misgelees, maar ek is bly Una het die gesonde verstand wat misdadigers nodig het.
LikeLiked by 2 people
haha
LikeLike
Ek stem saam, hoor ook nou eers van die doel van die besoek.
LikeLiked by 1 person
Daai doel is net ‘n rookskerm, dink ek…
LikeLike
Twee wat so n gevoelte het kan dalk iets beteken. Dalk is ons nie onder kalkoene uitgebroei nie! Ha ha, Hester gaan ons uitsny uit die ooreenkoms! Dan gaan ons betoog.
LikeLiked by 1 person
Wel ek is nie deel van die sindikaat nie, net ‘n belangstellende waarnemer. As ek julle was, sou ek meer doen as net betoog!
LikeLike
Ook maar bang nê! Ons sal by jou kom oornag as die nood druk. Niemand sal jou verdink nie ha ha.
LikeLiked by 1 person
My deur staan oop…en julle kan die karavaan op die erf kom parkeer – teen ‘n prys, natuurlik!
LikeLike
Baie dankie het geweet jy sal verstaan. Het jy baie spasie op jou erf? Die parkhome is GROOT en die vragmoter met hyskraan. Sal dalk maar met Tesla ouens help vervoer maar die ouens sal my dalk dophou omdat dit n ongeregistreerde moter is. Mmmm nou werk my brein alweer oortyd.
LikeLiked by 1 person
Die vragmotor met hyskraan gaan te opvallend wees, maar ons sal Laatlam (met goud, natuurlik) kan omkoop om die parkhome toe te laat.
LikeLike
Klink goed. Sal Hester en Abrie bietjie pols oor wat ons gaan doen. Ons kan natturlik n lekker Bon-fire maak met alles!
LikeLiked by 1 person
Aikona, g’n vure hierso nie, die lapa het ‘n grasdak! Julle sal daai bonfire by Toweropstal moet hou.
LikeLike
Dis wat ek bedoel het as dit is.
LikeLiked by 2 people
Ek het daardoe karaokeaand ‘n date 😕 Daar is nie ‘n manier dat ek voor julle bloggers sing nie!!!
LikeLiked by 1 person
Onthou net, as jy nie wil sing nie, moet jy die chicken dans doen. Vergeet van ander dates en bepaal jou aandag by ons Groot Taak.
LikeLiked by 1 person
Ouch, sorry…. hoe laat ek my gedagtes dwaal. Sal solank aan die chicken dans oefen in die “parkhome.” Dis ‘n grênd affêre…. maar watwou…. jy is oppad Vegas toe, en waar gaan jy grênder kry as dit?
LikeLiked by 1 person
Ja, maar ek gaan besigheid doen, sien? Ek hou my doel voor oë!
LikeLiked by 1 person
Jy wil nou net weer uitdraai! Kanselleer maar daardie date. Ons sal jou vasbind sodat jy nie kan ontsnap nie.
LikeLiked by 1 person
Ek was deur Hester aangesê om my gedagtes op die groot taak te hou 😕
LikeLiked by 1 person
Ja ja, daar sal n kansie vir n jolly ride wees. Sal drone moet gebruik om bure dop te hou ook.
LikeLiked by 1 person
Ek los drone vir jou, het per ongeluk jou versoek uitgevee! Sorry hoor.
LikeLiked by 1 person
Oho, ons lekker jol terwyl jy in Las Vegas is. Ons gaan nie vir jou wag nie. Ek weet nie of dit so n goeie ding is dat jy so vroeg al gaan krap daar nie. Moet tog net nie n leidraad daar los nie.
LikeLiked by 1 person
Nope, ek is nie van plan om weer tronk toe te gaan nie.
LikeLike
Mooi man. Lyk my jy het n groot skrik gevang toe jy opgesluit is na jy gevang was.
LikeLiked by 1 person
Sjuut! Moenie alles oorvertel nie.
LikeLike
Sal my woorde moet tel nou. Ek is juis onwettig hier so ek beter soetjies trap nou.
LikeLiked by 1 person
O ja, jy het mos skelm die land ingesluip! Haha
LikeLike
Alles het so vinnig ontwikkel met die vuurpyl storie dat ek nie eers daaraan gedink het om n visa te kry om terug NZ toe te kom. Hul sal maar n plan moet maak met die volgende lansering. Hoop nie dit gaan te lank vat nie.
LikeLiked by 1 person
Scrapy is al die b(l)oggers veronderstel om saam te bly in die parkhome of maak ons beurte?
Una – Let’s get the paartie started
LikeLike
Jong daar is ses beddens en dan slaapsakke ook vir ingeval ons skofte moet werk om alles af te handel. Ons wag nou net vir die party datum sodat ons kan laat waai.
LikeLiked by 1 person
Scrapy – was daar plek in die Elon Musk vervoer vir jou mooi kwilte – die parkhome sal darem mooi lyk met so paar…vra maar net. Bly om te hoor die hoenders is gelukkig, dit moet Kameel wees wat so oulik sorg. (Ek was bang Camille voer hulle popcorn…hehe)
LikeLike
Kan jy gedagtes lees lekkervurig? Hoe weet jy ek is so lief vir popcorn dat ek dit tot vir die hoenders sal voer 😀😀😀😀
LikeLike
Bwahahahaha! Dis sowaar toevallig. Groetnis. Ek gaan uit my eie besigheid afgedank word oor hierdie Blogland misdadigheid en pret.
LikeLiked by 1 person
Not to worry… een van die dae is jy skatryk!!!
LikeLike
In Japan en Blogland ja….
LikeLiked by 1 person
Ek het elke bed netjies oorgetrek en op elkeen n kwilt gesit. Het genoeg spasie gehad in die Tesla. Daar is ses beddens beskikbaar so ons kan mekaar nog aflos ook.
LikeLike
‘n Raakvatter soos gewoonlik!
LikeLike
Ja wat man, vat nie nonsies van tekkery en huisopsit nie! (I hate it!)
LikeLiked by 1 person
😀😀😀😀😀 Dis puik, dankie scrapy. Het geweet ek kan op jou staatmaak om dinge leefbaar te maak. ‘n Parkhome van alle dinge….. mooi man…. het omtrent kopgekrap hoe om daardie murasie leefbaar te maak. Jy is ‘n wenner. Camilla gaan ook sommer daardie job van musiekmaak vir ekmyself gee 😊
LikeLike
Ja wat, daar is in twee klein slaapkamers bubbel bedbunks en dan twee enkel beddens in hoof slaapkamer. Ek het almal lekker knus met kwilte opgemaak.
LikeLike