As you all know I moved House on the 8th of March. There are still some things left in my old place that needs to be moved. Hopefully, this come week will be the last of it. This coming weekend is a long weekend starting Friday and back to school on Following Wednesday.
I sat on the steps cutting my toenails.
I looked up and saw this!
Looking back to the front there even was a rainbow!
31 responses to “New view from my doorstep”
Ek wens vir jou net die beste toe Scrapy. Vertel nogal vir almal ek het by jou gaan verby stap en jy bly sommer daar teen die groene koppies…. en jy hoor beeste en skape. Nou vir wat is daar alweer ‘n lawaai agter jou!!!! Pssst ook vir my man gesê so ‘n trekkery is nie kinderspeletjies nie…verstaan nie dat kinders nie inspring en tjoef tjaf alles help pak en wegry nie. Toe word ek vertel dis nie my besigheid nie.
LikeLiked by 1 person
Ha ha, ja jong, ek is mos nie soos party mense wat ek ken wat(ek is mos aangese om toilet skoon te maak by troue, en om sommer te help tafels skuif! Dis maar n teer puntjie) sommer n opdrag gee om dinge te doen en dan self niks doen nie. Gaan liewer dood dan om te vra! Gelukkig het Boeta darem gehelp uiteindelik. Nog steeds nie heeltemaal klaar nie. Hopelik kan ek my laaste laaste goed die naweek nog verwyder.
LikeLiked by 2 people
Lekker bly Ineke een van die dae kom al ons bloggers saam met jou dat bly 🙂
LikeLike
Ha ha, ek hou van die idee. Elkeen in n campervantjie! Ek gaan dit beslis geniet.
LikeLike
Ag jy moet elke oomblik geniet Sus
LikeLike
Ek gaan beslis. Dis klaar al heel anders so weg van my ou buurvrou!
LikeLiked by 1 person
Hoe lyk jou bure?
LikeLike
Nie sleg nie. Eenkant waar ou tannie Jenny gebly het is n jong paartjie met n groot hond en anderkant is n uitgebreide familie. Ook nog redelik jonk. Baie kinders n hondjie wat baie blaf en 4 katte wat hier in tuin kom poo. Heeltemaal n vriendelike en lekker klompie mense
LikeLiked by 1 person
Ag dis lekker Dalk kry jy naby ‘n lekker kuiervriendin
LikeLiked by 1 person
Ek het klaar een van my skryf tannies raakgeloop en sy bly so a blok en n half van my af. Daar is nog een van skryf dames wat ook hier verby loop so sy moet ook nie te ver bly nie.
LikeLiked by 2 people
Lekker En misakien moet jy die kaartjievriendin ook weer nader Julle was lekker vriende
LikeLiked by 1 person
Sy is n vreemde mens. (Manlik as jy verstaan wat ek bedoel)
LikeLiked by 2 people
Oepsie…
LikeLiked by 1 person
So ń nuwe plek is goed vir die siel. Mens los al hoe meer in die verlede, ek kyk al hoe verder vorentoe. Mag die skuif ook vir jou binnemens ń nuutheid bring.
LikeLike
Dis beslis goed vir die siel. Ek hoop ek hoef nie gou weer te trek nie. Hierdie was my derde keer dat ek heeltemaal verander het. Tog is daar ook maar n doel mee. As als weer n plekkie het gaan ek weer bietjie aan my scrapbooking en quilting gee asook my skryfwerk wat agter geraak het.
LikeLike
Ag lekker – mag jy nog vele reënboë in jou nuwe huis beleef.
LikeLike
Baie dankie, dis heerlike omgewing. Dis oper as waar ek was en het nie die industrieële lawaai wat ek bedags gehad het nie. Daar was of is steeds n kabinetmaker en n aluminium venster raam vervaardiger net agter my.
LikeLiked by 1 person
Sjoe – twee aanvullend raserige bedrywighede!
LikeLike
Ja en elkeen het ul eie kompressors om hul goed te doe. Selfs op Sondae vat hul kanse om te werk.
LikeLiked by 1 person
Mense steur hulle mos nie eintlik meer aan ‘n Sondag nie.
LikeLike
Hier kan hul boete kry as hul buite ure lawaai.
LikeLiked by 2 people
Ek het nie die opskrif van die foto raakgesien nie en lank gewonder hoekom jy net een skoen dra 😄😄😄 Toemaar, nie meer lank nie, dan is jy weer tuis en ingeburger.
LikeLike
Ha ha, Dit het vir my na n lekker foto gelyk en toe ek opkyk sien ek die lug. n Foto gee natuurlik nie werklike mooiheid nie.
LikeLiked by 1 person
Uiteindelik, Ineke! Nou kan jy ontspan en lekker bly.
LikeLike
Nog die uitpak dan begin die werklike lekker bly. Dis selfs makliker om by my skool uit te kom, of te wel die pad het minder ophoping van verkeer soggens en smiddags.
LikeLiked by 1 person
Neem jou tyd met die uitpakkery. Dit help om so een of twee bokse per dag te takel.
LikeLike
Ek dink ook so. Ek het my vreeslik opgewerk met die pakkery omdat ek nie meer die krag en vermoe om dinge te doen nie. Met tye het ek gevoel om te gaan sit en huil van moedeloosheid. Gelukkig is ergste nou verby. My seun het darem van die swaar bokse in kar gedra en weer uitgedra na die kamers. Ek is ook te fyngevoelig. Daar word gedurig gese: is Ma klaar gepak? Daar word nie gese: Ons kom help gou dan gaan dit vinniger nie. Sorry, nou kla ek sommer. Op end is dit die moeite werd.
LikeLiked by 1 person
Jy kan maar kla. Ek moes ‘n maand gelede stoksielalleen my skoonma se goed opruim en het partykeer net moedeloos gaan sit en huil.
LikeLike
Ai, dis nie lekker nie. Aan die anderkant as dit verby is bring dit ook weer rustigheid. Ek het lank myman se goed saamgetrek en gebere totdat ek hierheen moes kom. Alles toe weggedoen behalwe n paar klein goedjies oa sy geliefde paplepel, horlosie en jy weet daardie silwer mou “rekke” wat ouer ouens gedra het om hul moue op tetrek sodat dit nie onder baadjie uitsteek nie.
LikeLiked by 1 person
Ons hoop jy gaan baie gelukkig wees in jou nuwe blyplek, Ineke!
LikeLike
Ek gaan beslis die beste maak van die geleentheid wat ek gekry het om hier te kan bly.
LikeLiked by 1 person