Lê-Jou-Eier: Ons gaan op ‘n skryf-safari (musical chairs)

Image result for castle drawings images

Oe-la-la ons gaan n fees hê!
Soos almal weet het “Die Volmaakte Misdaad” en “Die Voortvlugtiges”, besonderse avonture opgelewer vir Blogland se profesionele misdadigers en vlugtendes.
Daar het heerlike sylyne/stories gevorm wat nog baie pret en plesier kan verskaf.
Een van die ontdekkings was/is dat Camilla, ons blonde sekskoningin met haar rooi stilletos wat nou verlore is, ontdek het dat sy van koninklike afkoms is. Sy het, soos my ma altyd gesê het: met haar gat in die botter geval. Sy het n kasteel van n paleis geërf.

Te heerlik!
Die beste van alles is dat sy ons klomp voortvlugtiges genooi het om te kom makietie by haar plek.
Vir my as die vlieënde Musk-er neem dit n tydjie om te reël om daar te kom. Toorts https://toortsie.com/2018/04/17/koningin-camilla-in-die-towerpaleis/  het egter gesê ons moet elkeen n werkie doen daar. Ek het toe maar besluit om Trompie saam te vat sodat hy, onder my leiding, die paleis poodels kan leer om beskaafd op te tree.

Hul moet geleer word om:
1. nie so hoogmoedig te wees nie.
2. hul mag maar hul voetjies nat maak of vuil maak
3. hul moet geleer word om voëltjies te verwilder
En dan
4. Om varke skrik te maak dat mens net ronde boude sien soos hul weghol.
Ek het n groter vuurpyl moes kry omdat Trompman saam moet gaan en my partytjie klere moes n plekkie kry.
Trompie was soos n steeks donkie. Hy wou nie n helmit opsit nie. Kon glo nie goed genoeg sien nie! Gelukkig is hy gewoond om sy reënjas aan te trek so dit was nie n probleem om die vlugpak aan te trek nie. Ek het sy hare voor sy oë gekam sodat hy niks kon sien nie en toe die helmit opgesit. Hy sit toe maar die hele pad en slaap.
Ek het my troue uitrusting van my seun se troue ingesit sodat ek n deftige aankoms kan maak. Dit moet maar dien vir die feesvierings ook.

DSCF6984

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


28 responses to “Afrikaanse Tokkels: Towerpaleis besoek.”

  1. HesterLeyNel Avatar

    Ek dink jy lyk soos ‘n egte regte konklike gas in jou uitrusting. Ek moet vir Genis saambring sodat Trompie hom sommer ook onder hande kan neem. Puik inskrywing.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit sal wonderlik wees as Genis ook daar is. Dan is dit darem twee manne teen die poodel girls. Ek dink die twee sal hul gate uit geniet.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        Genis sal nie die verskil tussen ‘n girl of ‘n boy agterkom nie. Hy verstaan net een ding: vleis!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ha ha, So Trompie sal hom ook moet onderhande neem. Trompie is n heel bedeesde eter. Snuif-snuif eers en proe en dan eet hy!

          Liked by 1 person

  2. travel460 Avatar

    Volpunte vir jou uitrusting! Jy lyk heel statig, net reg vir die hogere lewe.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis hy madame. Ons sal dit in styl doen. Het net vergeet ek moes Trompie se swaelstert manel saamgebring het. Spasie was egter die probleem.

      Liked by 1 person

  3. Kameel Avatar
    Kameel

    Ooooo Scrapy jy het my laat skaterlag. Dis puik…. en jou foto klassiek 😀😀😀😀😀 Weet net nie hoe lank die paleis skoon gaan bly nadat Trompie met die paleishonde klaar is nie.

    Like

    1. Kameel Avatar
      Kameel

      Kyk weer na jou foto…. waar jy met soveel styl by die paleis opdaag, en daar lag ek weer uit my maag uit. Jy het my dag gemaak 😀😀😀😀😀

      Like

      1. Toortsie Avatar

        Ja nee, hier doen ons dinge ‘in style’!😁

        Liked by 1 person

      2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        So bly jy geniet dit. My verbeelding het lekker weggehardloop.

        Liked by 1 person

        1. Kameel Avatar
          Kameel

          Tot gister vir my dogter jou foto gewys…. sy het netso lekker gelag. Sy weet van ons storie.

          Like

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ek het dit netso geniet om die storie te lees en te vertel. Ek hoor juis nounet ou Mr Musk praat sleg van die lui vervaardigers van sy moter wat nie vinnig genoeg vervaardig word nie. Hoop nie die ou bogger gaan my vuurpyl reise kort knip nie, ha ha. Sal lekker wees om in Oostenryk te bly.

            Liked by 1 person

            1. Kameel Avatar
              Kameel

              Jy met jou musk vuurpyl het my ‘n ding of twee geleer. Skoonseun wys nou die aand hoe vinnig ry die Musk motor…. sê toe so ewe, het hy nie vuurpyle ook nie? En daar ontstaan ‘n hele gesprek rondom dit
              😊

              Like

              1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                Mooi man, ons het mos n Vuurpylplatvorm of wat mens dit noem hier in NZ, dis hoekom ek van hom gebruikmaak. Dis die eerste een deur n lab hier in NZ. Moes nou gou eers inligting by my seun kry sodat ek nie heeltemaal liegstories verkoop nie, ha ha.

                Liked by 1 person

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ha ha, ons sal die brakke leer om hul voete af te vee voor hul ingaan. Ek droog altyd Trompie se pote en snoet af voor hy in kan gaan. Ek het net my sweetpak en dan my uitrusting saamgebring. Camilla het hopelik darem so n rokkie of twee om te leen en pejakkies ook. Ek kannie slaap as ek nie nagklere aan het nie.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Ek glo Camilla gaan vir jou ‘n nagrokkie hê. Uit hoeveel materiaal dit gemaak is, is natuurlik ‘n ander storie 😄

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek het vergeet van die fyn goedjies wat Camilla gebruik. Sal maar sien wat daar is om te gebruik!

          Liked by 1 person

  4. perdebytjie Avatar

    Hehe, jy is die regte een om die honde te hanteer,Scapydo. Ek is mal oor jou foto!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Oooo dankie vir die kompliment. Ek is mos gladnie perdvriendelik nie en die ou wou juis nader staan!

      Liked by 1 person

  5. Toortsie Avatar

    Jy is so oulik! Dankie vir die saamspeel. Dis reg, paleispoedels moet weet hoe om op te tree, veral in die mooie Oostenryk.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja-nee hul sal hulself nie ken as Trompie met hul klaar is nie. Sy een halwe labrador/poodel vriendin is mos vreeslik up-stairs met hom dan lok hy haar uit om met hom te kom kuier. As ek nie kyk nie sal sy van haar kant af hom bekruip, waarvan hy baie hou.

      Liked by 2 people

      1. Toortsie Avatar

        So, Scrapy, jy moet asb ook hierdie storie by Inlinx gaan opsit en die paddatjie onderaan sit wanneer jy weer ‘n kansie kry asb.

        Liked by 1 person

        1. HesterLeyNel Avatar

          Ek het solank vir jou die skakel op InLinkz gaan sit Ineke, want ek is bank ons vergeet almal daarvan. Van volgende week af sal ons sorg dat alles op tyd oop en reg is sodat elke blogger self die skakels kan opsit.

          Liked by 1 person

          1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

            Ek het my pos reggestel.

            Liked by 1 person

        2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Het mr padda ingesit en Hester het klaar gelink

          Liked by 1 person

          1. Toortsie Avatar

            Oulik! 😁

            Liked by 1 person

      2. Toortsie Avatar

        En jou bloginskrywing kakel aan myne.

        Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.