Le-jou-eier: Misdaad? Spoke?


(My rekenaar voel aan dat ek n spookstorie wil plaas. Hy wil nie op my getikkery reageer nie!)

Ekstra inligting net om almal lekker aan te moedig om saam te werk!

Hierdie historiese berekening deur ‘n historikus word bevestig onafhanklik deur Lord Alfred Milner wat bevestig dat 1 294 000 Britse Pond tussen 29 Mei en 4 Junie 1900 uit die Mint en Nasionale (de facto Reserwe) Bank asook 2 500 000 Britse Pond vanaf die Myne verwyder is en dat bewys kan word dat minstens 800 000 Britse Pond se Goud voorraad nie bereken kan word nie en vermis word.https://af.wikipedia.org/wiki/Kruger-miljoene

Image result for ghost pictures cartoon

Wees gewaarsku:
Die volgende skrywe is nie vir mense met swak harte en allerhande vrese nie.

Ek gaan gou n bietjie terugblaai na die begin van ons avontuur daar op die plaas Toweropstal.
Kameel het my opgekommandeer om te help om die bouvalle skoon te maak en ongewenste insekte en gediertes te verwyder, wat ek gedoen het.
Toe ek aanland met my Musk-vuurpyl en Tesla moter het ek dadelik gaan kyk na die opstal. Ek stap oor die drempel van die huis die dag. My nekhare begin rys. So n rilling loop langs my ruggraat af.
Ek stop net daar waag dit nie om n stap verder in te gaan nie.
Nou moet julle weet: ek is in regstreekse kontak met Siener van Rensburg in my werklike lewe. Hy kontak my nogal gereeld met visioene. Dis toe net daar waar Siener my waarsku om eers terug te staan en te mediteer en ook om hulp te kry. Gelukkig ken ek redelike sterk gedagtegange om my in a trans te laat gaan sodat ek kan uitsorteer wat aangaan.
Toe ek nou mooi diep in my trans is – julle sal nie raai wie daag toe op nie! Einste oupa -Groot Piet Joubert met Paul Kruger aan sy sy.( Ek was mos getroud met n Kruger en hy het my n paar goeie Kruger aanwysings gegee)
Ek skrik my oor n mik. Die twee ou ooms sweef hier voor my. Hulle kuier te lekker. Elk met n pyp en koppie koffie. Die volgende gesprek het plaasgevind.
“Ai Paul, jy weet daar is ook nie rus vir n ou mens se siel nie. Hier is n klomp vreemde mense besig om te grawe.”
“Ja, my vriend! Ek is bly jy het in jou dagboek aangeteken waar ons die buit gebêre het. Hierdie mense het ongelukkig die verkeerde tonnel gebruik en kom toe in MOsambiek uit terwyl die die kissie hoog en droog gebêre is net voor jy die water kry.”
“Paul, hul sal maar moet lees om die regte tonnel te kry. Hul is gelukkig warm op die spoor.”
Die twee ou ooms besluit toe om n bietjie hier te vertoef om die bedrywighede dop te hou en ook sommer n bietjie te spook as dit te lawaaierig is.
Skielik is daar n harde slag en ek skrik dat ek so wip. Dis toe Kameel wat kom kyk hoekom ek so sit en droom. Ek vertel haar toe die storie. Sy val toe flou en ek moes haar eers lawe.
So liewe vriende en mede misdadigers julle moet soetjies loop. Die twee ou ooms hou julle dop.

Image result for Old diary photos

Nou eers die leisels oor aan Hester sodat sy kan reël om volgende stap aan te pak.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:


http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


40 responses to “Le-jou-eier: Misdaad? Spoke?”

  1. rondomtaliedraai Avatar

    Aitsa hier tower jy sommer die twee ooms uit.
    Ek het lekker gelag ook vir die kommentaar.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit gaan nie hier oor wat jy ken nie maar wie jy ken.

      Liked by 1 person

  2. lekkervurig Avatar

    Vermoed…Abrie? Freudiaanse glips. 😉

    Like

  3. Abrie Joubert Avatar

    Ai ek is moeg saam met Hester (nee Hester nie skimp om saam met jou te kom nie – jy het mos vir los Carl ag ek bedoel Carlos)

    Liked by 2 people

    1. Abrie Joubert Avatar

      Terloops as dit nie vir my en Storieklong was wat die pre-demokrasie goud by die Reserwebank gaan aflaai het nie, sou BTW tot 16% gestyg het en persoonlike belasting baie meer gestyg het en ‘n rand levy op petrol en sou alkohol geweldig versondig geword het tot onbekostigbaar. Daar sou na alle waarskynlikheid ‘n rewolusie uitgebreek het.
      Ons almal het gehelp om dit te vermoed

      Liked by 2 people

      1. HesterLeyNel Avatar

        Haha, dan was ons darem suksesvol op een gebied.

        Liked by 1 person

  4. lekkervurig Avatar

    Nou ja, ek het heeltemal min gepaartie – ek hoop hierdie laaste makietie is lekker en ons ontmoet die spoke. Tot later

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit gaan n reuse party wees met n bonfire!

      Like

  5. perdebytjie Avatar

    Daai twee pofadders wat ek saam met die bye verwyder het, was dalk al die tyd die twee oompies in reïnkarnasie!

    Liked by 1 person

    1. HesterLeyNel Avatar

      Whaha – sulke twee slange!

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ja, dis manne wat so skelm is.

        Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nee, nee, dit kannie wees nie dit moet dalk ou lord Milner wees en sy lyvwag wat so glibberig was en n oog gehou het oor die moontlike goud.

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Siener van Rensburg en Paul Kruger! Jy verkeer in hogere geselskap. So, dis wat gebeur het met die huisskoonmakery?
    Nou ja, nou weet ons almal waaroor die spookstorie gaan wat die misdadigers so op hol gehad het. Die twee ou omies moet maar lekker pyprook en gesels daar onder in die kelder – ek sal my standerd ses kerkhoed met ‘n mes en vurk opvreet as die krugermiljoene ooit opgespoor word.

    Like

    1. HesterLeyNel Avatar

      Wat my aanbetref is hierdie Toweropstal-sage verby. My volgende stap is om Carlos terug te vat Las Vegas toe en Una se nefie te gaan kry. Hy sê vir my hy het ‘n fortuin gewen by die blackjacktafels vandat ek daar weg is. Baai for now.

      Liked by 2 people

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Ooo jou ou skelm so jy het selfs ou Carlos onder jou invloed om jou te help rondrits. Praat nie eers van Una se nefie nie!

        Liked by 2 people

        1. HesterLeyNel Avatar

          Die een is aan my vasgeboei, die ander een se paspoort is in my handsak

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ai toggie wat jy ook nie alles moet meemaak a g v die hele rooftog nie. Volgende week sal dit beter gaan as almal terug is in hul eie huise. Daar kan hul dan verder broei oor die omstandighede waarin hul was.

            Liked by 1 person

            1. HesterLeyNel Avatar

              Ja, maar intussen kan ons nog een laaste paartie hou!!!!

              Liked by 1 person

      2. travel460 Avatar

        Hester, daai is familie van die oorkant van Brakpan se treinspoor af, hoor. Los hom net daar in Las Vegas, maar jy mag maar ñ ou neseiertjie saam terugbring…

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Haha Una – ek hoop nie jou familie lees jou blogs nie.

          Liked by 1 person

          1. travel460 Avatar

            Lees is nie hulle ‘ding’ nie, Hester.

            Liked by 1 person

            1. HesterLeyNel Avatar

              Ook maar goed!

              Liked by 1 person

              1. travel460 Avatar

                Jy darem bietjie uitgerus?

                Liked by 1 person

                1. HesterLeyNel Avatar

                  Ek probeer inhaal op agterstallige werk, wil die boek klaarmaak hierdie naweek en is besig om voor te berei vir die engelse A to Z blogchallenge vir Maart 😄 maar kyk uit vir my bloginskrywing vroeg môre-oggend.

                  Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jy’s ook maar ongelowig hoor! Ek voel so aan my broek se naat dat daar n moontlikheid kan wees.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ons sal maar ‘n volgende boek daaroor skryf! Indien daar wel iets uitkom.

        Like

    3. lekkervurig Avatar

      Nee Hester – Abrie het ons mislei met die Kruger miljoene saga. Dis Ingelse ponde, en Abrie hulle het ander buit van die 80’s se korruptes mos nou via die Mosambiek tonnel verwyder, en arme Wegkruiper het daar in amnesie verval.

      Hier is regte goud – kom ons gaan haal dit soadat jy dit aan Carlos se mense kan verkoop. Sê nou net hulle breek jou knieë en trek Carlos se tande oor julle leeghand daar aankom. Money matters before love can change a thing…hehe. Maak jou storie mooi klaar, of tik word vervolg. Ons het mekaar dan tot 28 Februarie kans gegee….hoekom nou net in die lug stop?

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        ‘n Skilder moet weet wanneer sy skildery klaar is en ons gaan nou eers ‘n blaaskansie vat. Hester gaan ‘n blaaskansie vat. Daar sal ‘n opvolg wees – promise.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ons verstaan. Dit was baie lekker om so n bietjie roekeloos te wees.

          Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Ahaaa! Gelukkig is bloggers ywerige lesers. Gryp daai ou boeke, Towerinne!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hul moet net onthou om die regte tonnel te gebruik anders kry hul nie die spesiale dagboek nie.

      Liked by 1 person

  8. Kameel Avatar
    Kameel

    En toe besluit ons om vir die ander te sê die spoke is weg want jy het hierdie masjientjie wat spoke verdryf. Ek het jou baie kwalik geneem dat jy kort-kort NZ toe is op ‘n kamtige huisskoonmakery aan daardie kant.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sug, dis moeilik om n dubbele lewe te lei. Jammer ek het jou so laat skrik.Het dit nie so bedoel nie. My pratery met die twee ou siele het my onkant gevang. Was skoon half die kluts kwyt vir n tydjie.

      Liked by 1 person

  9. Toortsie Avatar

    Genade! My swak hart!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Jammer Toorts ek wou dit nie vroeër bekend maak nie want dan sou die klomp blog-boewe dalk verdwyn het van die toneel.

      Liked by 1 person

  10. lekkervurig Avatar

    Ingelse ponde né.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, nou kan die avonturiers verder soek na ponde ook.

      Like

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.