Mystery Quilt
Last year I decided to do a mystery quilt again this year(2018) I picked my colours, a strange combination! I wonder how it will look at the end?
The colours!
I did not do any sewing after receiving the first block in February. We are now in April. I have three blocks to make before no four arrives next week.
The holidays came and are nearly gone. I took out my sewing machine. Put it on the table and thought maybe the machine would do the sewing without me. I wish! I put the machine away again.
Only one day and the weekend and the school starts on Monday for the winter term. Yesterday I decided – now or never.
First block x4
Second block 4x
Third block x8
Awesome selection of colours!
LikeLike
Not really my choice but I think with the black it will fit in perfect.
LikeLike
Kwilt! Dis op my wenslysie. Ek wil dit nog leer doen.
LikeLike
Dis lekker om te doen. Is n uitdaging om dit klaar te maak. Tyd is n faktor, want mens sit nogal lank voor die naaimasjien.
LikeLike
Ek is mos besig om my adminwerk baie af te skaal, so ek gaan nou hopelik meer tyd op hande hê, wat ek sekerlik weer tienvoudig gaan hervul.
LikeLike
Ek verstaan baie goed wat jy se. Daardie tyd wat hervul word is presies hoe dit hier ook werk. Altyd iets op hande om te doen. Dis egter lekker opvullers.
LikeLiked by 1 person
Kan jy kies waar jy watter kleur wil gebruik of is daar voorskrifte?
LikeLike
Dis juis waar die geheim inkom. Jy maak dit volgens voorskrif en op die einde kry jy n vloeiende patroom.
LikeLiked by 1 person
Goeiste, kyk nou net hoe vinnig vorder jy! Dis asof jy ñ towerstaf gebruik…?☺
LikeLike
Ha ha, nie n towerstaf nie dis ophoping wat maak of dit so fluks vorder. Nou gaan ek weer drie maande wag tot die weer vakansie is. *fluister* hopelik is ek nie so lui soos tot nou toe nie!
LikeLiked by 1 person
Ek is self baie gek oor kwiltwerk. Het jare gelede ñ kurses geloop, en die mooiste dekens gemaak. Sal tog eendag daarmee spog. Ons mag nie naby ñ naaldwerkmasjien gekom het nie; alles met die hand. Maar vandag wirts ek dit sommer vinnig met die masjien aanmekaar.
LikeLike
Die vrou wat my geleer kwilt het, het haar onvoltooide kwilt-bokante gegee om met die hand te kwilt. As ek so de-m….r in is vir omstandighede waarin ek was het elke steek my gekalmeer. Nou laat ek dit profesioneel kwilt omdat ek nie n kwiltmasjien het nie.
LikeLiked by 1 person
Jy is maar net ‘n flukse vrou….. miskien is jy die Spreuke 31 vrou!!! Altyd gewonder hoe lyk sy 😄 Dis mooi Scrapy…. sal graag die eindproduk wil sien.
LikeLike
As jy maar geweet het hoe lank ek gevat het om die drie aanmekaar te werk. Eers was masjien stukkend. Toe koop ek nuwe een. Toe werk my strykyster nie. Koop toe in begin van vakansie nuwe yster. Toe is ek gladnie lus om dit te doen nie. Gister toe ek dit werk was dit heel lekker. Kannie verstaan dat mens so min lus is nie. Selfde met skrywery ook. Ai toggie, en Maandag is dit terug skooltoe.
LikeLiked by 1 person
Ek skryf my nie lus nie maar toe aan die ouderdom 😀😀😀😀 Nie eers meer rêgtig lus vir my tuin nie. Gister kom tuinhulp (kry hom wanneer ek voel ek groei toe.) Hy ken sy oopsny werk dus kyk ek nie eers wat hy gedoen het nie. Kyk vanoggend deur my kamervenster en so waar as wraggies die kappertjies wat die ene kleur was en net te mooi… is almal stomp afgesny 😣Mooi dag daar vir jou in poskaart… amper sê ek poskantoor 😀😀😀
LikeLike
Jong die ouderdom is nie vir sissies nie. Tot my ou bene wil nie meer so loop soos ek gewoond is nie. Is dalk omdat ek nie meer die bult elke dag uitloop nie! Hoe kan die ou dan jou gewillige kappertjies sommer stomp afsny!? Ek is ook hartseer oor my ou stukkie tuin. Die kappertjies was enigste wat nog blommetjies gegee het. Nou is hul alles uitgetrek.
LikeLiked by 1 person
I look forward to seeing the finished product.
LikeLike
That’s going to be end November because you receive a block for nine months and then its time for the end product.
LikeLike
Dit gaan ‘n baie interressante kwilt wees, Ineke! Ek wil ook nog een probeer!
LikeLike
Ek vermoed ook so, die swart gaan n mooi patroon vorm. Ek sien dit nou al. Jy kan gerus probeer. My eerste een was net eenvoudige vierkantjies gewees. Nog met die hand gekwilt ook.
LikeLiked by 1 person
Wow, klink na n groot werk!
LikeLike
Is nogal, As dit klaar is is dit meestal iets om trots op te wees,
LikeLiked by 1 person
Ja, beslis. Ek is besig om ‘n kombers te hekel vir ‘n konings grootte bed! Dit is so ‘n groot projek, maar einde is darem in sig😊
LikeLike
Ek is ook mal oor hekelwerk. Konings grootte is beslis n hengse groot projek. Watter kleure gebruik jy?
LikeLiked by 1 person
Dis nogal ‘n redelike bont een! Afgewerk met wit! Groen rooi geel pers appelkoos grys. Sal dit een of ander tyd pos.
LikeLike
Klink mooi, die klervolheid/geit maak dit juis uniek. Sal gaaf wees as jy n possie pos.
LikeLiked by 1 person
Sal so maak
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige kleure.
LikeLike
Half bietjie vreemd vir my. Ek was nie lus vir die alledaagse gedrukte materiaal nie. Die effe kleure gaan die patroon mooi wys.
LikeLiked by 1 person
Wow, I am left handed and when it comes to sewing, totally left out in the cold. Your mystery quilt is going to be awesome.
LikeLike
Thank you. I never gave a thought about left-handed sewing machines. Mens kry n sker dit weet ek wel.
LikeLike
Ek is gefoeter tot ek regs geskêr en gemes-en-vurk het! So jy lag jou ‘n papie as ek ‘n skêr gebruik…ek moet redelik konsentreer. Met die mes en vurk is dit darem nie so erg nie. Hehe! Kan ook nie brei om my lewe te red nie.
LikeLike
Ek kan onthou dat die arme linkshandiges nie veel simpatie gekry het vroeër jare nie. My oudste suster brei links. Dis omdat sy aan die bokant gesit het toe daar vir haar gewys is om te brei. Jy moet haar sien. Dis ongelooflik hoe vaardig sy is met die breiery.
LikeLiked by 1 person
Interessant. Het ookal probeer maar ek en naaimasjien kom nie so goed klaat nie
LikeLike
My ma het ons drie meisiekinders vroeg al geleer om die naaimasjien te gebruik. Ek het lanklaas bietjie aan kwiltwerk gewerk en besluit ek wil iets doen. Die trekkery van my het my teruggehou om te begin werk daaraan. Mens moet in ngevoel van lus wees om dit te doen
LikeLike