(jammer vir “and” ons werk nog daaraan)
Om gedigte te skryf is iets wat almal kan doen, daar is nie n regte of verkeerde manier nie.
Poësie is slegs jou eie gedagtes op papier, dit kan mos nie verkeerd wees nie, kan dit?
Gedigte skryf kan diepgewortelde emosies uitbring in woorde omdat dit konstruktiewe betekenis aan jou gevoel kan gee. Gedigte kan pret wees, dink maar aan al die bekende rympies wat in omloop is.
Die volgende twee bloggers span saam om te kyk wat hierdie uitdaging kan bring.
Amanda van
https://forestwoodfolkart.wordpress.com/egalitarian-environmentalist-something-to-ponder-about/
En ek(Ineke) daag bietjie die WordPress wêreld uit om te kyk hoeveel aspirant digters daar is.
Ons nooi julle uit om saam te speel.
Amanda en Ineke as gasvroue!
HOEKOM
Amanda het in haar blog mooi verduidelik hoekom sy n behoefte het om gedigte te skryf. Lees wat sy sê
https://forestwoodfolkart.wordpress.com/2018/02/21/upcoming-poetry-challenge-for-beginner-poets/
Ek weer het nog nooit probeer om te dig nie. Dis vir my n geheel nuwe wêreld. As jy soos ek is laat jy nie n uitdaging sommer verby gaan nie.
Wanneer begin die uitdaging?
Eerste een sal komende week wees. Eerste Donderdag van die maand.
Hoe werk die uitdaging?
Die uitdaging is oop vir almal. Veral beginners is baie welkom. Ons gaan vir ses maande nl Maart tot Augustus 2018, eenmaal per maand n uitdaging hê.
Amanda en ek gaan elke maand n onderwerp, tema, foto of sommer iets gee om jou gedagtes te prikkel. Jy mag die voorbeelde gebruik of sommer jou eie idee gebruik as jy so voel.
Ons gaan ook webwerwe of ekstra inligting plaas om te help met ons kunswerke.
Logo.
Amanda het die volgende logo ontwerp en jy mag hom beslis by jou blogpos of jou sykantspasie plak om te wys jy neem deel.
Deelname aan uitdaging.
Ons begin in Maart 2018
Jy is nie gebind om al ses maande deel te neem nie.Dis vrywillig.
. Skryf jou gedig in n pos
. en plak jou skakel na jou blog in my kommentaar spasie.
. Ek gaan elke opvolgende maand die skakels opsom by die nuwe maand se uitdaging.
. Tag jou pos met A en I Poësie Uitdaging.
. Dis belangrik om jou skakel na jou pos te gee sodat ander lesers kan gaan kyk wat jy geskryf het.
Twee plekke waar jy dalk n bietjie kan gaan nalees om jou te help.
- https://www.rhymezone.com/
A language arts reference tool and comprehensive search engine for words. Includes the functions of a rhyming dictionary, thesaurus, and spelling checker, as well as …
As jy enige vrae het, vra maar en ek is seker daar sal iewers n antwoord vir wees.
Eerste uitdaging is komende week 1 Maart 2018.