Afrikaanse Tokkels: Towerpaleis besoek.



https://www.hesterleynel.co.za/2018/04/18/le-jou-eier-ons-gaan-op-n-skryf-safari-musical-chairs/#comment-10122

Image result for castle drawings images

Oe-la-la ons gaan n fees hê!
Soos almal weet het “Die Volmaakte Misdaad” en “Die Voortvlugtiges”, besonderse avonture opgelewer vir Blogland se profesionele misdadigers en vlugtendes.
Daar het heerlike sylyne/stories gevorm wat nog baie pret en plesier kan verskaf.
Een van die ontdekkings was/is dat Camilla, ons blonde sekskoningin met haar rooi stilletos wat nou verlore is, ontdek het dat sy van koninklike afkoms is. Sy het, soos my ma altyd gesê het: met haar gat in die botter geval. Sy het n kasteel van n paleis geërf.

Te heerlik!
Die beste van alles is dat sy ons klomp voortvlugtiges genooi het om te kom makietie by haar plek.
Vir my as die vlieënde Musk-er neem dit n tydjie om te reël om daar te kom. Toorts https://toortsie.com/2018/04/17/koningin-camilla-in-die-towerpaleis/  het egter gesê ons moet elkeen n werkie doen daar. Ek het toe maar besluit om Trompie saam te vat sodat hy, onder my leiding, die paleis poodels kan leer om beskaafd op te tree.

Hul moet geleer word om:
1. nie so hoogmoedig te wees nie.
2. hul mag maar hul voetjies nat maak of vuil maak
3. hul moet geleer word om voëltjies te verwilder
En dan
4. Om varke skrik te maak dat mens net ronde boude sien soos hul weghol.
Ek het n groter vuurpyl moes kry omdat Trompman saam moet gaan en my partytjie klere moes n plekkie kry.
Trompie was soos n steeks donkie. Hy wou nie n helmit opsit nie. Kon glo nie goed genoeg sien nie! Gelukkig is hy gewoond om sy reënjas aan te trek so dit was nie n probleem om die vlugpak aan te trek nie. Ek het sy hare voor sy oë gekam sodat hy niks kon sien nie en toe die helmit opgesit. Hy sit toe maar die hele pad en slaap.
Ek het my troue uitrusting van my seun se troue ingesit sodat ek n deftige aankoms kan maak. Dit moet maar dien vir die feesvierings ook.

DSCF6984

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

, , ,

28 responses to “Afrikaanse Tokkels: Towerpaleis besoek.”

  1. Ek dink jy lyk soos ‘n egte regte konklike gas in jou uitrusting. Ek moet vir Genis saambring sodat Trompie hom sommer ook onder hande kan neem. Puik inskrywing.

    Like

  2. Ooooo Scrapy jy het my laat skaterlag. Dis puik…. en jou foto klassiek 😀😀😀😀😀 Weet net nie hoe lank die paleis skoon gaan bly nadat Trompie met die paleishonde klaar is nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: