(To my English readers/friends: I translated this piece in English. Please scroll down and enjoy)
UIT TROMPIE SE DAGBOEK
Donderdag oggend het my Mam my van alle kante bespied terwyl ek my briefies gelees en geskryf het toe ons geloop het. Ghumpf, wonder wat is haar probleem?
Sy brom binnensmonds iets van bloed in my skryfwerk!
Maandag oggend: Mam sit my nekband met my lisensie om my nek. Wonder waarheen ons gaan? Ek spring ewe opgewonde in die kar.
Ha, dis n bekende plek waar ons stop. Ek pluk my ma gou straat toe voordat ons by die dokter ingaan. Sjoe, langs die dokter is daar n begrafnisondernemer. Daar is massas mense wat rondstaan langs n lang slap swart motor. Die mense huil vreeslik veral die manne! Hul laat my sommer benoud voel.
Mam sê:” Kom jong, voordat die stoet begin ry moet ons aan die anderkant wees.”
Terug by die dr. Hul het so n oulike plek waar ons, al die laaste nuus kan lees. Ek skryf n paar notas terug. Ons gaan in. Mam laat my op die skaal klim.
“Haai jong Trompman, jy het wraggies n kilogram verloor!” Ek sit styf langs Mam op die bank.
Die dokter kom na ons toe. Mam verduidelik van die bloed.
Dr: “Ons moet n sampeltjie neem sodat ek kan sien.”
Ons drie gaan buite toe. Ek lees verder briefies, dr het n bakkie om sampel op te vang en Mam bly vir my sê:” Piepie nou! Komaan. Toe nou Trompie!” Aha, ek kry toe n lekker leesding. Ek duik diep die bos in. Met wat ek my briefie pos het dr vinnig my briefie opgevang in die bakkie. Sy nooi ons in haar kamer in. Hierdie keer is ek gladnie skrikkerig nie. Mam vertel die dr van die bloed.
Ooo, die dr is baie goed. Sy praat mooi met my. Sy kyk in my mond en oë, luister na my hartklop en voel my maag. Sy steek n afêre agter in my in. Lees glo hoe warm n hond kry!
Dr sê: “Ek gaan nou Trompie se prostaatkliere ook voel en kyk of alles normaal voel. O maar jy is n soet hond. Jy staan so mooi stil. Ek kan sien dit voel nie aangenaam as ek so diep voel nie. Daar’s hy. Alles voel goed. Nou gaan ek gou die urine toets.” Weg is sy. Sy trek, woeps, die deur voor my neus toe.
Ons wag so tien minute voordat dr terugkom.Terwyl ons agter die toe deur wag . kom en gaan honde en mense verby die toe deur. Ek snuif diep onder die deur deur. Sou nogal almal wou dagsê maar Mam wil nie oopmaak nie.
Die uitslag is half goed en half nie te goed nie. Daar is nie tekens van stene nie maar daar is regtig heelwat bloedselle dus alles is nie te goed nie. Nou is ek vir twee weke op antibiotika om die infeksie wat daar mag wees op te klaar. As daar na twee weke steeds bloed is moet daar X-strale geneem word om te kyk of daar gruis of stene is .
Fingers crossed dat dit opklaar.
Dit was n lekker besoek aan die dr. Ek is bly ons was nie by die man dr nie. Hy het nie veel simpatie nie en hy praat ook te veel.
Nou ja dagboek dit was n besige dag gewees. Ek gaan nou lekker saam met Mam op haar stoel ontspan voordat ons tweetjies inkruip vir die nag.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
FROM TROMPIES DIARY
Thursday morning, my Mum looked at me from all sides while I read my notes and wrote some back while out walking. Ghumpf, wonder what’s her problem?
She muttered something about blood in my urine!
Monday morning: Mum put my collar with my license on. Wonder where we’re going? I jump equally excited in the car.
Ha, that’s a familiar place where we stop. I pulled my mom into the street before we went to the doctor.
Wow, next to the doctor is an undertaker. There were masses of people standing around next to a long black car. The people cried terribly, especially the men! They made me feel uneasy.
Mum said, “Come on before the procession starts we must be on the other side.”
Back at the dr, they have a beautiful place where we can read all the latest news. I write a few notes back. We’re going in.
Mum pulled me on the scale: “Hey Trompie, you lost a kilogram!!”
I sat tightly next to Mum on the couch.
The doctor came. Mum explained the blood.
Dr: “We need to take a sample so I can have a look.”
The three of us went outside. I read more notes, the Dr holding a small kidney bowl to catch the sample.
Mum kept saying: “Peewee now! Come on. Come on now, Trompie! ” Aha, I found a good new read. I dived deep into the bush. Just when I answered the mail, the Dr. quickly caught my letter in the bowl.
She invited us into her room. This time I’m not nervous at all. Mom explained the whole situation.
Ooo, the Dr. is perfect. She spoke in a pleasant voice. She looked in my mouth and eyes, and listened to my heartbeat and felt my stomach. She pushed something in my behind to take a reading of how warm I was inside!
Dr said: “I’m going to feel Trompies prostate and see if everything feels normal. Oh, but you are a sweet dog. You are so good. I know it does not feel pleasant when I go so deep. That’s it. Everything feels good. Now I’ll test the urine sample.” She went out of the door. She pulled the door closed right in front of my face!.
We waited about ten minutes before Dr came back. While we were waiting, l heard dogs and people behind the closed door coming and going. I sniffed under the door, I wanted to greet everyone, but Mum would not open the door.
The result was half good and half not so good. There were no signs of stones, but there was a lot of blood cells, not so good at all. Now I’m on antibiotics for two weeks to clear up any infection. If there are still signs of blood after two weeks, they will take X-rays to see if there is gravel or stones.
Fingers crossed that it persists.
It was a nice visit. I’m glad we did not see the male Dr, he isn’t very sympathetic and he talks way too much.
Well, diary it had been a busy day. I’m going to relax with Mom in her chair before the two of us go to bed for the night.