PicsArt_02-18-06.07.44

 

Waaroor gaan die uitdaging?

Die Poësie of gedigte uitdaging is oop vir almal, van beginners tot gevorderde skrywers. Dit strek oor ses maande van Maart tot Oktober 2018.

Elke maand sal ons( dis nou ek en Amanda)  vinnige en nuttige webwerwe bekendstel om te help met die uitdaging.

Jy kan in enige taal skryf.

Hier is die skakel na die Engelse deel indien jy nog meer wil weet.

Poetry Writing tips and Challenge #1

Wenke:

“. Die eerste stap in enige gedig is  om oor iets te skryf  wat jy voel of beleef te kies. Dis die maklikste om ‘n goeie gedig oor iets wat jy ken te  skryf. Dinge wat jy  eerstehands ervaar is makliker om oor te skryf.

Gedigte gaan oor jou unieke perspektief en insig as skrywer van die gedig. In  die begin,  hoef  jy nie te bekommer oor “styl,” of hoe “mooi” of ‘ “poëties” dit is nie. (Hierdie is my eie vertaling)

[Bron:http://www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-poem.html%5D

Jy kan enige soort gedig skryf en ook net  wat jy wil. As jy inspirasie nodig het kan jy van die volgende voorbeeld gebruik.

MAART SE UITDAGING:

Gryp  die naaste boek. Blaai na bladsy 29. Skryf 7 woorde neer wat jou oog vang. Gebruik 5 van die woorde in ‘n gedig.

 

Hier is my gedig:

GEVOEL

Aan tafel

agterdogtig, dan geskok,

Bewende hande klem saam.

Die onverdiende werklikheid.

 

Hande, oop en toe, oop en toe.

 

Die werklikheid tref soos n bom.

Die kanse vir versoening is min.

Tog, hoop oorwin.

 

Hande verslap en ontspan

Hoop kan oorwin.

Inligting vir deelname aan die Gedigte Uitdaging:

Deelname aan uitdaging.
Ons begin in Maart 2018
Jy is nie gebind om al ses maande deel te neem nie.Dis vrywillig.
. Skryf jou gedig in n pos
. en plak jou skakel na jou blog in my kommentaar spasie.
. Ek gaan elke opvolgende maand die skakels opsom by die nuwe maand se uitdaging.
. Tag jou pos met A en I Poësie Uitdaging as jy wil.
. Dis belangrik om jou skakel na jou pos te gee sodat ander lesers kan gaan kyk wat jy geskryf het.

Amanda en ek sal ekstra inligting oor poësie, skryfwenke en skakels pos, die eerste dag van  elke maand pos.

Skakel na Amanda se blog:

Poetry Writing tips and Challenge #1

Besoek gerus haar blog en lees waar Engelse bloggers oor dig.

Dit is dit!

Ag, en om pret te hê, skryf !!


20 responses to “A en I Poësie uitdaging: no 1 Maart”

  1. Bondelsgedagtes Avatar

    Hi daar. Hier is my gedig se wat jy gevra het se skakel. Ek is nie mooi seker wat ek nog moet doen nie??? Dankie dat jy my gevra het scrapydo2
    bondelsgedagtes.wordpress.com/2018/06/05/die-ondergaande-son/

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Het jou geantwoord. Bly jy pos hom.

      Like

  2. A & I Poësie uitdaging: Junie – I scrap 2 Avatar

    […] Vind die instruksies vir deelname  HIER […]

    Like

  3. restlessjo Avatar

    Have fun- write! That’s just what I love to do, Ineke. 🙂 🙂 Though not often poetry.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      A different thing to do for me too. If you don’t try it you will never know if you can do it or enjoy it.

      Liked by 3 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Aitsa, dis nou baie sprekend van hoe dit is. Dankie vir deelname en ook dat jy in engels geskryf het.

      Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar

    A, ek kan sien jy verstaan die digkuns. Dis baie mooi gedoen. Ek lees graag gedigte, maar rêrig, om dit te skryf is seker ‘n ander koppie tee.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      n Ander koppie tee beslis! Dis egter weer n nuwe uitdaging. My spasies tussenlyne het net nie reg uitgewerk nie. Was seker te moeg toe ek dit geplaas het.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Nee, dis nie jy wat jou lyne verkeerd gedoen het nie. Dis jou WordPress tema wat dit aan jou doen. Ek het myne reggetrek met CSS coding, maar as jy ‘n gratis WP tema gebruik, het jy nie daardie opsie nie.

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Aaa ek sien. Ek het vermoed dis die probleem want ek het hom n paar keer ge-edit en hy wou niks weet nie toe los ek dit maar en het al skoon vergeet daarvan. Dankie vir die verduideliking, ek leer ook maar so met tyd om alles te ontleed.

          Liked by 1 person

  5. amandacl Avatar

    Ek het die uitdaging opgeneem! Dit is geplaas by: https://wordpress.com/post/penpunt.wordpress.com/2391
    Groete

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Gladnie sleg nie. Ek kan net nie by jou pos uitkom nie.Jou URL werk nie.

      Liked by 1 person

    2. Forestwood Avatar

      Amanda – ( what a great name 😉 – I will look at your blog as I can’t get to your post via the url you posted!

      Like

  6. Forestwood Avatar

    A fantastic first poem, Ineke. It carries a lot of emotion and I think you have done a great job of guiding the reader from concerned and worried right through to hopeful. Can’t wait for next month!!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Thank you for your kind words. I felt inspired and it just came out.

      Liked by 1 person

      1. Forestwood Avatar

        There is a poet hiding within you!

        Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          I felt comfortable doing it.

          Like

          1. Forestwood Avatar

            That is good to hear!!

            Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.