Skryf-Safarie: Kindervreugde


Hierdie week is dit sonell se beurt om die Skryf-Safari tema aan te kondig vir die week. Dankie  aan Hester vir die geleentheid.

Hierdie week gesels ons oor ons gelukkigste herinnering as kind. Vertel ons daarvan, hoe oud was jy, waar het jul gewoon, hoekom het dit jou gelukkig gemaak?

Dankie Sonell dit was n lekker terugflits van goeie tye.

Kinder terugflitse!

Daar is heelwat heerlike herinneringe wat ek kan onthou van toe ek nog kind was.
My eerste ondervinding met plaaslewe was toe ons net in Suid Afrika aangeland het(1952). Ons het op n Vrystaatse skaapplaas (reuse merinos!) by van my ma se familie gaan kuier. Die familie het n seuntjie(nefie) gehad wat naastenby so oud soos ek was. Ons het ons gate uit geniet. Hanslammers, mak ryperd! Daardie hoop gedorste mieliestronke was ons glybaan. Die ryery op die grondpaaie wat hobbelrig was. Hekke wat oop en toe gemaak moes word. Ai, dit was te heerlik.
Ons het ook eenmaal per jaar in die Krugerwildtuin vakansie gehou, wat n belewenis op sy eie was. Later het ons op n plaas naby Witrivier kon bly gedurende die vakansie. Daar was n grasdakhuis, met n buite toilet. Langs die huis was daar n kabbelende waterstroompie waar ons gereeld krappe probeer vang het. Die huisie was in n denneplantasie waar bobbejaantoue was. Ons het heerlik rondgeswaai soos Tarzan en Jane.

Image result for drawing of tarzan

My laerskool jare was ook besonders gewees. Dit was n plaasskooltjie met vier onderwysers. Ons was soos een groot gelukkige familie. Ons het saam gespeel en gerinkink. Blik-as-paai, cowboys en crooks, sport aktiwiteite.Daar was ook n swembad wat nie gereeld skoongemaak was nie. Ons het heerlik in die groen water met paddas en paddavissies en al, geswem en baljaar.
Wat die lekkerste was, was die Vrydagaand se fliek. Dit was soos n piekniek. Die muur tussen twee klaskamers is weggegskuif. ‘n Laken is opgehang en ons het op bankies en stoele gesit en kyk. Eers swart en wit sonder enige geluide en daarna pratende swart en wit flieks.
Charly Chaplin, The three Stooges en dan die werklike fliek. Tarzan en ook cowboy flieks was gewild.

Dan was die jaarlikse konserte en atletiek dae ook van die hoogtepunte. Al die ouers het meestal alles bygewoon en ook gehelp om n sukses te maak.
My kinderjare was ongebonde sonder bekommernis en met baie vreugdes.
Nog n paar lekker dinge:
– Om op my oupa se skoot te sit. Diep in sy swart baret te kyk om ‘n storie te kies wat hy moes vertel.( Al die liggaatjies was al die Stories wat hy geken het.)
– Om fiets te ry in die straat met n stuk karton en wasgoedpennetjie wat n geraas maak as die wiel draai.
– Om vlieërs te bou en te vlieg, ook saam met my oupa.
Om Vrydag middae by my vriendin te gaan speel wat by haar oupa in n sinkhuisie langs Hennopsrivier gebly het. Hy het vir ons Franse braaibroodjies gemaak met eende-eiers.
– Om papierpop te speel, hul klere te ontwerp en huise van modder vir hul bou.

My eerste gekoopte papierpop was van Ann Oakley. Later het ek nog n cowboy ook gekry . Mens moes self die klere uitsny.

Image result for ann oakley paper doll

Image result for ann oakley paper doll
So kan ek aangaan en aangaan. Wonderlike tye gewees.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die

paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781922

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

19 thoughts on “Skryf-Safarie: Kindervreugde

  1. Inneke dit klink so heerlik en die film kykery was sekerlik iets om te onthou en jaarliks in Kruger Wildtuin!! Lekker saam met jou gespeel en soos ek by elkeen s’n lees knoop dit herinneringe in my eie lewe los

    Liked by 1 person

    1. Nee die ouoa het vir ons kom kuier in SA. My pa se pa en die ou oom was maar moeilike ou man gewees. Ons het nogdie ander oupa in Holland agtergelaat. Een ouma oorled voor ons weg is en ander een is oorled net na ons vertrek het. Was maar die spanning van die oorlog wat hul dood veroorsaak het. Ek dink dat daar baie vroue was wat net geknak het op einde. My tweede oupa nie weer gesien , het wel altyd vir hom geskryf en ook met hom oor telefoon gepraat. Hy was dink ek al 93 toe hy oorlede is. Sterk liewe mens gewees.

      Liked by 1 person

  2. Jou kinder jare klink baie soos myne … dit is hoe ons in die platteland groot geword het. Ek onthou die papier poppe en hoe lank dit geneem het om al die kleure uit te sny! Wonderlike herinneringe.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.