17 responses to “Silent Sunday: New Zealand sky”

  1. Abrie Joubert Avatar

    Wow veral daardie eerste 2 fotos is pragtige.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis elke aand en oggend so mooi. Kannie ophou kyk en ook dankie se dat ek dit so kan sien en beleef.

      Like

  2. rondomtaliedraai Avatar

    Mooi! Hier is dit nog maar droog…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hier is dit ook droog. Die wolke is nie juis reen nie. Hul voorspel nou koue en sneeu tot op 300m in Suid Eiland. Dit het ook begin reen vanmiddag so ek dink die weer gaan nou vinnig winter toe.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Ja daar is ‘n koelte in die lug!

        Liked by 1 person

  3. perdebytjie Avatar

    Dis so mooi, veral die eerste twee foto’s!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit is beslis baie mooi en op die oomblik elke oggend en elke aand lyk die lug so. Soggens as ek skooltoe ry ry ek teen die son in en kan nie ophou kyk na hoe die lug verkleur van rooi na goud en dan jou helder sonskyn agter die wolke.

      Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar

    Pragtig, die los wolke. By ons trek dit meesal net dig toe en reën of andersins sien ons sulke los vlieswolkies wat deur die wind verwoes word.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Die wolke het meestal die mooiste vorms as hul so rondgewaai word deur die wind. Hier jaag die wind ook die wolke vinnig in n massa onstuimige beweging in die lug rond. Dit word netso maklik weggawaai ook.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ons het pragtige wolkformasies afgeneem in Gauteng (ons het in die Vaal Driehoek gewoon).

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja ek kan ook nog onthou toe ons buite Pretoria gebly het, het die wolke elke middag opgebou met die reuse formasies en dan uiteindelik die weerlig wat daarin speel en dan die bui reen

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Die staatsdiensreën het ons dit genoem, want dit begin reën wanneer die kantoorwerkers regmaak om huis toe te gaan. Ek het lank in Petroria gewoon – so 1971 tot 1983 dink ek.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Oooo nou vat jy my lekker terug. Ons het in Voortrekkerhoogte skoolgegaan en sommige middae moes ons Pta toe gaan na tandarts en dan laat middag met bus Pta Wes toe ry om my Pa daar te kry. Meenigmale het ons daardie kantoorwerkers buie gekry.

              Liked by 1 person

              1. HesterLeyNel Avatar

                Ek het by ‘n bank by Kerkpleon gewerk en klokslag 10 oor 4 in die middag as ek in die ry staan vir die bus het dit begin reën. Later jare in Meyerton moes ons baie dae na vieruur huis toe worstel in hewige donderbuie in daai verpestelike verkeer op die R59 roete.

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Die tandarts was meer na Uniegebou se kant. Ons moes loop tot by Kerkplein want dis waar die busstop was na Pta Wes. Ons het dalk nog by mekaar verby geloop. Grappie, myne was so 1962-1971. Dit was ook altyd melktyd by die huis as daardie buie dreig en uitbars.

                  Liked by 1 person

                  1. HesterLeyNel Avatar

                    Ek was daai een met die kort, baie kort, donkerblou crimplene-rokkie (ons uniform) en bos ge”permde” lang hare. Ek het in die Jeugtuiste gebly in Sunnyside en later in Pierre van Ryneveld, daar langs die Warerkloof lugmagbasis.

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Aha ek kan soiets onthou! Perm en kort rokkies was in!

                      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.