A & I Poësie uitdaging: Junie


Junie uitdaging

Die “A & I Poësie uitdaging” is reeds vir ‘n paar maande aan die gang en ons poëtiese gemeenskap groei elke maand. (Hier is ‘n voorbeeld)

Diegene wat nog nooit die pen opgeneem het nie, skryf fantastiese gedigte. Ek kan nie wag om te lees wat hierdie maand gaan bring nie.

Vind die instruksies vir deelname  HIER

MEI SE DIGTERS was:

#AandIPoetryChallenge: May 2018 – Diamante

Poësie Uitdaging Mei 2018

(Onthou om die skakel in my kommentaar te plak asb. Dis moeilik om te weet wie het geskryf as daar nie n skakel is nie.)

Junie Uitdaging

Skryf ‘n “klein” gediggie wat vyf reëls bevat.

Herskryf dieselfde gedig weer en probeer om soveel konkrete woorde as moontlik te gebruik.

Watter weergawe is jou gunsteling/voel vir jou n beter gedig?

Dit dan is bloot ‘n voorstel om jou gedagtes aan die gang te kry.

Jy mag heeltemaal wegbreek  en skryf wat jy wil. Merk dit vir ons  A en I Poësie uitdaging sodat ander lesers jou gedigte kan vind.

My voorlegging
Image result for children playing touches

Speelgrond

Kinders speel Rakertjie

Wat ‘n geraas

‘n Geveg vind plaas

Trane rol

Verskoning

Vrede

Almal terug, hul speel

Almal neem deel

TOTDAT…
Meer konkrete verandering:

Speelgrond

Kinders speel Rakertjie, raak jou hier, raak jou daar,

 ‘n gehardloop,  geskreeu, geraas

‘n Geveg vind plaas,

klappe word uitgedeel.

Trane rol in strome.

Verskoning: tog so jammer.

Vrede, kalmte, rustiger

Almal terug op speelgrond, hul speel

Almal neem deel

TOTDAT…
Hier is ‘n paar wenke oor  konkrete woorde:

Poësie skryfwenke:

Een van die grootste probleme met enige taal is die inherente dubbelsinnigheid in ‘n abstrakte woord. Die betekenis is nie baie duidelik, en jy het “sterk beskrywende woorde” nodig om dit uit te lê. Dit is duidelik te sien as mens dieselfde gedig in verskillende tale lees.   Misverstand in vertolking van woorde of gedig vind maklik plaas.(Dit is my eie vertaling lees asb die engels hier:

[Bron: http://www.lookscloudy.com/2011/07/communicating-better-concrete-and-abstract/%5D)

Gebruik konkrete Woorde In plaas van abstrakte woorde.

Konkrete woorde beskryf dinge wat mense ervaar met jou sintuie.

  • oranje
  • warm
  • kat

‘n Persoon kan oranje sien, voel warm, of hoor ‘n kat.

Digters gebruik konkrete woorde sodat die leser  ‘n “prentjie” kry van waaroor die gedig praat. Met die “prentjie” in gedagte verstaan die leser makliker wat gese word.

Abstrakte woorde verwys na konsepte of gevoelens.

  • vryheid
  • gelukkig
  • liefde

“vryheid” is ‘n konsep, “gelukkig” is ‘n gevoel, en niemand kan saamstem oor of “liefde”  ‘n gevoel, ‘n konsep of ‘n aksie is nie.

Mens het geen smaak, kannie dit aanraak of hoor nie. As gevolg hiervan, wanneer dit gebruik word in gedigte, word hierdie woorde bloot net betekenisloos/gevoelloos vir die leser. Verder kan “vryheid”, “gelukkig,” en “liefde” verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Daarom, as die digter sulke woorde gebruik, kan die leser ‘n ander betekenis daaraan toedig.

“Konkreet” beteken dat  jy iets kan ervaar met jou sintuie: jy kan sien, ruik, hoor, proe, of daaraan raak. “Abstrak” beskryf ‘n idee, gedagte of gevoel – iets waar  jy nie jou vyf sintuie kan gebruik nie.

Verander abstrakte woorde in konkrete woorde

Voorbeeld: “Sy voel gelukkig.”

Hierdie reël gebruik die abstrakte woord “gelukkig”.Om hierdie lyn te verbeter, verander die abstrakte “gelukkig” in ‘n konkrete beeld. Een manier om dit te doen is om te dink aan ‘n voorwerp of ‘n toneel wat gevoelens van geluk verteenwoordig.

Verbetering: “Haar glimlag versprei in n rooi tint, soos rypwording tamaties.”

 

Hier is nog paar wenke oor gebruike van konkrete woorde:

(Jammer vir die Engels maar dit neem te lank om als te vertaal!- Scrapydo)

Poetry Challenge Monthly Prompt and Poetry Writing Tips

 


14 responses to “A & I Poësie uitdaging: Junie”

  1. Poetry Challenge Roundup for July – Something to Ponder About Avatar

    […] August Poetry Prompt posted next week here and on scrapydo2.wordpress.com […]

    Like

  2. A and I Poetry Challenge Roundup – Something to Ponder About Avatar

    […] Ineke takes us into the world of children – scrapydo2.wordpress.com […]

    Like

  3. Bondelsgedagtes Avatar

    Reg do? Wat moet ek nou doen..?

    Like

      1. Bondelsgedagtes Avatar

        Ekskuus Scrapydo ek het nie jou antwoord gesien nie. Dankie

        Liked by 1 person

  4. Abrie Joubert Avatar

    Sal probeer onthou hierdie maand. Hierdie is nie my natuurlik aanleg nie sal die seker regkry in ‘m mate maar dit neem baie energie. En dan moet ek nog oor my eie selfkritiek ook spring

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ken ek dit nie! Daardie selfkritiek is maar moedswillige ou of vrou. Vir my voel die digtery ook nie juis gemaklik nie. Hoop jy probeer. Net 5 reels!

      Like

  5. Forestwood Avatar

    I could hear the cacophony of sounds better in the second poem, Ineke and because I could visualize more detail, I liked the second one better. I think a lot of the poems I have previously written seem a little like your first poem. They are good but there is a non-specific air about them. The tips regarding writing in concrete terms I found really helpful in improving my descriptive poetry. I hope there will be lots of Afrikaans contributors this month. The community is growing!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Poetry is in a way also like writing stories. Concrete descriptions shows(not tell) a better picture. I also feel the second one gives more to hear, feel, and taste, I have a few followers who are interested but they still are not trying their hands at writing and publishing the poems in a post.

      Liked by 1 person

      1. Forestwood Avatar

        That is okay, Ineke. It takes time to write poems if they have never done it before!

        Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.