Skryfsafari: Die reis na ‘n Nul-vullis lewe met die oog op Plastiekvrye Julie
Skryfsafari: Die reis na ‘n Nul-vullis lewe met die oog op Plastiekvrye Julie
Country Living is die gasvroy die week.
Vullis kan wees :afval, waardelose dinge/dele
Vullis of afval is lyk my maar deel van die menslike lewe. Hoe hard jy ook probeer om geen of so min moontlik vullis te hê is maar n ding.
Hier in Nieu Zealand is hul nogal trots op hul manier om “skoon” te lewe.
Ons het houers waarin ons alle papier sit en houers vir glas, plasties en blikke.
Ek is een op my eie.In die verlede het ek n asblik of afval houer met my buurvrou gedeel. Ons het die jaar se huur gedeel. Jy kon jou plantafval ook in die houer gooi. Buurvrou wou nie meer betaal nie en ek het die houer opgesê. Nadat ek al my papiere, plastiese, glas en blikke gesirkuleer het het daar nie veel vullis oorgbly nie. Plant materiaal het ek so nou en dan laat wegry(ek het nie veel tuin nie)Die res van groengoed gaan komposhouer toe. Meestal het ek nie eers n vol inkopiesak met afval per week nie. Ek gooi dit in n spesiale munisipale plastiese sak wat Maandae opgelaai en weggegooi word.Die sak kos $3,50 wat die koste van die oplaai insluit. Party maande het ek een sak nodig en soms twee per maand. Dit kan gedoen word as mens bietjie wil.
Goed, nou sal julle sê ek is net een. Wat van n gesin?
Hier langs my bly n gesin met vier kinders. Hul het twee vuilgoedhouers en ook die hersirkulasie houer wat elke week tot oorlopens toe vol is. Ek wil nie kyk wat hul als weggooi nie maar dis werklik ongelooflik baie wat vullishoop toe gaan en dit elke week.
Ek het nie n oplossing nie. My afvalgoed word regtig na die beste van my vermoeë min gehou.
Op die oomblik is NZ nou besig om ontslae te raak van al die plastiese sakke wat so alles vervuil.
Ons het twee groot kettingwinkels. Die een kan jy n plastiese sak koop om goed in te sit. Daar is spesiale hergebruikbare sakke wat mens koop om oor en oor te gebruik. Jou kruideniersware word los in jou trollie gepak. Jy stoot waentjie tot by jou moter, pak dit dan in jou kattebak in jou eie sakke. Hierdie winkel is my geliefkoosde kruideniers winkel.
Dan is daar n tweede winkel wat alles in plastiese sakkies pak soos hul dit oplui. Nie soos in SA dat jy staan en goed self in sakke sit as daar nie een is wat pak nie.Die kasregister persoon scan en pak. Vat twee tellings en dis gedoen.
Hierdie tweede winkelgroep het besluit om weg te doen met plastiese sakke. Jy mag jou eie nie-plastiese sakke invat en dan pak soos dit gelui word. Dis so maklik as almal saamwerk.
Ongelukkig is die plastiese sakke storie n druppeltjie in vuilgoed emmer. Wat gebeur met al daardie afval op die ashope? Ek weet nie. Ek weet net dis n hengse gemors.
Ons het bv plasietiek China toe gestuur waar hul dit verder verwerk. China sy kontrak opgesê. Nou sit ons met tonne en tonne reeds ingepakte plastiek wat ons nou self moet verwerk.
Hier kom die ontdekkersdrang na vore om dinge met die plastiek te doen.Daar is baie goeie verwerkings.
Ons sal net ons sokkies moet optrek en hard werk om minder vullis te hê.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=786362.
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).