DIEREMANIERE
Hierdie week is ek die gasvrou vir ons skryf-safarie aangebied deur Dis ekke in lyn met Lê-jou-eier
Wat doen n dier aan jou? Voel jy gemaklik in die geselskap van diere? Alles hang van jou reaksie af. Diere voel aan hoe die mens voel. Hul lees die menslike reaksies en gevoel soos n boek.
Hierdie week gesels ons bietjie oor diere en hul maniere of reaksies op menslike optredes.
Ek is mal oor diere. Van die kleinste miertjie tot ons grote olifant. Elk is uniek. Ek is seker n ieder en n elk het een of ander storie om te vertel oor ondervindings met diere hetsy geveerd, viervoetig of gevin.
Jy kan jou vertelling n ware verhaal maak. Dit kan ook n vertoning wees wat jy gesien het as jy nie regtig jou eie dieremaniere ondervinding het nie. Daar is beslis ouens wat n heilige vrees vir diere het, jy kan daaroor ook skryf as jy so voel.
Ek sien uit na al die dieremaniere wat gaan opduik.
Geniet dit. Dis lekker om Afrikaans te gebruik en te skryf!
Hierdie week se gasblogger vir die Lê-Jou-Eier uitdaging is Scrapydo2: “Ek daag jou uit: Dieremaniere: uit jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n geliefde dier se lewe, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit n lekker lees week.”
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Ek het mos al geskryf oor die doberman wat my gebyt het terwyl ek fiets gery het. Wel ek het nog ‘n ondervindings met diere en dit met ń doringboom wat groot rol speel. Dalk hoor julle daarvan!
LikeLike
Lekker man, laat ons bietjie die dierestories uitryg!
LikeLiked by 1 person
So lekker tema! Dankie*
LikeLike
Mooi man, hoop jy skryf n iesie!
LikeLiked by 1 person
Ek het nogal ‘n interessante storie. 😉
LikeLiked by 1 person
Goed om te hoor. Jy moet rerig bietjie vertel jong!
LikeLiked by 1 person
Ek het sommer jou link gaan bylas, want jy slaap seker al.
LikeLike
Dankie, ek is nog gou hard besig om my eie inskrywing te bewerk. Is amper al verby my slapenstyd!.
LikeLiked by 1 person
Lekker onderwerp en ek is seker almal sal iets te sê hê. Toortsie het ook al vroegoggend iets te sê gehad oor honde 😄 Dankie dat jy optree as gasblogger vir die week.
LikeLiked by 1 person
Groot plesier. Hoop ouens geniet dit.
LikeLiked by 1 person
Nou sal ek moet dink!!! Wonder nou sommer oor die woord “dierbaar.”
LikeLike
Ha daar noem jy nou iets! Jou gedagtes is klaar besig om in te skop. Ek gaan nou-nou my bydrae opsit!
LikeLiked by 1 person
Oe, lekker! Jy sit ons aan die dink…
LikeLike
Ja jong. Daar is so baie diereverhale dat ek vermoed daar kan nogal n lekker verskeidenheid hier uitkom.
LikeLiked by 1 person