Junie uitdaging
Die “A & I Poësie uitdaging” is reeds vir ‘n paar maande aan die gang en ons poëtiese gemeenskap groei elke maand. (Hier is ‘n voorbeeld)
Diegene wat nog nooit die pen opgeneem het nie, skryf fantastiese gedigte. Ek kan nie wag om te lees wat hierdie maand gaan bring nie.
Vind die instruksies vir deelname HIER
MEI SE DIGTERS was:
https://penpunt.wordpress.com/2018/05/27/poesie-uitdaging-mei-2018/
(Onthou om die skakel in my kommentaar te plak asb. Dis moeilik om te weet wie het geskryf as daar nie n skakel is nie.)
Junie Uitdaging
Skryf ‘n “klein” gediggie wat vyf reëls bevat.
Herskryf dieselfde gedig weer en probeer om soveel konkrete woorde as moontlik te gebruik.
Watter weergawe is jou gunsteling/voel vir jou n beter gedig?
Dit dan is bloot ‘n voorstel om jou gedagtes aan die gang te kry.
Jy mag heeltemaal wegbreek en skryf wat jy wil. Merk dit vir ons A en I Poësie uitdaging sodat ander lesers jou gedigte kan vind.
My voorlegging
Speelgrond
Kinders speel Rakertjie
Wat ‘n geraas
‘n Geveg vind plaas
Trane rol
Verskoning
Vrede
Almal terug, hul speel
Almal neem deel
TOTDAT…
Meer konkrete verandering:
Speelgrond
Kinders speel Rakertjie, raak jou hier, raak jou daar,
‘n gehardloop, geskreeu, geraas
‘n Geveg vind plaas,
klappe word uitgedeel.
Trane rol in strome.
Verskoning: tog so jammer.
Vrede, kalmte, rustiger
Almal terug op speelgrond, hul speel
Almal neem deel
TOTDAT…
Hier is ‘n paar wenke oor konkrete woorde:
Poësie skryfwenke:
Een van die grootste probleme met enige taal is die inherente dubbelsinnigheid in ‘n abstrakte woord. Die betekenis is nie baie duidelik, en jy het “sterk beskrywende woorde” nodig om dit uit te lê. Dit is duidelik te sien as mens dieselfde gedig in verskillende tale lees. Misverstand in vertolking van woorde of gedig vind maklik plaas.(Dit is my eie vertaling lees asb die engels hier:
[Bron: http://www.lookscloudy.com/2011/07/communicating-better-concrete-and-abstract/%5D)
Gebruik konkrete Woorde In plaas van abstrakte woorde.
Konkrete woorde beskryf dinge wat mense ervaar met jou sintuie.
- oranje
- warm
- kat
‘n Persoon kan oranje sien, voel warm, of hoor ‘n kat.
Digters gebruik konkrete woorde sodat die leser ‘n “prentjie” kry van waaroor die gedig praat. Met die “prentjie” in gedagte verstaan die leser makliker wat gese word.
Abstrakte woorde verwys na konsepte of gevoelens.
- vryheid
- gelukkig
- liefde
“vryheid” is ‘n konsep, “gelukkig” is ‘n gevoel, en niemand kan saamstem oor of “liefde” ‘n gevoel, ‘n konsep of ‘n aksie is nie.
Mens het geen smaak, kannie dit aanraak of hoor nie. As gevolg hiervan, wanneer dit gebruik word in gedigte, word hierdie woorde bloot net betekenisloos/gevoelloos vir die leser. Verder kan “vryheid”, “gelukkig,” en “liefde” verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Daarom, as die digter sulke woorde gebruik, kan die leser ‘n ander betekenis daaraan toedig.
“Konkreet” beteken dat jy iets kan ervaar met jou sintuie: jy kan sien, ruik, hoor, proe, of daaraan raak. “Abstrak” beskryf ‘n idee, gedagte of gevoel – iets waar jy nie jou vyf sintuie kan gebruik nie.
Verander abstrakte woorde in konkrete woorde
Voorbeeld: “Sy voel gelukkig.”
Hierdie reël gebruik die abstrakte woord “gelukkig”.Om hierdie lyn te verbeter, verander die abstrakte “gelukkig” in ‘n konkrete beeld. Een manier om dit te doen is om te dink aan ‘n voorwerp of ‘n toneel wat gevoelens van geluk verteenwoordig.
Verbetering: “Haar glimlag versprei in n rooi tint, soos rypwording tamaties.”
Hier is nog paar wenke oor gebruike van konkrete woorde:
(Jammer vir die Engels maar dit neem te lank om als te vertaal!- Scrapydo)
Penpunt se gedigte: https://penpunt.wordpress.com/2018/06/21/a-i-poesie-uitdaging-junie/
LikeLiked by 1 person
Reg do? Wat moet ek nou doen..?
LikeLike
Hi ek het vir jou beduie. Ek sit jou skakel hier in: https://bondelsgedagtes.wordpress.com/2018/06/05/die-ondergaande-son/
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ekskuus Scrapydo ek het nie jou antwoord gesien nie. Dankie
LikeLiked by 1 person
Sal probeer onthou hierdie maand. Hierdie is nie my natuurlik aanleg nie sal die seker regkry in ‘m mate maar dit neem baie energie. En dan moet ek nog oor my eie selfkritiek ook spring
LikeLike
Ken ek dit nie! Daardie selfkritiek is maar moedswillige ou of vrou. Vir my voel die digtery ook nie juis gemaklik nie. Hoop jy probeer. Net 5 reels!
LikeLike
I could hear the cacophony of sounds better in the second poem, Ineke and because I could visualize more detail, I liked the second one better. I think a lot of the poems I have previously written seem a little like your first poem. They are good but there is a non-specific air about them. The tips regarding writing in concrete terms I found really helpful in improving my descriptive poetry. I hope there will be lots of Afrikaans contributors this month. The community is growing!
LikeLike
Poetry is in a way also like writing stories. Concrete descriptions shows(not tell) a better picture. I also feel the second one gives more to hear, feel, and taste, I have a few followers who are interested but they still are not trying their hands at writing and publishing the poems in a post.
LikeLiked by 1 person
That is okay, Ineke. It takes time to write poems if they have never done it before!
LikeLiked by 1 person