Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal


Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.

So daag Seegogga

die lewe is ‘n feeverhaal

‘n Tragiese verhaal met n mooi einde geskryf deur Scrapydo

Die twintigste eeu. Om en by die 1970tigs.
Sandra is n stil, eenkant mens weens omstandighede buite haar beheer. Sy voel nie regtig eensaam nie want daar is daagliks verskillende werkies wat sy moet doen.
Sy hou al vier jaar skool vanuit haar ouerhuis. Die plaaslewe is in haar bloed. Daagliks word diere versorg voor sy die skoolbus langs die hoofpad kry om haar na haar vierman skooltjie te neem. Die rit is maklik n halfuur se ry. Daar is n kortpad wat n nou en dan geskraapte hobbelige pad vol klippe en gate insluit, veral nadat dit gereën het. Sandra geniet elke oomblik van die rit omdat dit tussen berge en bosse deur loop. Die skooltjie nestel ook aan die voet van die berge.
Die jaar 1971 is n opwindinde jaar. Sandra gaan haar vlerke sprei en by n ander skool werk. Dis ver van haar ouerhuis maar sy sien uit na die verandering. Dan is daar ook n toer wat wag in die Desembervakansie. Sy gaan Suid Amerika besoek saam met n toergroep. Heel opwindend.
Kersfees was Sandra in Sao Paulo. Nuwe jaar in Brasilië het gesorg vir n avontuur op sy eie.
Terug by die huis, na n drie weke avontuur gelaaide vakansie, pak Sandra haar aardse besittinkies in twee tasse en vertrek na haar nuwe omgewing. Sy bly die eeerste jaar in die koshuis wat haar, as stil en naiewe mens, baie grys hare gegee het.
Die lewe was steeds eensaam. Sandra het egter al, toe sy nog tuis gebly het, gereeld die Landbouweekblad se Opsitkers bestudeer. Sy het vir verskeie persone geskryf. Omdat sy skrikkerig was vir n vehouding het sy altyd ouens gesoek wat ver weg bly sodat daar nie ontmoetings kon wees nie.
Noudat sy egter op haar eie bly het sy braaf geraak. Sy het vir ouens nader aan haar geskryf wat uitgeloop het op ontmoetings.Ongelukkig was dit net vinnig vriendskappe want die meeste het net n lêplek gesoek vir die aand. Die ondervinding het Sandra se oë geopen as dit by die werklike lewe kom.
Skielik het die korrespondensie verander. Sandra en haar een vriendin het die een ou uitgekyk of liewer uitgelees.
Hy was die sjarmantheid vanself. Hy stuur gedroogde blomblaartjies, klippies, skryfgoed – potlode en uitveërs. Dan ook musiek. Musiek opgeneem op bandjies. Elke week n ander een. Die musiek so meesleurend romanties. Hy het meeste musiek van sy massiewe versameling plate opgeneem. Hy was lief vir “Tot middernag slaan” wat Fonnie du Plooy aangebied het. Ook kort Bybelverse en preke word gestuur.
Dit het Sandra se voete onder haar uitgeslaan. Hul reël om te ontmoet. Daar was elektrise blitse tusen hulle.
Sandra was in die sewende hemel, onwetende wat op haar wag. Ouers word gevra. Die troue word gereël. Alles perfek.
Die twee is lief vir mekaar. Hul is geesgenote. Die romanse blom.Sandra is werklik gelukkig. ‘n Jaar later word n seuntjie gebore. Nou is beide eers in hul element. Sandra aanbid die grond waarop haar man loop. Tog is daar half n bewolktheid op die horison.
Sandra kom een middag  van die skool af nadat sy haar seuntjie by die bewaarskool opgelaai het. Sy gaan slaapkamer toe en ontdek n foto wat met n polaroid kamera geneem is. Haar geliefde besig met dinge wat Sandra tot in haar fondament skok. Sy konfronteer hom daarmee en hy belowe dit was net n eenkeer ding. Hy sal dit nooit weer doen nie.
Ongelukkig het Sandra nie geweet dat haar geliefde n probleem met straatmeisies het nie. Dit het vir n paar jaar aangegaan. Sandra was gebreek. Sy het egter steeds die lewe in die oë gekyk en gemaak of niks verkeerd is nie.
Toe gebeur dit dat haar geliefde geld wou hê wat sy nie wou gee nie. Hy sluit die huis sodat sy nie kan wegkom nie. Gryp haar aan haar arm en wou haar met geweld dwing om saam bank toe te gaan om geld oor te betaal. Gelukkig het Sandra kop gehou, toe hy haar vasgryp het sy sy toekoms omtrent weggeskop. Dit het nie weer gebeur nie! Hy was maar skrikkerig vir haar na die tyd.
Die omstandighede met buite egtilike verhoudings het net vererger. Telkens het sy weer vergewe.Na vele besoeke aan psigiaters en behandeling het Sandra met die hulp van n vriendin by n prokureur uitgekom wat aanbeveel dat sy so gou as moontlik uit die huis moet padgee.
Sandra gaan huistoe en konfronteer haar man.
“Ek was by n prokureur en hy het aanbeveel dat ek onmiddelik die huis moet verlaat.”
“Wat, jy gaan nie my kind van my wegvat nie!” Dreigend kom hy nader. Hy gryp Sandra aan haar keel en sis:”Jy sal nie!” Sandra sien in sy oë dat hy die kluts kwyt is. As sy nou n verkeerde ding doen is dit klaarpraat met haar. Gelukkig kalmeer haar man dadelik toe hy besef wat hy wou doen. Hy gryp n mes waarmee hy altyd hoenders geslag het, kap dit met geweld in die staal wasbak. Die tafel was gelukkig tussen hul twee. Sandra vlug weg. Sy kry vir kleinding en gaan na die prokureur toe wat haar vir die nag blyplek gee.
Die egskeiding was onaangenaam. Sandra se man het sy werk opgesê en n boemelaar geword. Sy het steeds met tye hom onderdak gegee omdat dit steeds haar kind se pa is. Na twee jaar van hel en sukkel om alles te doen om aan die lewe te bly pleeg Sandra se eks-man selfmoord in haar garage.
Almal het gesê dis ten goede nou was sy ontslae van die monster. Sandra was steeds oneindig lief vir haar man.
Stadig maar seker het sy weer begin helder dink. Ander werk gekry. Sy trek na n plattelandse dorpie toe waar sy n nuwe lewe begin. Sy ontvang haar man se pensioen wat hy aan haar bemaak het. Sandra belê dit sodat haar kind kan gaan leer na matriek. Haar eie pensioen se uitbetaling het gemaak dat sy n meenthuisie kon koop. Die lewe het uiteindelik beter en beter geword vir Sandra. Sy moes steeds werk om aan die lewe te bly maar daar was nie meer daardie stress en wonder van wat gaan volgende opduik nie.
Vandag bly Sandra naby haar seun in n vreemde land. Hy onderhou haar deur vir haar huisvesting te betaal. Sy moet steeds werk want haar pensioen is maar n druppeltjie in die daaglikse lewensemmer van voorsiening.
Sandra bly in n poskaart mooie plekkie, tussen groen heuwels. Sy loop elke dag met haar geliefde hondekind en verwonder haar elke oggend en aand aan die son wat opkom en ondergaan met van pienk,roos tot rooi en goud, oor n rustige geliefde huisie in die vreemde wat nou haar blyplek is.

IMG_3261

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

Author: scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

23 thoughts on “Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal”

  1. Inneke ek moes nou eers ‘n paar minute net bepeins hieroor. Op ‘n stadium het ek besef dit is jou storie en dit raak my aan die hart. Bly dat die seun en jy in ‘n poskaart kan bly en dat jy nie Afrikaans vergeet het nie

    Like

    1. Dankie Abrie vir jou saamvoel, dit het nogal heelwat gevat om dit in woorde te stel. Afrikaans bly ook nog steeds my taal. Daar is nie veel geleentheid om Afr te praat mie maar my skryfwerk is baie makliker in Afr.

      Like

  2. Dit is goed jy het hieroor geskryf Scrapy. Ek is baie bly dat jy nou in ‘n poskaart bly en dit goed gaan met jou. Ook dat daar uit al die ongelukkigheid vir julle ‘n seun gebore is wat jou vandag bystaan.

    Like

  3. Scrapy, dit is ń hartseer verhaal, met tog ń mooi einde. Ons feëverhale wat vol werklikheid is. Sandra is ń sterk vrou, en sy vul vandag baie mense en kindertjies se lewens aan. Insluitende ons bloggers sn.🌺

    Liked by 1 person

  4. Dit is regtig op die ou einde n feeverhaal. Die heldin moet altyd eers deur moeilikheid gaan voor geluk en vrede opdaag. Arme Sandra is deur diep waters en tog het sy nou vrede en lewe lank en gelukkig saam met haar prins( haar hond).

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s