Skryf-Safarie: Deur die venster


KAMEEL is die week se gasvrou. Sy daag ons uit om te skryf wat deur die venster gesien kan word.

FB_IMG_1509622669449

 

WONDERWêRELD deur die VENSTER.

Image result for drawing old lady on a chair

Nina laat haar borduurwerk sak. Sy leun behaaglik terug teen die rugkant van haar geliefde gemakstoel.Sy tuur na buite deur die sonverligte venster. Die ondergaande son gee alles n goue skynsel.
Nina kyk na haar borduurwerk. ‘n Tafeldoek met die fynste lintborduurwerk. Daar is nog net n paar blommetjies oor dan is dit klaar, en kan sy dit vir haar geliefde kleindogter gee. Sy maak haar borduursakkie oop om n nuwe lintjie te kies. Haar oog vang n beweging in die verte. Alles is wasig voor haar oë.
“Is dit Lukas wat my kom haal?” wonder Nina. Sy kannie mooi uitmaak nie.

Image result for Drawing of man on horseback

“A, dis n ruiter op n wit perd. Lukas, jy het uiteindelik gekom. Liewe Lukas, ek het jou so gemis.”
Nina rus haar kop gemaklik teen die leuning van die stoel. Sy vou haar verrimpelde hande oor mekaar bo-op haar borduurwerk. Sy voel vry. Vry van al die pyn en swaarkry.”Lukas het gekom.”

Die motor kom met n stofwolk tot stilstand voor Nina se huisie. Suzy kannie wag dat Faan die deur van die motor oopmaak. Sy trippel op haar hoëhak-skoene. “As ma-Nina tog net iemand wil kry om die paadjie en tuin netjies te maak.” Suzy lyk gladnie ingenome nie. By die voordeur staan n emmertjie met verdroogde rose. Die wind het van die rose uitgewaai. Alles is stowwerig:”Hoekom hou ma tog nie die stoep skoon nie!” Suzy lui die voordeurklokkie ongeduldig, kannie stilstaan nie. “Faan, kyk tog bietjie deur die venster of jy Ma Nina kan sien.” Faan buig van die digbegroeide struike weg om in te kyk. Hy kyk in verwondering na binne. “Ma Nina sit in haar stoel. Ek dink sy slaap.”
Faan gaan haal die spaarsleutel uit die motor. Hul gaan die huis binne. Suzy, al klaende. Faan beduie sy moet sagter. Hul betree die sitkamertjie. Dis die mooiste prentjie van Nina in haar stoel. Kop rustig agteroor, hande gevou. Nina se yl hartjies word deur die ondergaande son met goud bestraal soos n helder ligkrans om haar hoof. Vrede straal uit die prentjie.
Suzy wou nog n aanmerking maak maar Faan gee haar n kyk wat van misnoë getuig. Teer raak Faan Nina aan. Nina maak haar oë oop:”Lukas, ek het jou vreeslik gemis.” Met n diep sug sluit Nina haar oë en die Hemelse vrede verlig haar gesig.

Image result for halo around head in photo

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

Advertisement

29 responses to “Skryf-Safarie: Deur die venster”

  1. Aletta - nowathome Avatar

    Pragtig geskryf Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie dis hoe ek voel diep binne-om rustig te kan gaan.

      Liked by 1 person

  2. perdebytjie Avatar

    Baie mooi en deernisvol geskryf. Ek wens ek kan sovsag heengaan. Pragtig, Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie, ek hoop ook om rustig te kan gaan.

      Liked by 1 person

  3. travel460 Avatar

    Ag, ek wil ook so heengaan, so tevrede en rustig. Pragtig gevoelvol geskryf, Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie, vrede is belangrik om rus te kry. Ek hoop ook om dit so te mag doen.

      Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    Dis pragtig geskryf Ineke, die stukkie laat ‘n mens met innerlike verwondering van hoe vreedsaam die weggaan kan wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou mooi woorde.

      Liked by 1 person

  5. lizamroux Avatar

    Dis so mooi!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie dat jy gelees het en welkom op my blog.

      Liked by 1 person

  6. amandacl Avatar

    ‘n Aangrypende stukkie skryfwerk!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, dis hoe ek gevoel het.

      Like

  7. Kameel Avatar
    Kameel

    Ag Scrapy dis ‘n pragtige beskrywing. Om eendag so rustig te kan gaan.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek voel ook so. Hopelik kan ons deur genade so heengaan.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar
        Kameel

        Het jy op inLinkz Country….? se skrywe gelees. Ook baie mooi. Dis lekker om te sien hoe elkeen iets nuuts mee uitkom. Ek het myne Vrydag geskryf. Sal seker later vanmiddag plaas. Mooi dag vir jou 💜

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek het gelees ja, nadat ek myne klaar geskryf het. Ons het nogal dieselfde idee gehad. Hare is ook prapgtig. Ek is netso bly dat ons bietjie nuwe bloed inkry. Wys jou aanhouer wen.

          Liked by 1 person

          1. Kameel Avatar
            Kameel

            Ek het vir haar gesê myne en hare loop so half hand aan hand en nou loop myne en jpune ook so half hand aan hand. Ek wonder nou of die emosies wat die prentjie weerspieël iets daarmee te doen het.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Die foto is beslis baie spesiaal. Dan ook die venster idee maak dit ook n goeie uitdaging. Wys ook dat seker gevoelens gemeenskaplik is of kan wees. Ek dink a man sal beslis n ander kant sien.

              Liked by 2 people

              1. Kameel Avatar
                Kameel

                Nogal gedink ‘n man sal hom seker suur sukkel om hieroor te skryf. Sal seker sê gaan haal die skuurmasjien, verf en borsels…. die venster kort aandag 😀😀😀😀

                Like

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Ha ha, netso. Vir wat gooi jy nie die blomme weg nie!

                  Liked by 1 person

                  1. Kameel Avatar
                    Kameel

                    Is dit nie ons kampbeker wat jy hierdie dooie blomme in het nie?

                    Like

                    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Nou laat jy my sommer hardop lag. Oooo ek sien moeilikheid kom as dit is.

                      Liked by 1 person

                    2. Kameel Avatar
                      Kameel

                      Ons kan ‘n hele blog skryf oor wat die man te sê gaan hê 😀😀😀😀😀

                      Liked by 1 person

                    3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                      Ha dis n goeie een.

                      Like

  8. seegogga Avatar

    So n mooi beskrywing. So genadig om so te gaan!

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie. Ja, dis hoe mens dit graag sou wil he.

      Liked by 2 people

  9. Anne Avatar

    You give me goose bumps!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Oh, thanks for your comment. Glad to know I can write a vivid scene.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: