Waaroor gaan die uitdaging?
Die Poësie of gedigte uitdaging is oop vir almal, van beginners tot gevorderde skrywers. Dit strek oor ses maande van Maart tot Oktober 2018.
Elke maand sal ons( dis nou ek en Amanda) vinnige en nuttige webwerwe bekendstel om te help met die uitdaging.
Jy kan in enige taal skryf.
Hier is die skakel na die Engelse deel indien jy nog meer wil weet.
https://forestwoodfolkart.wordpress.com/2018/03/01/poetry-tips-and-challenge-week-1/
Wenke:
“. Die eerste stap in enige gedig is om oor iets te skryf wat jy voel of beleef te kies. Dis die maklikste om ‘n goeie gedig oor iets wat jy ken te skryf. Dinge wat jy eerstehands ervaar is makliker om oor te skryf.
Gedigte gaan oor jou unieke perspektief en insig as skrywer van die gedig. In die begin, hoef jy nie te bekommer oor “styl,” of hoe “mooi” of ‘ “poëties” dit is nie. (Hierdie is my eie vertaling)
[Bron:http://www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-poem.html%5D
Jy kan enige soort gedig skryf en ook net wat jy wil. As jy inspirasie nodig het kan jy van die volgende voorbeeld gebruik.
MAART SE UITDAGING:
Gryp die naaste boek. Blaai na bladsy 29. Skryf 7 woorde neer wat jou oog vang. Gebruik 5 van die woorde in ‘n gedig.
Hier is my gedig:
GEVOEL
Aan tafel
agterdogtig, dan geskok,
Bewende hande klem saam.
Die onverdiende werklikheid.
Hande, oop en toe, oop en toe.
Die werklikheid tref soos n bom.
Die kanse vir versoening is min.
Tog, hoop oorwin.
Hande verslap en ontspan
Hoop kan oorwin.
Inligting vir deelname aan die Gedigte Uitdaging:
Deelname aan uitdaging.
Ons begin in Maart 2018
Jy is nie gebind om al ses maande deel te neem nie.Dis vrywillig.
. Skryf jou gedig in n pos
. en plak jou skakel na jou blog in my kommentaar spasie.
. Ek gaan elke opvolgende maand die skakels opsom by die nuwe maand se uitdaging.
. Tag jou pos met A en I Poësie Uitdaging as jy wil.
. Dis belangrik om jou skakel na jou pos te gee sodat ander lesers kan gaan kyk wat jy geskryf het.
Amanda en ek sal ekstra inligting oor poësie, skryfwenke en skakels pos, die eerste dag van elke maand pos.
Skakel na Amanda se blog:
https://forestwoodfolkart.wordpress.com/2018/03/01/poetry-tips-and-challenge-week-1/
Besoek gerus haar blog en lees waar Engelse bloggers oor dig.
Dit is dit!
Ag, en om pret te hê, skryf !!
Hi daar. Hier is my gedig se wat jy gevra het se skakel. Ek is nie mooi seker wat ek nog moet doen nie??? Dankie dat jy my gevra het scrapydo2
bondelsgedagtes.wordpress.com/2018/06/05/die-ondergaande-son/
LikeLike
Het jou geantwoord. Bly jy pos hom.
LikeLike
Have fun- write! That’s just what I love to do, Ineke. 🙂 🙂 Though not often poetry.
LikeLiked by 1 person
A different thing to do for me too. If you don’t try it you will never know if you can do it or enjoy it.
LikeLiked by 3 people
Hier is my bydrae Ineke. Ek gaan dit gou by Amanda ook aanmeld. https://www.hesterleynel.co.za/2018/03/09/aandipoetrychallenge-march-2018-this-day/
LikeLiked by 2 people
Aitsa, dis nou baie sprekend van hoe dit is. Dankie vir deelname en ook dat jy in engels geskryf het.
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
A, ek kan sien jy verstaan die digkuns. Dis baie mooi gedoen. Ek lees graag gedigte, maar rêrig, om dit te skryf is seker ‘n ander koppie tee.
LikeLiked by 1 person
n Ander koppie tee beslis! Dis egter weer n nuwe uitdaging. My spasies tussenlyne het net nie reg uitgewerk nie. Was seker te moeg toe ek dit geplaas het.
LikeLiked by 1 person
Nee, dis nie jy wat jou lyne verkeerd gedoen het nie. Dis jou WordPress tema wat dit aan jou doen. Ek het myne reggetrek met CSS coding, maar as jy ‘n gratis WP tema gebruik, het jy nie daardie opsie nie.
LikeLiked by 1 person
Aaa ek sien. Ek het vermoed dis die probleem want ek het hom n paar keer ge-edit en hy wou niks weet nie toe los ek dit maar en het al skoon vergeet daarvan. Dankie vir die verduideliking, ek leer ook maar so met tyd om alles te ontleed.
LikeLiked by 1 person
Ek het die uitdaging opgeneem! Dit is geplaas by: https://wordpress.com/post/penpunt.wordpress.com/2391
Groete
LikeLiked by 2 people
Gladnie sleg nie. Ek kan net nie by jou pos uitkom nie.Jou URL werk nie.
LikeLiked by 1 person
Amanda – ( what a great name 😉 – I will look at your blog as I can’t get to your post via the url you posted!
LikeLike
A fantastic first poem, Ineke. It carries a lot of emotion and I think you have done a great job of guiding the reader from concerned and worried right through to hopeful. Can’t wait for next month!!
LikeLiked by 1 person
Thank you for your kind words. I felt inspired and it just came out.
LikeLiked by 1 person
There is a poet hiding within you!
LikeLiked by 1 person
I felt comfortable doing it.
LikeLike
That is good to hear!!
LikeLiked by 1 person