Misdaad? Taak 2 voltooi begin taak 3


Lê-Jou-Eier: Nou word ons almal misdadigers

Wel, wel, Kameel het my opgekommandeer om te gaan help om haar skoonmaak taak te verrig. Sy noem iets van spinnekoppe en slange. Gelukkig het ek n manier met diere. Hopelik werk dit met slange ook.
Van sit en staan kom niks gedaan.Ek moet baie vinnig n plan maak om terug in Suid Afrika te kom. Gelukkig is my paspoort nog geldig. Sal my Suid Afrikaanse een gebruik om die visa te ontduik. As ek terugkom gebruik ek my NZ paspoort en alles loop perfek.
Gelukkig ken ek vir Elon Musk en hy het goedgunstiglik sy vuurpyl n draai laat maak sodat hy my gou in Suid Afrika kan afgooi.

 

Alles het perfek uitgewerk. Ek het veilig aangeland met Elon se Tesla sportmoter. Ek leen die moter net vir drie dae dan vlieg ek weer terug NZ toe.

Sjoe maar dit lyk maar verwaarloos en grillerig hier by die opstal.
Ek het gister telefonies gereël dat n drie-slaapkamer “parkhome” hier afgelaai word. Hul moes die hyskraan ook los sodat dit gebruik kan word vir ekstra hyswerk. Dit lyk perfek.
Die parkhome het drie slaapkamers, sit-eetkamer oopplan kombuis. Ook n badkamer met n kompostoilet. Daar is n yslike Hi-Fi met plate en tapes om n Babels lawaai te maak as almal hier is.  KAMEEL sal maar die musiek kom maak.
Daar het ook n aflewering van skoonmaak materiaal opgedaag. Gogga gif, slang aantrek middel en dan ook die spookverjaagapparaat(drone wat my seun gebou het!).
Una se hoenderhok en hoenders lyk heel gelukkig. Hul kekkel en kraai heel plesierig.

Ek het die slangverjaer gestel en ek glo nie hul sal n probleem wees nie. Die spinnekoppe het ek n paar goeie spuitsels gif gegee. O genade, die gif het n klomp perdebye ontstel hier in die skoorsteen. Perdebytjie sal beslis baie vinnig moet oorkom om haar familie te vertel dat ons net bietjie spasie nodig het om te beweeg.
Bytjie sal ook moet help beplan aan die verdrywing van die spoke as daar gewerk word.
Ek gaan sommer Una  https://travel4601.wordpress.com/ inlig dat sy in die tussentyd moet regmaak vir taak drie die GROOT plesier vir die aand.

Julle beter wikkel ouens. Ons het nie baie tyd om te mors nie.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

68 thoughts on “Misdaad? Taak 2 voltooi begin taak 3”

    1. Myne ook 😊 Lekker om ‘n vriendin te hê op wie se knoppie jy kan druk…. en as jy jou oë uitvee is sy hier. Wonder of sy my nie vir ‘n spin in daardie sportmotor kan vat voordat sy terugvlieg nie? Hester sal weer sê ek moet my gedagtes by die groot taak hou…. sy is ‘n regte pretbederwer. Van pret gepraat… wonder hoe gaan dinge in Vegas?

      Liked by 1 person

  1. Heng maar jy is vining, ek hoop die kompostoilet is skoon, gelukkig is ek nie bang om n “veltie” te vang nie… verder hoop ek daardie skoorsteun is skoon vir my moontlike taak, terwyl ek daar bo, met genoeg hoogte dans, sal ek ver kan sien as iemand vreemds dalk wil kom ondersoek instel.

    Liked by 2 people

        1. Sien nie n probleem met water nie. Die boorgat het nog bietjie water in en hopelik het ons skoorsteen nie te veel water onder die sementblad nie. Kon gelukkig die angel uittrek maar dis n vurige steek as die angel lank inbly en dan moet mens nog koes dat jy nie nog n steek kry nie.

          Like

  2. Mense, ek sit op die lughawe op pad Las Vegas toe en julle werk so vinnig dat ek nie kan byhou nie. Onthou, vir goeie beplanning is daar tyd nodig. Jy is ‘n doring Scrapy – Suid-Afrika toe met ‘n vuurpyl nogal. Werk jou seun vir die ghost-busters? Ek is seker Una sal ook haar lawaaimusiek en klanktoerusting bring (en o ja, die-rook masjiene). Ek sal hou van ‘n karaoke-aand ook, Una!

    Liked by 1 person

              1. Ek gaan mos voornemende kopers van ons goudbuit daar ontmoet. Ek voel dat ons die goud so gou as moontlik landuit moet neem. Maar nou glo niemand my storie nie en Una stuur nou ‘n lyfwag saam om my en die kitty op te pas. Daar is ook nie meer iets soos vertroue in jou medemisdadiger nie.

                Liked by 1 person

                    1. Baie dankie het geweet jy sal verstaan. Het jy baie spasie op jou erf? Die parkhome is GROOT en die vragmoter met hyskraan. Sal dalk maar met Tesla ouens help vervoer maar die ouens sal my dalk dophou omdat dit n ongeregistreerde moter is. Mmmm nou werk my brein alweer oortyd.

                      Liked by 1 person

        1. Ouch, sorry…. hoe laat ek my gedagtes dwaal. Sal solank aan die chicken dans oefen in die “parkhome.” Dis ‘n grênd affêre…. maar watwou…. jy is oppad Vegas toe, en waar gaan jy grênder kry as dit?

          Liked by 1 person

  3. Scrapy – was daar plek in die Elon Musk vervoer vir jou mooi kwilte – die parkhome sal darem mooi lyk met so paar…vra maar net. Bly om te hoor die hoenders is gelukkig, dit moet Kameel wees wat so oulik sorg. (Ek was bang Camille voer hulle popcorn…hehe)

    Like

    1. Kan jy gedagtes lees lekkervurig? Hoe weet jy ek is so lief vir popcorn dat ek dit tot vir die hoenders sal voer 😀😀😀😀

      Like

  4. 😀😀😀😀😀 Dis puik, dankie scrapy. Het geweet ek kan op jou staatmaak om dinge leefbaar te maak. ‘n Parkhome van alle dinge….. mooi man…. het omtrent kopgekrap hoe om daardie murasie leefbaar te maak. Jy is ‘n wenner. Camilla gaan ook sommer daardie job van musiekmaak vir ekmyself gee 😊

    Like

Leave a Reply to Toortsie Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s